La Rochelle Yearbook 2025

OPGEDRA AAN

• Marianna was ’n intergrale deel van die 4M wenne – van 2002 tot 2004, 2013 tot 2018, en weer die onvergeetlike wen in 2020. Aflosse was haar kos. Ek moes na 4M die opsommings maak vir die volgende dag, sy was soos ’n ballon afgeblaas. Haar woorde onthou ek baie goed: “Chief, dis joune”! • Haar toewyding aan Afrikaans Eerste Addisio nele Taal was legendaries. Jaar na jaar kon sy met trots uitwys dat haar leerders gemiddeld tussen 75% en 80% behaal het. ’n Persoon vol gees en humor Schoemie het die lewe met lag en lig gevul. Kollegas onthou haar rooi pen, haar lessenaar agter in die saal by “musical”-oefeninge, en natuurlik haar koffie wat leerders met trots gebrou het. Sy was nie ge-copy en ge-paste nie – sy was trots daarop dat oudleerlinge haar oral herken en sê: “Juffrou word nie ouer nie.” Sy het gereeld gesê: “Geld is nie my baas nie – ek is geld se baas.” Haar liefde vir die kleur geel – wat sy met flair in die sportdrag en erebaadjiekoord ingebring het – het haar die “Queen of Yellow” gemaak. Daarom was dit SEER om te sien hoe haar stem stiller raak. Na Januarie 2024 het haar tyd en seisoene vervaag. Sy het nooit oor die seer binne haar gepraat nie – sy was privaat oor dit wat haar pla. Op haar siekbed het sy bly glo sy gaan opstaan en huis toe gaan en ons gaan kuier en tee maak! ’n Blywende nalatenskap Prof. Jonathan Jansen het gesê: “ If you want to honour me, call me a teacher.” Marianna het dié titel met trots gedra. Sy het haar roeping geleef – met passie, harde werk, en die oortuiging dat onderwys lewens verander. Sy het inderdaad geblom waar sy geplant was, sy is deel van ons Larrie-ketting ... een van die stukkies rots (little rock: La Rochelle). Sy het haar eie unieke spore uitgetrap en saam met ons “voorwaarts gegaan” – En Avant! In Elvis se woorde: “Het jy al ooit gevoel jy wil oor begin Op ’n ander plek ’n nuwe lied gaan sing?” NOU SING SY HAAR NUWE LIED OP ’N ANDER PLEK ... EN ONS? ONS ONTHOU DIE SPORE WAT SY GELOS HET. RUS IN VREDE Me. Amanda Lochner Vrydag, 20 Junie 2025

Huldeblyke VANAF SOSIALE MEDIA (VERBATIM).

Ilze Kriek Wright – Hierdie is voorwaar hartseer nuus. Ek het haar langs die netbalbane raakgeloop of liewer raak gewerk as netbalorganiseerder van Bloemhof. Jare lank het ons mekaar langs die bane gesien. My innigste meegevoel, familie en Larries. Retha Jordaan – Mag jy rus waar jy nou is Mariana! Jy het so groot rol in my kind se skoolloopbaan gespeel en steeds is jou entoesiasme vir netbal en atletiek vir haar ’n inspirasie nou later in haar lewe. Ons sal jou altyd onthou! Mandy Clayton – What a voice she had!!! Rest well Mandy McDonald – It’s always such sad and shocking news to hear about the passing of someone whose legacy was bigger than life. I have no doubt that every young lady who had the privilege of sitting in an Afrikaans class or was an athlete or netball player under her guidance was positively impacted by this force of a woman’s spirit, passion, devotion, commitment, fairness, compassion, determination and love for all Larries. I am grateful to have known her as an Afrikaans teacher and athletics coach ... she was so much more than that to many Larries. She will be sorely missed! Helene Coetzee – Liewe Marianna sal ek altyd onthou. Sy het ’n onuit wisbare indruk op my gemaak. Ons was kollegas en daarna het ons mekaar gereeld by atletiekbyeenkomste gesien. Sy was’ n ma-figuur vir so baie. Mare-Louise Botha – Sy was ’n lewenslyn en legende in sport vir elke larrie. Haar toewyding vir haar vak Afrikaans, die kinders en veral atletiek en netbal was aansteeklik. Sy was ’n ware vriendin, kind van die Here en hardwerkend en passievol in alles wat sy aangepak het. Ek gaan haar vreeslik mis. Sy was ’n hartsmens met soveel mooi in haar. Ek mis alreeds haar lag en gesels met daai vonkel in haar oë. Innige simpatie aan die familie en veral haar kinders en kleinkinders. Liefde altyd.x Ina Brink – A person is known by the legacy they leave behind. This beautiful soul dedicated her life to young women in the making and those touched by her will forever be better off for the privilege of knowing her. I am grateful for her caring and firm hand in my life. Forever alive in my heart. Maria Bellmunt – Ahhh so very sad. La Rochelle has lost a legend! The passion she had for this beautiful school is simply immeasurable! RIP beautiful soul. Sieyaam Hartnick – My heart is shattered into a million pieces. RIP Mrs Schoeman. Lientjie Olivier – Liewe Schoemie, Roomie jou positiewe energie, passie en lojaliteit vir die Larries, sal altyd ’n riem onder die hart en ’n groot bron van inspirasie bly... Hugo Engelbrecht – Marianna jy was een van die eerste mense wat ons 4j terug ontmoet het in La Rochelle. Jy het Monique en Imke eietyd onder jou vlerk geneem en hul laat tuis voel. Jy was so geliefd, ’n absolute steunpilaar en het ’n onvergeetlike impak op hul lewens gehad. Your legacy will live on in our memories. Rus sag Schoemie. Baie sterkte aan die familie. Morné Nicol – Rest in Peace, Mrs Schoeman. Forever grateful for being Zoe’s School Mom. Forever in our hearts. Shantelle Kotze van Schalkwyk – Juf. Schoemie, jy is ’n legend. Beste netbal en atletiek onnie ooit. My hart is ongelooflik seer. Jy het diep spore in my hart gelaat. Ek onthou jou met liefde. Delise van Wyk – Baie hartseer nuus. Wonderlike tye langs atletiekbaan saam met haar beleef. Ons laaste een by Potchefstroom SA’s in 2018. Sal haar met groot hartseer onthou. Elbie Keller – Ek sal haar liefde vir en toewyding aan La Rochelle altyd onthou. Sterkte aan haar familie en vriende. (Van ’n Bloemhof kollega) Candice-Lea Nortje – RIP SCHOEMIE!!! Such a legend! A fantastic teacher with the biggest Heart! Adele Cupido – Rest in peace, Ms Schoeman. Your legacy was bigger than life. Condolences to the Family. Coretha Odendal – Gedurende Elmie se tyd in La Rochelle; was Marianna die skool en die skool was Marianna. Groot impak gehad op vele terreine. Altyd voluit gegaan!

Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School | 3

Made with FlippingBook - Online catalogs