’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD
Rolblaarviruspartikels.
Anatomiese en fisiologiese veranderings/reaksies Voortspruitend uit karakteriseringsondersoeke van rolblaargeïnfekteerde Cabernet Sauvignonstokke (Goussard & Underhay, 2004/5), is floëemdegenerasie by blaarstele waargeneem. Sodanige anatomiese veranderings is veral deur ’n golwende voorkoms van die kambium en obliterasie (samedrukking), vervorming en nekrose van sifselle gekenmerk – ’n situasie wat meer intens by blaarstele van visueel swaargeïnfekteerde vs. visueel lig geïnfekteerde stokke voorgekom het (soos gebaseer op die intensiteitsgraad van blaarverkleurings) (Foto 207). Betreffende fisiologiese reaksies in terme van druifsamestelling was veral suiker en antosianienkonsentrasies beduidend laer by die visueel swaar geïnfekteerde stokke. Soos gegrond op bogenoemde resultate/waarnemings kon die effek(te) wat deur hierdie veranderings/reaksies – afsonderlik, asook in wisselwerking – op stokgroottes, blaar en troskaraktertrekke, lootmassas en wortelstelsels uitgeoefen word, so verklarend moontlik uiteengesit word.
FOTO 179. ’n Elektronmikroskopiese uitbeelding van partikels verteenwoordigend van rolblaar geassosieerde virus tipe 3 (GLRaV3).
’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 121
Made with FlippingBook Ebook Creator