SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Groeikragnorme

Die volgende norme is van toepassing vir groeikragevaluering tussen deurslaan en oes. Die hoeveelheid son wat die prieel en lower deurlaat word rondom die middel van die dag, wanneer die son op sy hoogste punt is, geskat.

Swak groeikrag Finale lootlengte 50–80 cm.

Gemiddelde lootdeursnit minder as 8 mm. Kort internodes (minder as 5 cm gemiddeld). Punte van lote swak rypgemaak. Aktiewe groeipunte ontbreek na 10 mm korreldeursnit. Liggroen blaarkleur. Die skadupatroon op die grondoppervlak onder die prieel beslaan meer as 50% sonvlekke. Stel vas of swak groeikrag nie as gevolg van fisiese of chemiese grondbeperkings, onvoldoende of oormatige grondvog of grondgedraagde plae soos byvoorbeeld filloksera, aalwurms of margarodes is nie. Gemiddelde groeikrag Finale lootlengte 80–100 cm. Gemiddelde lootdeursnit 10–12 mm Aktiewe groeipunte afwesig by deurslaan. Ideale groeikrag Finale lootlengte 110–150 cm. 20%–30% aktiewe groeipunte tydens deurslaan. 10–12 blare per tros. Die skadupatroon op die grondoppervlak onder die prieel beslaan 20% sonvlekke. Slegs ligte top en oopsny is nodig. Geil groeikrag Lote langer as 150 cm. Meer as 50% aktiewe groeipunte na deurslaan.

Groeipunt krul sterk om. Lote het sterk rankie en lang blaarstele. Die derde rankie van bo af kan verby die groeipunt getrek word. Geel blare as gevolg van gebrek aan lig. Swart en rooi druiwe kleur swak.

Geneig tot yl trosse. Swak vrugbaarheid. Risiko vir bederf. Die skadupatroon op die grondoppervlak onder die prieel beslaan minder as 20% sonvlekke. 2–3 topaksies is gedurende die seisoen nodig.

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 19

Made with FlippingBook Annual report maker