SATI Beyond The Bunch 4th Quarter 2024

SATI Research Booklet

Quarter 4

BEYOND

2 0 2 4

FOKUS OP: Blaaspootjies

ADOBE STOCK

LAEVELD SCOUT

Geel lokvalle is vir alle blaaspootjies aantreklik.

BERLIN, 2025 5-7 FEBRUARY GET YOUR TICKETS NOW

BEYOND

A SATI PUBLICATION

About Beyond the Bunch This quarterly publication aims to serve as a science-based resource for the South African table grape industry. Each edition will feature an article exploring a topic or questions raised by industry, with links to related additional reading. Submit your topic or questions Producers and industry stakeholders are encouraged to suggest scientific or technical questions or topics of interest. We will strive to address as many of these as possible. Feature your brand SATI invites interested businesses and organisations to sponsor this publication. Sponsorship includes a banner and full page advert in the applicable edition. An advertorial option is available. Contact denene@satgi.co.za to feature your brand. Email tarryn@satgi.co.za to submit your request.

VISIT THE SA PAVILLION AT HALL 26 • STAND H-53

BESTUUR VAN BLAASPOOTJIES Dit is onmoontlik om blaaspootjies uit te wis. Groot bevolkings is wydverspreid op talle gewasse en natuurlike plantegroei in alle tafeldruifproduksieareas. Die beste strategie is om die wingerd tydens kritieke stadiums so goed moontlik te beskerm.

LAEVELD SCOUT

’n Handlens is noodsaaklik vir blaaspootjiemonitering.

BEYOND THE BUNCH • 4 • QUARTER 4 • 2024

Verkurking op jong korrels as gevolg van blaaspootjie vreetskade.

LAEVELD SCOUT

Produsente se chemiese arsenaal raak stelselmatig al kleiner terwyl baie markte se standaarde vir vrugkwaliteit en -voorkoms al strenger raak. Teikenmarkte se vereistes ten opsigte van toelaatbare chemie en maksimum residuvlakke is belangrike oorwegings wanneer spuitprogramme beplan word. DEUR ANNA MOUTON

Daar is ongelukkig nie ’n spesifieke lokmiddel vir blaaspootjies nie. Sogenaamde blaaspootjielokmid dels bevat suikers wat voeding stimuleer maar nie blaaspootjies van naburige plantegroei aantrek nie. Alhoewel lokmiddels wat vlugtige plantstowwe bevat in glashuise werk, is dit nie in wingerde effektief nie. Ondersoek die lokvalle weekliks. Daar is geen drum pelwaarde vir lokvalvangste nie. Die lokvalle dui slegs die teenwoordigheid van blaaspootjies aan – blaas pootjies is swak vlieërs en lokvalle kan hulle getalle of teenwoordigheid onderskat. Let daarop dat nie alle blaaspootjies skadelik is nie nie. Party is selfs voordelig. Blaaspootjies moet ver kieslik deur ’n kundige persoon met behulp van ’n mikroskoop geïdentifiseer word. Daar is privaat onder nemings wat hierdie diens bied. Moniteerders kan ook vroegseisoen deur die wingerd stap en blomtrossies en groeipunte oor ’n horisontale oppervlak soos ’n wit plastiekbakkie skud. Hulle kan ’n bietjie water of alkohol in die bakkie sit om blaas pootjies makliker te vang. Hierdie monsters moet ook deur kundiges geïdentifiseer word om seker te maak dat daar wel skadelike blaaspootjies teenwoordig is. Indien dit vermoed word dat omliggende plantegroei ’n bron van blaaspootjies is, kan moniteerders dit ook skud soos hierbo vir wingerde beskryf.

Laatseisoen blaaspootjiebeheer is veral problematies omdat daar weinig chemiese opsies is wat naby aan oes gebruik kan word. Daarby kan blaaspootjies weerstand teen plaagdoders ontwikkel en dit mag wees dat nie alle geregistreerde produkte in alle wingerde huidig goeie beheer bied nie. Suksesvolle blaaspootjiebeheer steun derhalwe op geïntegreerde plaagbestuur. Tafeldruifprodusente moet die geskiedenis van elke blok oorweeg en hulle gewasbeskermingspesialis raadpleeg om die beste oplossing vir hulle eie situasie te vind. Monitering Monitering is die grondslag van enige geïntegreerde plaagbestuurprogram. Kalenderspuite sonder monite ring is ’n resep om pesprobleme oor die langtermyn te vererger. Hang blou of geel taai lokvalle uit sodra die blomtros sies sigbaar raak. ’n Algemene riglyn is om twee na drie lokvalle per hektaar te gebruik. Plaas een naby die kant en een in die middel van ’n blok. Dit is noodsaaklik om lokvalle in die son te hang. Blaas pootjies is nie tot lokvalle in die skaduwee aangetrok ke nie. Blou lokvalle is veronderstel om meer aantreklik vir Westelikeblomblaaspootjies te wees maar alle blaaspootjies hou van geel lokvalle.

BEYOND THE BUNCH • 5 • KWARTAAL 4 • 2024

Chemiese beheer Daar is verskeie chemiese produkte vir blaas pootjiebeheer op tafeldruiwe geregistreer. Soos reeds genoem moet produsente hulle produkte met die hulp van ’n gewasbesker mingspesialis en in die konteks van hulle tei kenmark kies. As ’n algemene riglyn kan harder chemie tot en met 30% blom gebruik word om blom blaaspootjieskade aan vrugte te voorkom. Let daarop dat geregistreerde blaaspootjiepro dukte almal kontakplaagdoders is. Wyfies moet dus gestop word voordat hulle onder die veiligheid van die kappies inbeweeg om eiers te lê. Sagter middels word vanaf 80% blom aanbe veel en kan help om voedingskade deur blaaspootjielarwes te keer. Druiwe is ge woonlik vanaf ertjiekorrelgrootte nie meer vatbaar vir vroeë blaaspootjieskade nie. Chemiese beheer vir laatseisoen sitrusblaas pootjies is uitdagend. Vroeë plaagdodertoe dienings het weinig effek omdat die meeste van die sitrusblaaspootjies dan nog in die veld of op ander gewasse is. Teen die tyd wat die alternatiewe gashere opdroog is dit te laat om meeste chemiese middels te gebruik sonder om die onthou dingsperiode te oorskry of ’n residu te laat. Bespuitings kan wel direk na oes gedoen word om lootgroei te beskerm sodat die opbou van reserwes nie te ernstig benadeel word nie. Chemie is ongunstig vir voordelige organis mes soos predatore en parasiete. Chemiese blaaspootjiebeheer kan byvoorbeeld tot uitbrake van rooispinnekopmyte lei.

Biologiese beheer Entomopatogeniese swamme is swamme wat insekte doodmaak. Daar is kommersiële entomopatogeniese swamme vir blaaspootjiebeheer beskikbaar. Metarhizium spesies en Beauveria bassiana help om onvolwasse sitrusblaaspootjies te beheer en vars spore kan elke twee weke saam met swamdoders gespuit word. Aanwending kan reeds by set of ertjiekorrel grootte begin in blokke wat ’n geskiedenis van blaas pootjieskade het. Entomopatogeniese nematodes is aalwurms wat insekte doodmaak. Hulle kom natuurlik in grond voor. Kommer sieel beskikbare produkte mag blaaspootjiegetalle verminder deur papies aan te val. Verskeie blaaspootjiepredatore is kommersieel beskik baar. Hulle is sensitief vir baie plaagdoders en die tyds berekening van spuitaanwendings en vrylatings is belang rik. Een oordeelkundige vrylating kan egter voldoende vir die hele seisoen wees. Beskikbare predatore sluit Cryptolaemus montrouzieri in. Hierdie kewertjie word hoofsaaklik vir witluise aange wend maar sal ook ander insekpeste soos blaaspootjies en myte vreet. Amblyseius swirskii en Transeius montdo rensis is predatoriese myte wat rooispinnekopmyte sowel as blaaspootjies vreet. Orius besies maak ook jag op blaaspootjies en spinnekopmyte. Produsente moet in gedagte hou dat sommige biolo giese produkte nie op kort kennisgewing beskikbaar is nie. Predatore moet byvoorbeeld geteel word – dit kan dus twee weke neem voor ’n bestelling gereed is. Biologiese beheer gaan ook nie ’n blaaspootjiebevol kingsontploffing ontlont nie. Biologiese agente moet voor die seisoen as deel van die geïntegreerde plaagbestuurprogram beplan en vroegtydig geïmple menteer word. Die res van die spuitprogram moet ook nie nadelige middels vir die biologiese agente insluit nie.

’n Handlens wys die rooi larwes en swart ontlasting van kaster blaaspootjies.

Halokolle word gewoonlik op wit kultivars gesien.

LAEVELD SCOUT

LAEVELD SCOUT ROBERT WILSDORF

BEYOND THE BUNCH • 6 • QUARTER 4 • 2024

Ander bestuurspraktyke

Ongeag watter tipe plantegroei in of om die wingerd is, moet dit nie tydens blomtyd versteur word nie want dan sal die blaaspootjies genoodsaak wees om in die wingerdstokke in te beweeg. Pas dekgewas- of on kruidbeheer voor bot of na ertjiekorrelgrootte toe. Produsente moet onthou dat gewasse soos bloubes sies en nie-draende tafeldruifblokke verdere teel aardes vir blaaspootjies kan wees en dit in hulle bestuursplan insluit. Sekere tafeldruifkultivars blyk meer vatbaar as ander te wees. Wit kultivars wys vrugskade duideliker en laat kultivars is meer aan blaarskade blootgestel omdat blaaspootjiegetalle later in die seisoen hoër is. Dit is moontlik dat blaaspootjies sekere kultivars verkies. Produsente wat hoogs vatbare kultivars vestig mag vind dat die blaaspootjiedruk laer is as dié kultivars deur ander tafeldruifblokke omring word eerder as om aan natuurlike veld of goeie alternatiewe gas here soos sitrus te grens.

Blaaspootjiebevolkings bou buite die wingerd op. Die insekte val dikwels die wingerd binne omdat hulle ander gasheerplante nie meer beskikbaar of geskik is nie. Dekgewasse het heelwat voordele maar die inter aksie tussen dekgewasse en blaaspootjies moet in elke wingerd beoordeel word. Sommige produsente meen dat blommende dekgewasse blaaspootjies lok en toelaat om in die wingerd aan te teel. Pionierplante op versteurde grond aangrensend tot wingerde kan ook blaaspootjiebroeiplekke wees. Byvoorbeeld kan stroke kraalbos ( Aizoon africanum ) langs wingerde in sommige areas tot erger sitrus blaaspootjieskade bydra. Blaaspootjies hou ook van bloubossies ( Echium vul gare ) en klawers. Navorsing in pruime het egter aangedui dat blomme van witklawer ’n trekpleister vir blomblaaspootjies kan wees wat sodoende getal le in die bome verminder.

Erkenning Dankie aan die volgende deskundiges vir hulle bydra tot hierdie artikels: • Dr Elleunorah Allsopp. Senior navorser. LNR Infruitec-Nietvoorbij. • Dr Jeanne de Waal. Wes-Kaapse Besigheidsbestuurder. Laeveld Agrochem. • De Wet du Toit. Tegniese bemarkingspesialis. InteliGro. • Robert Wilsdorf. Tegniese bestuurder. Viking

BEYOND THE BUNCH • 7 • KWARTAAL 4 • 2024

BASIESE BEGINSELS VAN BLAASPOOTJIES Blaaspootjies veroorsaak ekonomiese skade in alle Suid-Afrikaanse tafeldruifproduksieareas. Hierdie artikel beskryf blaaspootjiebiologie en die verskillende soorte skade wat vir produsente hoofbrekens gee. DEUR ANNA MOUTON

buisvormige ovipositor het waarmee hulle eiers op die plantoppervlak plaas (Figuur 1). Blaaspootjielarwes lyk soos vlerklose volwassenes. Hulle vervel twee keer voordat hulle ’n rustende stadium soortgelyk aan ’n papie binnegaan. Papies ontwikkel dikwels in die grond maar kan ook op die plant bly. Blaaspootjies het suigende-stekende monddele waarmee hulle op die inhoud van plantselle voed. ’n Blaas pootjie sal een sel op ’n slag leeg suig. Die larwes veroorsaak meeste van die voedingskade. Volwasse blaaspootjies kan vlieg maar nie baie goed nie. Hulle word ook deur die wind gedra.

Ongeveer die helfte van alle blaas pootjiespesies vreet swamme en par ty blaaspootjies vreet myteiers of jag klein insekte en myte. Daarby is heelwat van die blom blaaspootjies ook bestuiwers. Som mige was so vroeg as 110–150 miljoen jaar gelede bestuiwers van een van die oudste plantfamilies – blaaspoot jies was heel moontlik van die eerste insekte wat as plantbestuiwers op getree het. Die res van hierdie nuusbrief fokus egter op daardie blaaspootjiespesies wat van ekonomiese belang in

Blaaspootjies is ’n groep van ongeveer 7 700 spesies insekte waarvan relatief min betekenisvolle peste is.

tafeldruiwe is. Biologie

Meeste van die blaaspootjies van ekonomiese belang op wingerd is nie kieskeurig nie en voed op ’n wye reeks gashere insluitende inheemse plante. Dit is een rede waarom hulle so wydverspreid en suksesvol is. ’n Ander rede is dat hierdie blaaspootjies as volwassenes in Suid-Afrika kan oorwinter en selfs voortplant. Warmer en droëer winters lei tot groter getalle wat oorleef en dus vinniger bevolkingsgroei in die lente. Blaaspootjies plant ook vinniger voort gedurende warm, droë lentes, veral as kos volop is.

Meeste blaaspootjies is rondom 1.5–2.5 millimeter of minder lank. Hulle Afrikaanse naam kom van klein blaasvormige strukture op hulle pote wat as suiers dien en hulle toelaat om teen vertikale oppervlaktes te loop. Alle blaaspootjies wat plantskade veroorsaak val in die groep Terebrantia. Terebrantia-wyfies lê eiers net onder die oppervlak van plantorgane. Hulle saagvormige ovipositor is hiervoor aangepas. Terebrantia-wyfies kan van die skadelose Tubulifera-wy fies onderskei word deurdat die Tubulifera-wyfies ’n

BEYOND THE BUNCH • 8 • QUARTER 4 • 2024

Spesies Die mees algemene skadelike blaaspootjies in Suid-Afrikaanse tafeldruifwingerde word in Tabel 1 opgesom. Almal behalwe die sitrusblaaspootjie en die koejawelblaaspootjie is uitheems maar nietemin wydverspreid in Suid-Afrika.

TABEL 1. Die mees algemene blaaspootjies van ekonomiese belang in Suid-Afrikaanse tafeldruiwe.

Wetenskaplike naam

Afrikaanse naam

Engelse naam

Mees algemene tyd

Mees algemene skade

Frankliniella occidentalis Frankliniella schultzeii

Westelikeblomblaaspootjie

Western flower thrips

Vroegseisoen

Merke op korrels

Kromnekblaaspootjie

Blossom thrips

Vroegseisoen

Merke op korrels

Thrips tabaci

Uieblaaspootjie

Onion thrips

Vroegseisoen

Merke op korrels

Scirtothrips aurantii

Sitrusblaaspootjie

Citrus thrips

Laatseisoen

Beskadig jong groei

Neoheliothrips sylvanus

Koejawelblaaspootjie

Guava thrips

Laatseisoen

Blaarversilwering

Retithrips syriacus

Kasterblaaspootjie

Castor or black vine thrips Laatseisoen

Blaarversilwering

Blaaspootjies is moeilik om te identifiseer omdat hulle so klein is en sommige spesies slegs op mikroskopiese kenmerke onderskei kan word. Hulle kleur en grootte hang gedeeltelik van hul ouderdom en dieet af en kan dus slegs ’n aanduiding van spesie wees – korrekte identifikasie verg ’n deskundige. Hou egter in gedagte dat blaaspootjies met ’n buisvormige agterste segment (Figuur 1) in die nie-skadelike Tubulifera-groep val. Daarby is blaaspootjies met ligte en donker strepe oor die vlerke gewoonlik predatore. Predatoriese blaaspootjies help om skadelike blaaspootjies en myte te beheer.

ADOBE STOCK

ADOBE STOCK

Figuur 1: ’n Terebrantia-blaaspootjie (Frankliniella occidentalis) links en ’n Tubulifera-blaaspootjie (Gynaikothrips ficorum) regs. Let op die buisvormige agterste segment (rooi sirkel) van die Tubulifera blaaspootjie.

Figuur 2: Uieblaaspootjie (Thrips tabaci) links en Westelike blomblaaspootjie (Frankliniella occidentalis) regs.

BEYOND THE BUNCH • 9 • KWARTAAL 4 • 2024

Figuur 3. Kromnekblaaspootjie (Frankliniella schultzeii)

ELLEUNORAH ALLSOPP

Skade

Vroegseisoen Wingerdbloeisels lok blomblaaspootjies wat op stuif meel voed en hul eiers in die vrugbeginsels en -stingels lê. Die Westelikeblomblaaspootjie (Figure 1 en 2) is die mees algemene kwaaddoener maar kromnekblaas pootjies (Figuur 3) en uieblaaspootjies (Figuur 2) kan medepligtiges wees. Die wyfies sal binne-in bloeisels inklim sodra die kap pies kraak. Skade kan dus al baie vroeg plaasvind. Die plekkie waar die eier gelê is sal uiteindelik as a witterige merk – die sogenaamde halokol – op die korrel vertoon (Figuur 4). Halokolle is oor die algemeen meer opsigtelik in wit as rooi of swart kultivars. Die kolle is onooglik maar het geen invloed op vrugkwaliteit of -smaak nie. Eierdeposisie in vrugbeginsels of klein vruggies kan soms gaatjies veroorsaak wat saam met die vrug groei. Dit is meer algemeen in pruime as tafeldrui we. Blaaspootjielarwes voed veral rondom die stinge laansluiting (Figuur 5) en op plekke waar korrels aan mekaar raak. Aangetaste areas van die vrugopper vlak toon verruwing en verkurking wat soos skaaf merke lyk (Figuur 6). In erge gevalle kan dié areas bars soos wat die korrels vergroot. Die vroegseisoenblaaspootjies begin gewoonlik uit die wingerd verdwyn teen die tyd wat die druiwe ertjie korrelgrootte bereik. Laatseisoen Laatseisoenskade word uitsluitlik deur blaaspootjie voeding veroorsaak. Sitrusblaaspootjies (Figuur 7) is

die hoofskuldiges. Dié inheemse spesie verkies jong blare en stingels en val nie bloeisels of vrugte aan nie. Sitrusblaaspootjies voed gedurende die winter en lente op nuwe plantegroei in die veld asook in sitrus boorde. Hierdie insekte het juis hulle naam te danke daaraan dat hulle vir die eerste keer as ’n probleem in sitrusboorde opgemerk is. Ongelukkig stoot wingerde hulle sekondêre lootgroei wanneer sitrus nie aktief groei nie en die natuurlike plantegroei in baie areas droog is. Sitrusblaaspootjies vind die vars wingerdlote onweerstaanbaar en kan wingerde in vlae inval. Sitrusblaaspootjies is besonders klein – selfs vir blaas pootjies – en hou daarvan om in die voue van jong blaartjies weg te kruip. Voedingskade kan hierdie blare laat verskrompel (Figuur 8) en jong lote laat af sterf. Dit vertoon soortgelyk aan onkruiddoderskade. Beskadigde lote is nie geskik vir gebruik as halflang- of langdraers in die volgende seisoen nie. Verminderde reserwes kan ook aangetaste stokke se prestasie in die volgende seisoen benadeel. Erge blaar- en lootskade kan rypwording en rooi kleur ontwikkeling in veral laat kultivars vertraag. Alhoewel sitrusblaaspootjies nie vrugte verkies nie kan hulle wel vreetskade aan druiwekorrels veroorsaak indien die bevolking só handuit ruk dat ’n gedeelte daarvan na trosse verskuif. Voedingskade geskied gewoonlik waar korrels aan mekaar raak. Die risiko van korrelskade is groter in later kultivars en later areas omdat daar meer tyd is vir sitrusblaaspootjiegetalle om voor oes die hoogte in te skiet.

Blaarversilwering Koejawelblaaspootjies (Figuur 9) en kasterblaas pootjies (Figuur 10) is relatiewe groot blaaspootjies wat op ouer blare later in die seisoen voed. Voedingskade vertoon as silwer-grys verkleuring (Figuur 11). Die oortreders asook hulle swart ontlasting is ge

woonlik duidelik sigbaar. Kasterblaaspootjies het ken merkende rooi larwes (Figuur 12). Blaarversilwering is nie van ekonomiese belang nie en beheer is selde nodig. ’n Kontakmiddel kan wel in jong wingerde gebruik word indien blaaspootjiebevolkings ontplof en erge skade veroorsaak.

BEYOND THE BUNCH • 10 • QUARTER 4 • 2024

FOTO'S: ELLEUNORAH ALLSOPP

4

5 6

7

8

9

10

11

12

4 Figuur 4. Vroeë blaaspootjieskade lei tot ligte halokolle op korrels. 5 Figuur 5. Vreetskade kom dikwels by die stingelaansluiting voor. 6 Figuur 6. Vroeë vreetskade aan die korrels lei tot onooglike merke. 7 Figuur 7. Sitrusblaaspootjie (Scirtothrips aurantii) 8 Figuur 8. Sitrusblaaspootjies veroorsaak verskrompeling van jong groei. 9 Figuur 9. Koejawelblaaspootjie (Neoheliothrips sylvanus) 10 Figuur 10. Kasterblaaspootjie (Retithrips syriacus) 11 Figuur 11. Silwer-grys verkleuring as gevolg van voedingskade deur koejawel- en kasterblaaspootjies. 12 Figuur 12. Kasterblaaspootjies (Retithrips syriacus) het kenmerkende rooi larwes.

BEYOND THE BUNCH • 11 • KWARTAAL 4 • 2024

VERWYSINGS EN LEESSTOF

CONTACT US FOR SPONSORSHIP ENQUIRIES: Feature your brand. denene@satgi.co.za

CONTACT US FOR CONTENT ENQUIRIES: Submit your topic or question. tarryn@satgi.co.za

SA Vrugtejoernaal artikels. www.safj.co.za

Allsopp E. 2019. Thrips management in table grapes. SAFJ Dec 2019|Jan 2020, pp63–65.

Allsopp E. en Stiller M. 2022. Haplothrips on table grapes in the Northern Cape: friend or foe? SAFJ Apr|Mei 2022, pp68–69.

Allsopp E. en Stiller M. 2023. Managing late-season thrips. SAFJ Oct|Nov 2023, pp69–70.

SATI se pamflet oor blaaspootjies is aanlyn beskikbaar. Dit is deel van hulle reeks oor wingerdpeste.

Dr Elleunorah Allsopp het ’n kursus oor blaaspootjie-identifikasie saamgestel. Kontak haar by allsoppE@arc.agric.za vir meer besonderhede.

Laeveld Agrochem het ’n handleiding vir wingerdmoniteerders as deel van hulle Laeveld Scout reeks. Dit dek onder andere blaaspootjies. Meer inligting oor Laeveld Scout en hoe om die handleiding te bestel is beskikbaar op hulle webwerf.

Neem asseblief kennis dat hierdie lys nie volledig is nie. Ons is bewus daarvan dat ander hulpbronne kan bestaan.

BEYOND THE BUNCH • 12 • QUARTER 4 • 2024

BEYOND

Beyond the Bunch editions are published quarterly as follows: March, June, September and December

ADVERTISING OPPORTUNITIES

BEYOND

LAEVELD SCOUT

Avant-Garde SA_021 863 3165

CONTACT US FOR SPONSORSHIP ENQUIRIES: Feature your brand. mecia@satgi.co.za

A SATI PUBLICATION

About Beyond the Bunch This quarterly publication aims to serve as a science-based resource for the South African table grape industry. Each edition will feature an article exploring a topic or questions raised by industry, with links to related additional reading. Submit your topic or questions Producers and industry stakeholders are encouraged to suggest scientific or technical questions or topics of interest. We will strive to address as many of these as possible. Feature your brand SATI invites interested businesses and organisations to sponsor this publication. Sponsorship includes a banner and full page advert in the applicable edition. An advertorial option is available. Contact denene@satgi.co.za to feature your brand. Email tarryn@satgi.co.za to submit your request.

CREATING A PROGRESSIVE , EQUITABLE AND SUSTAINABLE TABLE GRAPE INDUSTRY Technical Market Access | Market Development | Research and Technical Transfer | Industry Statistics and Commercial Information | Transformation | Technical Support | Communication and Stakeholder Engagement | Human Capacity and Skills Development. These interventions are aimed at assisting producers to G ain, R etain, O ptimise and W iden ( GROW ) market access. SATI is funded by a grower levy. SATI is a co-founder and a key supporter in the Sustain ability Initiative of South Africa (SIZA). FULL PAGE ADVERT 210 mm wide x 297 mm high (indicated as light grey colour). Please supply final CMYK PDF, no crop marks, no bleed. SATI’S KEY AREAS OF INTERVENTION

Geel lokvalle is vir alle blaaspootjies aantreklik.

SOUTH AFRICA – QUALITY ON ROOT

63 Main Road, Paarl 7646 PO Box 2932, Paarl 7620

BERLIN, 2025 5-7 FEBRUARY GET YOUR TICKETS NOW BANNER ADVERT 420 mm wide x 55 mm high (indicated as light grey colour). Please supply final CMYK PDF, no crop marks, no bleed.

+27 21 863 0366 info@satgi.co.za linkedin.com/company/satgi @sati_sa satgi.co.za

Scan to follow us on LinkedIn

Rates per edition as follows: RATES AND DISTRIBUTION

Advertising only: R7 500 per edition (includes banner advert on inside front cover & full page advert on inside back cover). Advertorial: R12 500 (includes both the above advertising opportunities and a relevant industry article written by the advertiser).

R7 500

R12 500

There is an option to book space in more than one edition at a time – a package rate can be offered depending on the request. Enquiries: denene@satgi.co.za

PROUDLY PRESENTED BY

BEYOND THE BUNCH • 13 • KWARTAAL 4 • 2024

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online