Vinpro Cost Guide 2025 / 2026

INLEIDING / INTRODUCTION

Vinpro se Landbou-ekonomiese Dienste afdeling het in 2024 ’n omvattende eko nomiese ontleding in al tien Suid-Afrikaanse wynstreke uitgevoer. Die projek word finan sieel ondersteun deur South Africa Wine, Absa, FNB, Standard Bank, Landbank en Nedbank, wat die verskaffing van ’n gratis finansiële bestuursontleding aan primêre wyndruifprodusente moontlik maak. Die oorhoofse doelwit van die projek is om ’n geheelplaas- finansiële ontleding van elke deelnemer se produksie-eenheid te doen en dit teenoor sy eie historiese prestasie en dié van die studiegroep en streeksgemid delde te vergelyk. Hierdie verslag bevat terugvoer oor die produksiestruktuur en wins gewendheid per bedryfsvertakking, asook gedetailleerde ontledings en vergelykings van die wyndruifvertakking, wat verskillende blokvlakdimensies insluit. Vir die 2024-opname het 270 produksie-een hede aan die studie deelgeneem, wat 24 494 ha (28% van die totale Suid-Afrikaanse op pervlak wat in 2023 met wyndruiwe aange plant is) verteenwoordig en 345 499 ton (31% van die totale Suid-Afrikaanse oes in 2024) geproduseer het, waarvan 62% wit- en 38% rooiwyndruiwe was. Rooiwyndruiwe se verteenwoordiging het met 5% toegeneem jaar op jaar, hoofsaaklik weens klimaatsfak tore in ’n aantal streke wat tydens 2023 die rooiwyndruifoes beïnvloed het. Van die totale tonnemaat is 75% gelewer aan produsente kelders en 64% meganies geoes (Figuur 1). Die totale oes, insluitend sap en konsentraat vir nie-alkoholiese doeleindes, asook wyn vir brandewyn en distilleerwyn, beloop 885.9 miljoen liter, bereken teen ’n gemiddelde verhaling van 793 liter per ton druiwe. Die ontleding is van toepassing op die totale wyndruifproduksie (draende, sowel as nie draende hektare) en die koste-ontleding tref geen onderskeid tussen die kosteverskille van kultivars of spesifieke blokke nie. Meeste deelnemers is gediversifiseer en verskil ten opsigte van die grootte van hul produksie eenhede van wyndruifvertakkings. Die ver slag verteenwoordig bedryfsgemiddelde syfers, wat bereken is deur die geweegde

In 2024, Vinpro’s Agricultural Economic Services division conducted a compre hensive economic analysis in all ten South African wine regions. The project is financially supported by South Africa Wine, Absa, FNB, Standard Bank, Land Bank and Nedbank, enabling the provision of a free-of-charge financial management analysis for primary wine grape producers. The overall objective of the project is to perform a whole-farm analysis of each participant’s production unit, and to compare it against the producer’s own historical performance as well as that of the study group and the regional average. This report provides feedback on the production structure and profitability per enterprise, as well as detailed analyses and comparisons of the wine grape enterprise, which includes different block level dimensions. For the 2024 survey, 270 production units participated in the study, representing 24 494 ha (28% of the total South African surface planted to wine grapes in 2023) and 345 499 tonnes (31% of the total South African crop in 2024). White wine grapes constituted 62% of these figures and red wine grapes 38%. The representation of red wine grapes increased by 5% year on year, mainly due to climatic factors influencing the red grape crop of various regions during 2023. Of the total tonnage, 75% was supplied to producer cellars and 64% was mechanically harvested (Figure 1). The total crop, including juice and concentrate for non-alcoholic purposes, as well as wine for brandy and distillation, amounted to 885.9 million litres, calculated at an average recovery of 793 litres per tonne of grapes. The analysis applies to the total wine grape cultivation (bearing, as well as non-bearing hectares) and the cost analysis makes no distinction between the cost differences of cultivars or specific blocks. Most participants are diversified and vary in terms of the size of the production units of their wine grape enterprises. The report represents industry average figures, calculated by using the weighted average of the participants and

14 • VINPRO KOSTEGIDS / COST GUIDE

Made with FlippingBook Online newsletter creator