SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026
• Dien magnesium toe teen rouband indien nodig. • Hang trosse reg en breek blare om trosse weg. 8–12 mm korreldeursnit • Doen nou die tweede uitknip van ongewenste korrels voor die tros begin toemaak. • Gaan steeds selektief voort met oesbeheer. • Neem blaarmonsters vir makro- en mikro-element ontleding. • Sodra jong stokke ’n skêrlengte by die onderste lowerdraad verbygegroei het, top die loot 5 cm bo die draad. Verwyder die ekstra loot. • Behandel teen botritis, witroes en donsskimmel. Deurslaan en direk daarna • Gooi die laaste swak tros of twee van ’n stok af. Let veral op na stokke wat ooglopend swakker kleur as die res. • Hou ’n opening van ten minste 30 cm in die lowerdak oop. • Etefon en absisiensuur kan toegedien word op kultivars wat moeilik kleur. Volg aanwysings noukeurig. • Beskerm die trosse van sensitiewe kultivars teen sonbrand en voëls. • Maak by jong stokke die sylote wat onder die draad ontwikkel het nou op die onderste kordon draad vas. • Behandel teen vrugtevlieg. Twee weke voor oes • Knip die laaste beskadigde korrels uit. Pasop vir verdere beskadiging en merke, veral op wit druiwe. • Moenie nou meer swart of rooi druiwe met etefon behandel nie. • Sorg dat die besproeiing optimaal is, veral die langtermyn besproeiingsiklus wat die ondergrond bedien. Dit help teen hittegolwe en om los korrels en korrelbars te voorkom. • Behandel teen botritis. • Pas lokaas- en spatbehandeling teen vrugtevlieg en valskodlingmot toe. • Let op die onthoudingsperiodes vir chemiese spuitmiddels op vrugte. Oes • Oes en hanteer die druiwe soos uiteengesit in hanterings- en graderingsgidse. • Pas oesskattings gedurig aan. • Maak seker van rypheidsgraad van druiwe. Indien onseker, bespreek die resultate van rypheidstoetse met inspekteurs. Dit is onnodig om die druiwe nou te verloor! • Let gedurig op na pakhuishigiëne. • Moenie sagte druiwe onmiddellik na ’n reën of swaar dou pak nie. Dit gaan tot sakbars en bederf aanleiding gee. • Hanteer druiwe na reën en tydens hittegolwe soos voorgeskryf deur uitvoerders en in die kultivarbeskrywings. • Indien dit reën en die druiwe is vir meer as drie ure nat, behoort pak van druiwe gestaak te word sodat latente botritisinfeksies kans kry om sigbaar te word. Doen wingerdsanitasie deur besmette korrels met die hand te verwyder en pas daarna chemiese beheer van botritis toe. • Hou die relatiewe humiditeit dop. As dit buite onder 40% val, moet druiwe teen uitdroging beskerm word.
24 SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER
Made with FlippingBook Annual report maker