SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Aksies volgens fenologiese stadium

Dormansie Snoei: Snoei laat vir beter blomtoestande en minder variasie in die fisiologiese ouderdom van korrels in ’n tros. Kortdraers (2 oë) met 8–10 oë per m 2 . Of halflangdraers (6–8 oë) met 12–15 oë per m 2 . Verbetering van bot: Spuit waterstofsiaanamied voor bot om die oes te vervroeg of om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Dien stikstof toe volgens groeikrag. Dien 20 kg per hektaar stikstof 1 week voor blom toe om natuurlike trosuitdunning aan te help. 20 cm lootlengte: Suier: verwyder swak lote en lote sonder trosse. Hou die onderste tros op lote. 60 cm lootlengte: Hierdie kultivar reageer swak op uitdunning met gibberelliensuur. Dien lae konsentrasies (1.0%) bi-uret ureum weekliks toe. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom to set Tydens blom: Doen twee toedienings van lae konsentrasies (1.0%) bi-uret ureum 3 dae uitmekaar om natuurlike uitdunning aan te help. Moenie enige blare verwyder of lote top nie. Dit sal natuurlike uitdun belemmer. Volblom: Dun uit met 1.5–2 dpm gibberelliensuur plus lae konsentrasies (1.0%) bi-uret ureum. Set tot deurslaan 50% van korrels met 6–7 mm deursnit: Verwyder blare om trosse. 8–9 mm korreldeursnit: Spuit 5 dpm gibberelliensuur vir vergroting. Kort trosse in na 70–80 korrels per tros. Kleiner trosse met minder variasie in fisiologiese ouderdom tussen korrels is minder geneig tot verbruining. Los 55 000 trosse per hektaar. Moenie trosse op swak lote laat nie. Dien stikstof toe volgens groeikrag. Stikstof mag onnodig wees gegewe die ureumtoedienings wat vir uitdunning gedoen is. Sny korrels of knoetsies uit om kompakte trosse losser te maak. Gebruik die boonste 4–5 laterale van trosse. Begin met ’n magnesiumprogram om rouband te beheer, indien nodig. Moenie trosse hanteer nadat korrels begin sag word nie. Dit kan tot oppervlakkige verbruining lei. Deurslaan tot oes ± 20% kleur: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Wees versigtig vir direkte son op die trosse. ± 75% van korrels sag: Verwyder trosse op stokke met te veel trosse. Oes tot pak Oes sodra die minimum suikervlak bereik word. Hoe langer die druiwe hang, hoe groter is die risiko van verbruining. Gevoelig vir verbruining: Hanteer trosse versigtig. Gevoelig vir SO 2 -skade: Gebruik papier op die druiwe. Gebruik 4–5 mm geperforeerde sakke en ’n MAM vel. Wees versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende na reën of besproeiing te hanteer nie. Geswolle oppervlakselle kan breek, wat tot oppervlakkige verbruining lei.

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 51

Made with FlippingBook Annual report maker