La Rochelle Yearbook 2025
SERVICE CLUBS
INTERACT
Voor: Hayden Williams, Karu van der Wal, Nika de Wit, Ronelle Strauss (Voorsitter), me. Adéle Dun (Koördineerder), Lizelle Abbott (Ondervoorsitter), Mieke Martins, Tinette le Roux, Minki Smit Middel: Lien-Marie Pienaar, Lara Jonck, Danika Bosman, Marguerite Conradie, Mila Landman, Georgia Bouwer, Temia van der Merwe, Karli Louw Agter: Isabelle Schoeman, Landri Armstrong, Jana Burger, Sonica Serdyn, Gabriella Wessels
INTERACT Die Interact-diensklub, wat ’n beduidende rol in ons skool en gemeenskap speel, het hierdie jaar berge versit. Dit is ’n platform waar ons ons Larrie-liefde deel en uitreik na minderbevoorregtes. Ons slagspreuk vir 2025 was: ’no amount is too small to give.’ Met hierdie woorde op ons harte gestempel, het ons die jaar met baie ywer en vars idees aangepak. Ons termyn het in die vierdie kwartaal van 2024 afge skop, met ons baadjies wat met pienk strikkies vir bors kankerbewusmaking versier is. Die nuwe jaar het met ’n fondsinsameling van items vir Wellington se DBV begin. As deel van die projek, het ’n groep Larries een middag saam met hondjies en katjies deurgebring waar baie aandag en liefde aan hulle besorg is. Tydens die tweede kwartaal het ons 500 paaseiers inge samel en, ter ondersteuning van Outismemaand, besoek afgelê by vier verskillende outismeskole, naamlik Boland Skool vir Outisme, Einstein Academy, Ligstraal en Sunbird. Saam met die Groenkomitee het ons ’n teddy bear drive vir ’n Teddy Bear’s Picnic geloods en 100 beertjies ingesamel wat aan mishandelde kinders geskenk is. In die derde kwartaal het ons die geleentheid aangegryp om verskeie produkte vir AHOS, ’n veilige vesting vir mishandelde vroue en kinders, in te samel. ’n Verskei denheid speelgoed is op Takealot gekoop, waarna dit aan Sunbird, ’n nuut-gestigde outismeskool in die Paarl, geskenk is. In Augustus het Interact en Ignite Vrouemaand saam gevier deur pers, groen, en wit strikkies te verskaf wat elke Larrie in haar hare kon dra.
’n Totale bedrag van R21 000 is ingesamel deur Civviedae en R1000 is aan elkeen van die volgende instansies geskenk: Boland Outisme
Einstein Academy (Outisme) Sunbird (Outisme en ADH) Rusoord Ouetehuis Sunfield Home
Drakenstein Hospice ACVV Noorder Paarl
HAUM (Andrew Murray Kinderhuis) Cansa Association of South Africa Ligstraalskool Alta du Toit Sentrum Gideons Internasionaal (Bybelverspreiding) Jan Kriel Institute Kuilsrivier Institute for the Blind Worcester Institute for the Deaf Worcester Monte Christo Miqlat SPCA Wellington AHOS (Athlone House of Strength) Robertson Herberg Kinderhuis Smile Foundation (Children with burns and Facial Abnormalities) Ma’s vir Wellington Dankie aan elke Larrie wat ’n bydrae gelewer het tot die sukses van die Interact-diensklub hierdie jaar. Met die Hemelse Vader se genade en almal se entoesiasme het ons werklik ’n verskil gemaak in baie mense se lewens. My hoop is dat Interact sal voortgaan om ’n lig te wees daar waar dit broodnodig in ons gemeenskap is. En Avant , La Rochelle! Ronel Strauss
92 | Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School
Made with FlippingBook - Online catalogs