’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Vlamsiekte.

FOTO 151. Vlamsiekte by Wit Muskadel. Alhoewel blaarverdroging (11:00posisie) vanaf die rande kenmerkend is, vertoon ’n geelkleurige skeiding tussen nekrotiese weefsel en normale groen gedeeltes minder prominent. Tendense van direkte infeksie deur huidmondjies kom by die blaar net onder bogenoemde voor. Let ook op die voorkoms van erinose – wat uiteraard geen verband met vlamsiekte inhou nie.

FOTO 152. ’n Tipiese voorbeeld van blaarverdroging by ’n rooidruifkultivar in reaksie op vlamsiekte­ infeksie. Let op die helderbruin kleur van nekrotiese weefsel wat deur ’n rooi rand van normale groen gedeeltes geskei word.

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 101

Made with FlippingBook Ebook Creator