SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026
Naoes • Dien naoesbemesting toe. • Hou vol met besproeiing tot blaarval of tot die reënseisoen begin. • Behandel teen witroes, donsskimmel en wingerdknopmyt. • Let op vir blaarspringers en rooispinmyte en behandel indien nodig.
• Neem grondmonsters vir aanbevelings ten opsigte van bemesting met makro-elemente. • Behandel Phytophthora -wingerde met sistemiese middels wat ’n lang nawerking het. • Bespreek aanplantingsriglyne vir die volgende jaar met ’n tegniese adviseur. • Bestel plantmateriaal. Onthou dit moet twee jaar vooruit bestel word. • Trek ou wingerde uit wat vervang moet word. • Berei grond voor vir nuwe aanplantings voor winterreëns begin. • Maak mak wortels af. • Behandel teen witluis. Somersnoei Somersnoei word op langdraerkultivars soos Sugraone (Superior Seedless ® ), Thompson Seedless en Crimson Seedless aanbeveel. Die regte tyd is gedurende die laaste twee weke van Februarie in vroeë gebiede en die eerste week van Maart in die later gebiede. Verwyder alle nie-verhoute draers asook sterk lote. Moenie meer as ’n derde van die lote verwyder nie, aangesien dit dalk tot ontydige bot kan lei. Die teoretiese rede wat dikwels vir naoes somersnoei gegee word, is dat koolhidrate na oorblywende lote gekanaliseer sal word om sodoende meer akkumulasie van reserwes te verkry, wat vrugbaarheid en uitbot in die volgende seisoen sal verbeter. Naoes somersnoei sal die finale snoei in die winter vergemaklik.
Made with FlippingBook Annual report maker