SATI Beyond The Bunch 3rd Quarter 2024

SATI Research Booklet

Quarter 3

BEYOND

2 0 2 4

FOKUS OP: Bot

ADOBE STOCK

ADOBE STOCK

T A B L E

T A L K

Presented in partnership between SATI and SASEV

2024

CONVERSATIONS

Creating a platform to explore topics impacting the table grape industry

WELCOME

About Beyond the Bunch This quarterly publication aims to serve as a science-based resource for the South African table grape industry. Each edition will feature an article exploring a topic or questions raised by industry, with links to related additional reading. Submit your topic or questions Producers and industry stakeholders are encouraged to suggest scientific or technical questions or topics of interest. We will strive to address as many of these as possible. Feature your brand SATI invites interested businesses and organisations to sponsor this publication. Sponsorship includes a banner and full page advert in the applicable edition. An advertorial option is available. Contact tarryn@satgi.co.za to feature your brand. Email tarryn@satgi.co.za to submit your request.

BEYOND THE BUNCH • 3 • KWARTAAL 3 • 2024

DORMANSIE IN WINGERDSTOKKE Wingerdstokke het winterdormansie ontwikkel om ongunstige omgewingstoestande in hul natuurlike habitat te oorleef. In warmer gebiede skep gebrekkige winterkoue egter probleme vir tafeldruifprodusente. DEUR ANNA MOUTON

Wat is dormansie? Dormansie is die tydelike staking van wingerdgroei. Die plant is nog steeds me tabolies aktief maar daar is geen sigbare veranderings in grootte of ontwikkeling van nuwe strukture nie. Oor die algemeen verwys dormansie spesifiek na ogies. Verskillende ogies op dieselfde stok kan op enige gegewe tyd in verskillende stadiums en grade van dormansie verkeer. Ons kan drie soorte dormansie op grond van hul oorsaak onderskei. • Endodormansie of winterrus word deur faktore binne-in die ogie self onderhou. • Paradormansie of somerrus word deur faktore buite die ogie maar elders in die wingerdstok veroorsaak. Apikale oorheersing waar die terminale lootgroei knoppe laer af onderdruk is ’n voorbeeld van paradormansie. • Ekodormansie of gedwonge rus word deur ongunstige omgewingsfaktore soos koue veroorsaak.

Suksesvolle rusbreek-bestuur in tafeldruiwe is gegrond op ’n goeie begrip van winter- dormansie.

ADOBE STOCK

BEYOND THE BUNCH • 4 • QUARTER 3 • 2024

Dormansie vanaf herfs na lente Paradormansie na endodormansie

Kouebehoefte in wingerd

Navorsing deur Nick Dokoozlian in Kalifornië het gewys dat die bevredi ging van kouebehoefte in wingerd stokke hoofsaaklik deur die tydperk by 0°C–10°C bepaal word en nie soseer deur die spesifieke temperatuur binne hierdie grense nie. Sy algemene riglyn is dat 200 ure vol doende is om meer as 80% van ogies te laat bot terwyl 400 ure vir egalige en gekonsentreerde bot nodig is. Dokoozlian het ook berig dat van die stok se versamelde koue-eenhede deur temperature bo 20°C vernietig kan word. Hy het dus die verhouding van ure onder 7°C tot ure bo 20°C bereken. Stokke behoort vinnig en volledig te bot wanneer die ure onder 7°C ongeveer dubbel soveel as ure bo 20°C is. Produsente kan egter botprobleme ver wag wanneer die aantal ure onder 7°C nie ten minste die helfte van die aantal bo 20°C is nie. Eunice en Jan Avenant het Dokoozlian se model in die Berg- en Hexriviervalleie getoets en betroubaar onder Suid- Afrikaanse toestande gevind. Die aantal ure tussen 0°C en 10°C word as koue-eenhede uitgedruk. Koue-een heidsmodelle is basies verskillende maniere om koue-eenhede vanaf rou temperatuurdata te bereken. Die Utah en die daagliks-positiewe is die twee mees algemene modelle wat in Suid- Afrika gebruik word. • Koue-eenheidsmodelle word in detail in Hortgro Science se gratis Fresh Quarterly tydskrif bespreek. Dié artikels is ook in Afrikaans in die SAFJ beskikbaar.

Tydens die somer is omgewingsfaktore gunstig vir groei maar die groei punt onderdruk die bot van ogies op somerlote. In koue areas begin ogies reeds vanaf deurslaan geleidelik vanaf para- na endodormansie oorgaan – hulle bot nie selfs al het die loot ophou groei. Endodormansie ontwikkel vanaf die basis van die loot soos wat die loot ryp word. Rypwording of verhouting van lote help wingerdstokke om die winter te oorleef. Korter dagliglengte en koeler temperature in die herfs gee aanleiding tot blaarveroudering en die plant begin koolhidrate en ander voe dingstowwe uit die blare onttrek om in permanente strukture te stoor. Gestoorde reserwes is die brandstof vir die aanvanklike groei in die volgende seisoen. Verhoogde suikervlakke in die permanente strukture dien ook as vrieswering. Ogies word deur ’n wollerige bedekking en harde skubblare teen erge koue beskerm. In warm areas sal lootgroei ten spyte van kort dagliglengte aanhou so lank as wat temperature gunstig is. Byvoorbeeld kan wingerdstokke op sommige persele in die Oranjerivierstreek in die middel van die winter nog aktief groei. Onder sulke toestande ontwikkel endodormansie traag of onvolledig. Wetenskaplikes probeer nog om die interne prosesse van endodor mansie te verstaan maar ons weet dat endodormante knoppe koue blootstelling nodig het voordat hulle kan bot. Endodormansie is veronderstel om te keer dat bladwisselende plante ontydig na enkele warm winterdae uitloop. Dit is egter moontlik om endodormante knoppe met baie hoë temperature of rusbreekmiddels Die kouebehoefte van ’n plant is die hoeveelheid koue wat nodig is om endodormansie te beëindig. Slegs blootstelling aan temperature van 0°C–10°C dra tot wingerdstokke se kouebehoefte by – kouer of warmer tel nie. Wingerdstokke in hulle natuurlike habitat sal normaalweg genoeg same koue gedurende die winter ontvang om hul endodormansie op te hef. Ekodormansie sal egter verhoed dat hulle bot solank as wat temperature onder 10°C bly. Genoegsame koue sinkroniseer die ogies sodat hulle sterk en gelyk bot wanneer ekodormansie deur gunstige omgewingstoestande in die lente opgehef word. Onvoldoende koue lei tot knoppe wat in die lente in verskillende stadiums van endodormansie verkeer en dus stadig en onegalig bot – of selfs glad nie. te forseer om te bot – meer hieroor later. Endodormansie na ekodormansie

HOEVEEL KOUE IS GENOEG?

Totale aantal ure by 0°C–10°C • Minder as 200: swak bot • 200–400: ±80% botpersentasie maar kan uitgerek wees • Meer as 400: volledige en gekonsentreerde bot. A

Ure onder 7°C Ure bo 20°C • Minder as 0.5: swak bot

B

• Meer as 2.0: volledige en gekonsentreerde bot. Let wel dat hierdie nie absolute waardes is nie – botpersentasie en -tydsduur lê op ’n kontinuum.

BEYOND THE BUNCH • 5 • KWARTAAL 3 • 2024

ADOBE STOCK

Gebrekkige winterkoue in Suid-Afrika

Eunice en Jan Avenant het in hulle 2014 publikasie oor koue-eenhede en rusbreek in Suid-Afrikaanse tafel druifproduksie verteenwoordigende koue-eenhede vir ons vyf hoof produksie-areas opgesom. Die Hexriviervallei is die enigste streek wat deurlopend genoegsame koue – 600–800 ure – vir volledige en egalige bot ondervind. Dié streek se verhouding tus sen ure onder 7°C en ure bo 20°C is gewoonlik meer as 1.0 maar nie meer as 2.0 nie. Die Berg- en Olifantsrivierstreke kry gewoonlik 200 ure maar neem baie lank om 400 te behaal. In praktyk kan wingerde in hierdie areas dus met onegalige en uitgerekte bot sukkel. Die Oranjerivierstreek en Noor delike Provinsie kry in meeste seisoene nie eens 200 ure koue nie. Gebrekkige winterkoue skep hoofsaaklik drie pro bleme vir produsente. • Onvolledige bot beteken minder lote en blomme as wat beplan is. Dit lei uiteindelik tot ’n kleiner oes. • Uitgerekte bot beteken dat verskillende dele van die wingerdstok nie in ’n eenvormige ontwikkelingsta dium verkeer nie. Daar kan byvoorbeeld blomme en vrugte gelyk teenwoordig wees. Dit is dus baie moeilik om gewasbeskerming en plantgroeiregu leerders optimaal toe te dien.

• Uitgerekte bot lei ook tot verskillende generasies trosse aan die stok. Dit kompliseer die bestuur van oesrypheid en die oesproses. Die volgende artikel in hierdie nuusbrief handel oor praktyke om gebrekkige winterkoue te oorkom en sodoende bot te verbeter. Groeistilstandverskynsel Wingerdstokke in warm gebiede met ’n lang groei seisoen sal soms in die lente begin bot en dan ophou groei. Hierdie toestand word groeistilstandverskynsel genoem en kom hoofsaaklik in die Benede-Oranje riviervallei maar ook soms in die Noordelike Provinsie voor. Die oorsaak is waarskynlik uitputting van die plant se reserwes omdat stokke in die herfs aanhou groei in stede daarvan om koolhidrate in permanente struk ture te stoor. Daar is dan nie genoeg tyd om reserwes op te bou wanneer skielike ryp en koue dormansie afdwing nie. Lae lentetemperature speel waarskynlik ook ’n rol. Groeistilstandverskynsel is nie dieselfde as gebrekkige winterkoue nie maar kan soortgelyke tekens van swak en onegalige bot veroorsaak. Raadpleeg die SATI groeistilstandverskynsel pamflet vir meer inligting.

Erkenning Dankie aan die volgende persone vir hulle bydra tot hierdie artikels: • Eunice Avenant. SATI Opleidingsbestuurder en Buitengewone Dosent in Wingerdkunde in die Departement Wingerd- en Wynkunde aan Universiteit Stellenbosch. • Tarina du Toit. Produkbestuurder: tafeldruif plantgroeireguleerders by Philagro. • Barend Mouton. Wingerdkundige konsultant by Grape Guidance. • Schalk Reynolds. Tegniese en bemarkingsbestuurder van AgroSolutions: EMEA Streek by Philagro.

BEYOND THE BUNCH • 6 • QUARTER 3 • 2024

T A B L E

T A L K

PRESENTED BY

CONVERSATIONS

Creating a platform to explore topics impacting the table grape industry

The SATI SASEV 2024 Stakeholder Information Days were a great success. Industry enjoyed the opportunity to meet face to face, network and exchange ideas. A huge thank you to all the sponsors, contributors and exhibitors who played an integral part in the event’s success. WE VALUE YOUR SUPPORT!

Exhibitors & Additional Sponsors

Dinner Sponsor

Regional Partners

63 Main Road, Paarl | P.O. Box 2932, Paarl 7646 +27 21 863 0366 info@satgi.co.za | satgi.co.za linkedin.com/company/satgi @sati_sa

PRAKTIESE OORWEGINGS VIR RUSBREEK

Rusbreek verwys na die hervatting van groei na winterdormansie. Toediening van waterstofsianamied tesame met snoei is die mees algemene en effektiewe manier om rusbreek in wingerdstokke te stimuleer.

ADOBE STOCK

BEYOND THE BUNCH • 8 • QUARTER 3 • 2024

Gebrekkige winterkoue in meeste Suid-Afrikaanse tafeldruifproduksie-areas noodsaak produsente om kunsmatige rusbreek toe te pas. DEUR ANNA MOUTON

Waterstofsianamied Waterstofsianamied word reeds dekadeslank wêreldwyd in veral warm areas vir rusbreking van bladwisselende vrugte toegedien. Dit kan ook bot en dus oes in tafeldruiwe vervroeg. Meeste Suid- Afrikaanse tafeldruifprodusente gebruik egter water stofsianamied slegs om genoegsame en egalige bot te verseker. Nick Dokoozlian se Kaliforniese proewe het gewys dat waterstofsianamied nie die botpersentasie verhoog in dien die wingerdstok reeds meer as 800 koue-eenhede ervaar het nie. Waterstofsianamied het die grootste effek gehad in lote na 0–400 ure van koue blootstelling. Soortgelyke resultate is in plaaslike navorsing verkry. Die meganisme waardeur waterstofsianamied dor mansie ophef is nog nie heeltemal verklaar nie maar wetenskaplikes dink dit hou met oksidatiewe stres en stimulasie van respirasie verband. Waterstofsianamied moet binne sewe dae na snoei en ongeveer 3–4 weke voor die verwagte natuurlike

botdatum toegedien word. Aanwendings voor 6–7 weke voor natuurlike bot is oneffektief en té laat aanwendings kan ogies skroei – tydsberekening is dus krities wanneer waterstofsianamied gebruik word. Bot word gedefinieer as die stadium waarop 50% van die ogies op draerlote groenpunt (Figuur 1) bereik het. Die tyd van natuurlike bot verskil tussen kultivars en word ook deur seisoen en ligging beïnvloed. Stokke van dieselfde kultivar en perseel op sanderige gronde is byvoorbeeld geneig om etlike dae voor stokke op swaar gronde te bot. Geskiedkundige natuurlike botdatums kan saam met onlangse wintertemperature as ’n beginpunt dien om die optimale tyd vir rusbreek te bepaal. Produsente behoort dus elke seisoen sowat vyf stokke in elke blok volledig met plastiek te bedek voordat rusbreekmid dels toegedien word om rekords van die natuurlike botdatums te bepaal (en te sien hoe effektief die rusbreekmiddels was).

EUNICE AVENANT

Figuur 1. Groenpunt word gebruik om die botstadium van wingerdstokke te evalueer.

Vervolg op volgende bladsy.

BEYOND THE BUNCH • 9 • KWARTAAL 3 • 2024

Veiligheid Waterstofsianamied is toksies vir mense en plante. Dit skroei eni ge groen plantweefsel waarmee dit in aanraking kom – vermy dus spuitaanwendings tydens winderige toestande en wees veral bedag op nabygeleë immergroen gewasse soos sitrus. Menslike blootstelling kan matige simptome insluitende hoofpyne, respiratoriese en vel irritasie, en spysverteringsprobleme vero orsaak. Diegene wat alkohol in hulle sisteem het word egter meer ernstig aangetas. Waterstofsian amied word inderdaad vir die behandeling van alkoholisme voorgeskryf. Enige persone wat met waterstof sianamied werk moet: • korrek opgelei en ingelig wees • geen alkohol vir ten minste 24 uur voor en na sianamied gebruik inneem nie • kontak met die vel en inaseming vermy • beskermende uitrusting dra. Waterstofsianamied moet met spuitpompe toegedien word en nie met rugsakspuite of kwaste nie. Raadpleeg die produketiket vir meer veiligheidsinligting.

Wenke vir suksesvolle toediening Meeste Suid-Afrikaanse tafeldruifwingerde sal vanaf hulle tweede seisoen elke jaar ’n enkele waterstofsianamiedtoediening vir rusbreek ontvang. Die gepaste dosis sal volgens kultivar verskil. Oor die algemeen sal vroeë kultivars minder koue ervaar het en dus hoër konsen trasies in vergelyking met later kultivars benodig. Meeste navorsing oor beide koue-behoefte en rusbreking is op ouer kultivars gedoen en daar is dus relatief min spesifieke inligting oor nuwe kultivars. Sommige nuwe kultivars blyk meer sensitief vir té laat toedienings van hoë konsentrasies waterstof sianamied te wees. Waterstofsianamied word slegs direk deur ogies opgeneem en versprei nie sistemies deur die wingerdstok nie. Volledige bedek king van ogies (Figuur 2) deur middel van lootgerigte bespuiting is dus krities vir sukses maar die spuitmengsel moenie afloop nie. Growwe druppelgroottes en ’n benatter word aanbeveel. Vermy lae watervolumes veral in warm of droë omgewings. Die gepaste watervolume sal wissel na gelang van die opleidingstel sel maar kan rondom 800 liter per hektaar vir kouer streke soos die Wes-Kaap en soveel as 1 200 liter per hektaar vir warmer streke soos die Noord-Kaap wees. Waterstofsianamied word soos reeds genoem ongeveer vier weke voor die verwagte natuurlike botdatum toegedien vir rus breek. Dit kan ook 6–7 weke voor natuurlike bot vir vervroeging van bot gebruik word. Wees egter bedag op die risiko van koue skade aan nuwe groei en blomtrossies met vervroegde bot. Moenie waterstofsianamied toedien by omgewingstemperature onder 8°C nie. Vermy dus vroegoggend spuittoedienings in baie koue areas. Moet ook nie binne 4–5 ure voor reëns of in winderige toestande spuit nie. Wingerdstokke benodig gemiddelde omgewingstemperature bo 16°C na waterstofsianamiedtoedienings vir ’n sterk rusbreek reaksie en daaropvolgende groei.

Figuur 2. Volledige bedekking van ogies is krities vir suksesvolle water stofsianamied- toediening.

BEYOND THE BUNCH • 10 • QUARTER 3 • 2024

PHILAGRO

Die groter prentjie

ADOBE STOCK

Sianamied het geweldig baie industriële gebruike omdat dit ’n grondstof vir ’n magdom chemiese reaksies is. Dit is onder andere ’n bestanddeel vir die vervaardiging van verskeie farmaseutiese middels insluitende behandelings vir kanker en wurms. Kalsiumsianamied word ook kommersieel vir bemesting toegedien omdat dit in grond na ureum afbreek. kalsiumsianamied rusbreek in wingerd kan bewerkstellig maar dié middel was moeilik om aan te wend. Israeliese wingerdkundiges het in die vroeë 1980’s die effektiwiteit van die meer oplosbare waterstofsianamied demonstreer. Die gebruik van waterstofsianamied vir rusbreking is tans onder druk as gevolg van bekommernisse oor plaaswerkergesondheid. Waterstofsianamied word tydens dormansie aangewend en toetse het verbruikergesondheid – is nie. Verskeie Europese lande het byvoorbeeld reeds die gebruik van waterstofsianamied vir rusbreking verbied maar Griekeland het dit onlangs weer vir rusbreek in kiwivrugte toegelaat. Wêreldwyd maak produsente van bladwisselende rusbreking staat. Daar is tans geen praktiese alternatief nie. Produsente kan hulle deel doen om waterstofsianamied te behou deur goeie spuittoedieningspraktyke te handhaaf en te verseker dat almal op die plaas veiligheidsmaatreëls streng nakom. vrugte in warm areas op waterstofsianamied vir Navorsers het reeds in die 1960’s ontdek dat bevestig dat daar geen residu’s op druiwe – en dus geen implikasies vir

Ander rusbreekmetodes Fisiese metodes

Wintersnoei sal in sigself rusbreek stimuleer en produsente kombineer dit gewoonlik met die toediening van waterstofsianamied. Indien moontlik behoort stokke op die koudste tyd van die winter gesnoei te word wanneer hulle hopelik reeds maksimum koue-blootstelling gehad het. Waterstofsianamied word gewoonlik binne sowat ’n week na snoei toegedien. Stokke sal eers by omgewingstemperature bo 10°C begin groei. In praktyk word snoeityd deur logistieke oorwegings beïnvloed. Wees egter versigtig om kultivars wat sukkel met set té vroeg te snoei om te vermy dat hulle in koue toestande blom. Ogies op kortdraers bot gewoonlik meer geredelik en vroeër as ogies op langdraers. Dit is as gevolg van die invloed van planthormone eerder as ’n kultivarverskil. Verdampingsverkoeling gedurende die herfs en winter is ’n bewese metode om vroeë en egalige bot deur middel van verhoogde koueblootstelling te bevorder. Israeliese navorsers het egter rapporteer dat verdampingsverkoeling ongeveer 90 m 3 water per hektaar per dag gebruik het. Navorsing in Israel en Kalifornië het bevind dat verdampingsverkoeling in kombinasie met waterstofsianamied geen voordeel bo slegs waterstof sianamied bied nie. In kontras kan bot ook deur verwarming van die wingerd vervroeg en bevorder word indien die stokke se koue-behoefte nagekom is. Verwys na die vorige uitgawe van Beyond the Bunch vir hoe dit met oorhoofse plastiek gedoen kan word. Chemiese metodes Daar is tans geen chemiese rusbreekmiddels vir tafeldruiwe met beter of soortgelyke effektiwiteit as waterstofsianamied nie. Stikstofbevattende middels soos kaliumnitraat en sekere biostimulante kan vir laat rusbreekaanwendings gebruik word indien daar ’n risiko is dat waterstofsianamied ogies gaan skroei. Navorsing om nuwe produkte te ontwikkel duur voort. ’n Onlangse publikasie deur Nicole Venter en medewerkers spekuleer dat biostimulante in kombinasie met sekere chemikalieë waterstofsianamied moontlik in die toekoms kan vervang.

BEYOND THE BUNCH • 11 • KWARTAAL 3 • 2024

VERWYSINGS EN LEESSTOF

CONTACT US FOR SPONSORSHIP ENQUIRIES: Feature your brand. tarryn@satgi.co.za

CONTACT US FOR CONTENT ENQUIRIES: Submit your topic or question. tarryn@satgi.co.za

Fresh Quarterly nommer 13. June 2021. Dormancy and chill models.

SAFJ Aug|Sep 2021. Dormansie en koue-modelle.

SATI. 2020. Groeistilstandverskynsel.

Avenant E en Avenant JH. 2014. Chill unit accumulation and necessity of rest breaking agents in South African table grape production regions. BIO Web of Conferences 3:01017.

Dokoozlian NK, Williams LE en Neja RA. 1995. Chilling exposure and hydrogen cyanamide interact in breaking dormancy of grape buds. HortScience 30(6) pp1244–1247.

Dokoozlian NK. 1999. Chilling temperature and duration interact on the budbreak of ‘Perlette’ grapevine cuttings. HortScience 34(6) pp1054–1056.

Venter NC, Avenant E, Kotze TN, Hills PN en Moore JP. 2024. Plant biostimulants enhance bud break in Vitis vinifera Crimson Seedless using combination treatments. Horticulturae 10(5):471.

Neem asseblief kennis dat hierdie lys nie volledig is nie. Ons is bewus daarvan dat ander hulpbronne kan bestaan.

BEYOND THE BUNCH • 12 • QUARTER 3 • 2024

Avant-Garde SA_0218633165

TO YOURS OUR TABLE FROM CREATING A PROGRESSIVE , EQUITABLE AND SUSTAINABLE TABLE GRAPE INDUSTRY

TABLE GRAPES OF OUTSTANDING QUALITY AND TASTE, WHICH ARE RESPONSIBLY GROWN IN SOUTH AFRICA TO MEET THE HIGHEST GLOBAL STANDARDS, START THE JOURNEY FROM THE FOOT OF TABLE MOUNTAIN TO REACH MARKETS AND TABLES AROUND THE WORLD.

SATI assists growers with industry information, transformation, research, technology and technical transfer, as well as training and education with the objective to establish South Africa as the Preferred Country of Origin for the world’s best tasting grapes.

Assisting producers to retain, grow and optimise markets is the most important function of the South African Table Grape Industry (SATI), an enabling grower association. SATI represents growers on key government and industry initiatives aimed at creating more opportunities from ownership to accessing new markets in a sustainable way.

THE NEXT TIME YOU HAVE GRAPES, MAKE SURE THEY COME FROM OUR TABLE!

63 Main Road, Paarl | P.O Box 2932, Paarl 7620 +27 21 863 0366 info@satgi.co.za | satgi.co.za li nkedin.com/company/satgi @sati_sa

Made with FlippingBook flipbook maker