’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Gleufstam.
karakteristiek van skurfbas, is die verskynsel dat by meerjarige hout, normale afwerping van buitenste baslae (kurk) nie plaasvind nie, maar in samehang met deurlopende ontwikkeling/ vorming van krake/barste behoue bly – om uiteindelik (soos veral by meerjarige stamme opmerklik) ’n verdikte, skurwe en krakerige voorkoms aan te neem (Foto 221). Blare aan geïnfekteerde stokke vertoon bleekgeel vroeg in die seisoen, is kleiner as normaal en rol effens na onder. In die geval van rooidruifkultivars verkleur die blare boonop besonder vroeg na rooi – met inbegrip van primêre en sekondêre nerwe – om uiteindelik aan donkerbruin tot selfs perserige kleurskakerings uiting te gee (Foto 222). Weens die latente voorkoms van skurfbasgeassosieerde virusse (baie kultivars is simptoomlose draers) word akkurate identifikasie(s) aansienlik aan bande gelê. In sodanige gevalle vervul hardehout indeksering (LN 33 as indikatorkultivar) ’n waardevolle rol om die werklike oorsaak aan die lig te bring – soos gegrond op die uitdrukking van spesifieke en karakteristieke abnormaliteite waarmee skurfbas geassosieer word (Foto 223).
FOTO 208. ’n Voorbeeld waar vertraagde bot in kombinasie met die af en terugsterwing van loot en stamgedeeltes voorkom – ’n situasie wat met gleufstamgeassosieerde virusse vereenselwig word. Let op die skurwe voorkoms van bas waar veral by die 14:00posisie duidelike tendense van vergleuwing visueel waarneembaar is.
’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 137
Made with FlippingBook Ebook Creator