’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Rolblaar.

FOTO 206. ’n Tipiese voorbeeld van haasbekwingerde – ’n situasie waarby talle stokke reeds dood is terwyl die oorblywendes in afwagting op uitkapping verkeer – soos uiteindelik deur rolblaar teweeggebring kan word.

FOTO 207. Anatomiese veranderings/reaksies soos deur rolblaar by blaarstele geïnduseer word. Let op die effens golwende kambium en veral op floëemdegenerasie (obliterasie, vervorming en nekrose van sifselle – links bo by 11:00).

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 135

Made with FlippingBook Ebook Creator