La Rochelle Yearbook 2025
JAARVERSLAG
Culture); Nadene van Aswegen (Secretary and Academics). Committees: Cristiano Sassoli (Sport); Andrew Milne (Facilities); Theresa de Villiers (Liaison); Allister Golding (Wellness); Adéle Bothma (Hostel); Karin Leibbrandt (Marketing, Communication and Events). Our hostel staff deserve special thanks for creating a home-away-from-home for our boarders. Thank you also to Mrs Lida Hendrikse for her excellent management of the hostel and buildings, and to Feedem, which ensures that our learners enjoy delicious meals every day. To Mrs Karelien Venter, Chairlady of the Old Girls’ Union: Thank you for keeping our past and present connected, and for your wonderful co-ordination of reunions and alumnae relations. We are especially grateful to Mr Elias Jacobs and his Ground Staff Team for always going the extra mile with kindness and enthusiasm – we truly appreciate you. Thank you also to our dedicated administrative staff: Mmes Elizabeth Ulyate in Finance and Nita Volschenk and Marian Neethling at Reception – thank you for your patience and professionalism, even when our requests arrive at the last minute. Finally, to the School Management Team: Ms Nadene van Aswegen, Ms Adéle Bothma, Mmes Hannatjie Naude,
Personeel - Ons groet!
Die skrywer Margaret Atwood sê: “In the end we will all become stories.” In hierdie jaarblad vier ons een van La Rochelle se kosbaarste stories: dié van mev. Vos. Mev. Vos is sedert 2002 deel van
Hoër Meisieskool La RochelleSedert haar aankoms, beweeg sy met natuurlike gesag op die netbalbane, begelei leerders in die kuns van redenaars, en dra sy met oortuiging by tot die skool se groei en ontwikkeling. As opvoeder, ouer en later lid van die beheerliggaam het sy deurgaans ’n beduidende rol gespeel, en op provinsiale vlak het sy La Rochelle met trots as netbalafrigter en -bestuurder verteenwoordig. Na 23 jaar ken sy waarskynlik ons skoollied beter as meeste, en die versugting dat La Rochelle ’n vesting van kennis en lig sal wees, is iets wat sy uitgeleef het. Namens die personeel en die duisende leerders wat deur haar hande gevorm is, sê ons dankie dat sy vir so lank hierdie vesting van kennis en lig was. As netbalafrigter en -organiseerder laat sy ’n nalatenskap van vaardige spelers en toegewyde afrigters agter. As redenaarsafrigter het sy leerders gehelp om hulle stemme met selfvertroue te laat hoor. In die Afrikaansklaskamer het haar kundigheid oor dekades heen versekering gebring dat Larries uitgestyg het en uitmuntende resultate behaal. Maar kennis is verganklik. Rympatrone vervaag; retoriese middele word vergeet. Wat blywend is, is die lig wat ’n mens versprei. Mev. Vos was vir ons almal só ’n lig. Sy het ons dikwels herinner om ons koppe op te lig en self lig te wees. Tydens Covid was sy ’n bestendige baken: iemand wat haar departement bymekaar kon trek, hulle kon versterk, en eenvoudig kon sê: “I’ve got your back.” Vir haar kollegas was sy, en is sy steeds, ’n ligdraer. Iemand wat meer raaksien as wat mens wys, wat sonder oordeel luister, en by wie jy eerlik kan wees. Aan die begin van hierdie kwartaal het baie personeel hulself afgevra hoe ’n La Rochelle sonder mev. Vos in die klaskamer langsaan sou voel. Maar dit het gou duidelik geword: haar lig is steeds hier. Dit leef voort in die herinneringe, die warmte waarmee sy ander hanteer het, en die voorbeeld wat sy nagelaat het. Juf. Vos, mag die komende dae gevul wees met die ligsinnigheid van ’n lawwe en lieflike kleinkind, stadige etes by kerslig en die vreugde om ligvoets deur die lewe te beweeg – met die wete dat jy ander se dae ligter gemaak het. Mev. Carla Uys
Carla Uys, Cindy McFarlane, Karin Leibbrandt, Melina Smit, and Mr Quinton Meades – thank you for your leadership, wisdom and steadfast support. Your vision guides every step we take to advance the school.
TEN SLOTTE Ek was hierdie jaar weer van voor af bewus hoe kosbaar die tradisies en geskiedenis van die Hoër Meisieskool La Rochelle is. Die goue draad wat deur die eeue gevleg is, is een van omgee en van uitnemendheid. Hierdie kosbare tradisies hou ons huidige leerders gegrond en laat ons oud-leerders terugkom om dit weer te beleef en herleef. Hierdie tradisies en ryke geskiedenis gee ook aan ons huidige leerders identiteit, wat lei tot eienaarskap, wat op sy beurt aanleiding gee tot skooltrots, Larrie-trots! Wat ’n voorreg om deel van die Larrie-ketting se ryke erfenis te kan wees. En Avant ! Mev. Elsabé Conradie (Skoolhoof)
Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School | 15
Made with FlippingBook - Online catalogs