SATI Beyond The Bunch 1st Quarter 2025
Ander praktyke Die verwydering van geïnfekteerde hout en vrugte is die belangrikste aspek van wingerdsanitasie maar produsente kan hul risiko deur addisionele praktyke verlaag. Vrugtevlieë en valskodlingmotte benut ’n wye reeks gasheerplante. Haal naburige alternatiewe gashere uit of plaas lok-en-dood produkte in die alternatiewe gashere. Alternatiewe gashere kan gespuit word maar dit sal voordelige insekte benadeel. Witluise is vektore vir rolblaar-geassosieerde virusse. Witluise kan maklik deur menslike aktiwiteit tussen wingerde versprei word. Dit is een rede waarom aksies soos snoei eers op gesonde en jong wingerde en dan op geïnfekteerde en ouer wingerde gedoen
moet word. Hou ook toerusting en werkers se uitrusting skoon. Gesonde grond met hoë biologiese aktiwiteit sal die ontbinding van blare en ander wingerdweefsel bespoedig wat kan help om die vermeerdering van ongewenste swamme te onderdruk. Laastens is dit belangrik om met chemiese beheer van peste en siektes naoes vol te hou. Die pes- en siektebevolking aan die einde van die seisoen be paal grootliks die infeksiedruk waarmee produsente die volgende lente moet worstel. Begin dus die nuwe seisoen reg deur wingerdsanitasie deel te maak van ’n geïntegreerde benadering tot gewas beskerming.
Erkenning Dankie aan die volgende deskundiges vir hulle bydra tot hierdie artikels: • Prof. Pia Addison. Departement Bewaringsekologie en Entomologie. Universiteit Stellenbosch. • Petrie de Kock. Streeksverkoopsbestuurder wingerd: Wes- en Noord-Kaap. BASF. • Anné Matthee. Bestuurder ontwikkelingsproewe: Wes-Kaap. BASF. • Prof. Lizél Mostert. Departement Plantpatologie. Universiteit Stellenbosch. • Barend Mouton. Wingerdkundige konsultant. Grape Guidance.
BEYOND THE BUNCH • 10 • QUARTER 1 • 2025
Made with FlippingBook flipbook maker