SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026
Aksies volgens fenologiese stadium
Dormansie Snoei: Halflangdraers (8 oë) met 8–12 oë per m 2 (80 000–120 000 oë per hektaar). Verbetering van bot: Snoei sodat draers min of meer ewe dik is (9–11 mm). Draers wat te dun of te dik is bot onegalig. Bot tot blom 10 cm lootlengte: Suier: verwyder swak lote en lote sonder trosse. Mik vir 18–20 lote per meter. Swak lote dra swak trosse met waterige korrels en verbruining. Hou een tros per loot. Mik vir 30% meer trosse as beplan. Verwyder slegs genoeg blare rondom trosse vir goeie ligpenetrasie en effektiewe swamdodertoedienings. Die stokke het gewoonlik swak groeikrag op hierdie stadium. Hulle sal na blom weer sterker groei. Blom tot set Blomuitdunning word nie aanbeveel nie. Die risiko van oormatige afspeen is laag indien groeitoestande (grond en onderstok) goed is. Set tot deurslaan 5–6 mm korreldeursnit: Vergrotingspuite met gibberelliensuur word nie aanbeveel nie. Kort trosse in na ongeveer 60 korrels per tros. Los 50 000 trosse per hektaar. Beheer rouband met ’n magnesiumblaarvoeding elke twee weke indien blaarontledings lae magnesiumvlakke toon. Hantering van trosse na 10–12 mm korreldeursnit kan merke veroorsaak. 10 mm korreldeursnit: Verwyder blare rondom trosse. Handhaaf goeie blaarbedekking tot deurslaan. Diffuse lig onder die prieel is belangrik. Deurslaan tot oes ± 10% kleur: Diffuse lig onder die prieel is nodig om korrels af te hard en smaak te verbeter maar die korrels moet nie direkte sonlig kry nie. Verseker dat lote goed verhout (verbruin). Verwyder beskadigde korrels en trosse. Beheer witroes en bederf. Oes tot pak Wees versigtig om nie druiwe binne 3 dae na reën of besproeiing te oes nie. Handhaaf die koue-ketting om kondensasie te voorkom. Trosse op swak lote kan vertraagde rypwording toon en het ’n hoë risiko van interne verbruining.
SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 49
Made with FlippingBook Annual report maker