SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026
Dit is dus duidelik dat blare in verskillende posisies op die loot se bydra tot koolhidraat produksie verander soos die seisoen vorder. Tydens deurslaan is dit die blare op die middelste derde van die lote wat die meeste tot die akkumulasie van koolhidrate bydra. Trosse reghang Dit is die deurhang van trosse deur die prieel en die spasiëring van trosse sodat dit nie teen mekaar skaaf nie. Blom en set Die druiweblom is tweeslagtig en word bedek deur die kappie (kaliptra). Onder dit is die vyf meeldrade (manlik), die vrugbeginsel (vroulik) wat die korrel word en die stempel en styl waardeur die stuifmeelkorrel moet groei vir bevrugting (Figuur 1).
FIGUUR 1. Die dele van ’n druiweblom.
Blom is die stadium wanneer die kappies afgeval het en die meeldrade sigbaar is (Figuur 2). Set is wanneer die meeldrade afgeval het en slegs die vrugbeginsel oorbly. Die vrugbeginsel is dan 2–3 mm in deursnee.
SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 9
Made with FlippingBook Annual report maker