La Rochelle Yearbook 2024

SERVICE CLUBS

INTERACT Voor: Chloe Smith, Mari Joubert, Ronel Strauss, Mia de Milander (Ondervoorsitter), mev. Adéle Dun, (Koördineerder), Riana Otto (Voorsitter), Lizelle Abbott, Kelsey Calitz, Sophia Carstens 2de ry: Maxine Mckenzie, Lienmarie Pienaar, Zara Littler, Kenzie Romburgh, Hannah Broodryk, Madison Thompson, Tarryn Daniels, Callyn Cahill, Karli Louw, Candence Adonis, Karli Roux 3de ry: Kara Herselman, Likony van der Poel, Chloe West, Landri Armstrong, Marené Robertson, Joaline Delport, Kyla Vienings, Danielle Carr, Suné Kruger, Catherine Brandt, Mena Louw INTERACT “Giving is not just about donating. It is about making a difference” – Kathy Calvin kwartaal het ons die petroljoggies en minder bevoorregtes se dag gemaak deur worsrolletjies vir hulle te maak en uit te deel. Deur die loop van die jaar het ons klere-insamelings vir Hospice gehou en toiletware vir ACVV Paarl ingesamel. Verder het ons wêreldverpleegsterdag gevier deur vir elke dokter en verpleegster by Sontraal Hospitaal in ’n pakkie op te maak.

This quote reflects my view and the value of what I learned at La Rochelle. Our history made the school what it is, and I would like to leave behind a legacy like this. 2024 was ’n ongelooflike jaar vol uitreike, groei en onvergeetlike herinneringe. Die verhoudings wat tydens die uitreike gebou is, sal altyd na aan my hart wees. Dit maak my ook dankbaar vir alles wat ons het en dat ons iets kon teruggee om iemand se lewe te verbeter. Van ons eerste projek tot ons laaste uitreik het almal ‘n bydrae gelewer. Of ons nou fondsinsamelings gehou het, in die gemeenskap gehelp het of net ons liefde en ondersteuning gedeel het, het ek gesien hoe ons die lewens van ander op ’n positiewe wyse beïnvloed. Verskeie uitreike het my na aan die hart gelê en ek deel net ’n paar van die hoogtepunte uit ons kwartale. Gedurende kwartaal vier van 2023 het ons uitgereik na Andrew Murray-kinderhuis en ons beloning was om die blydskap in die kinders se gesiggies te sien met die bederfpakkies wat ons vir hulle gemaak het. In 2024 besoek ons, gedurende die eerste kwartaal, die Dierebeskermingsvereniging om ’n paar sterte te laat swaai. Ons het kos en skoonmaakmiddels vir die diere ingesamel. Tydens kwartaal twee samel ons paaseiers vir Rusoord Ouetehuis in en spandeer tyd saam met die mense in hulle goue jare. Ons het ook vir Monte Christo Miqlat se nasorgsentrum paaseiers gaan uitdeel en die kinders met huiswerk gehelp. In die derde

‘n Totale bedrag van R15 000 is ingesamel deur Civviedae en R1 000 is aan elkeen van die volgende instansies geskenk: Boland Outisme, Rusoord Ouetehuis Sunfield Home, Drakenstein Hospice ACVV Noorder Paarl, HAUM (Andrew Murray Kinderhuis), Cansa, Ligstraalskool, Droogtehulp, Gideons Internasionaal (Bybelverspreiding) Jan Kriel Instituut Kuilsrivier Ek is opgewonde oor wat die toekoms vir die Interact inhou en ek hoop die inisiatief sal van krag tot krag voortduur om meer mense in die gemeenskap te help en om merkwaardige invloede op mense se lewens te maak. Ek sal altyd die gees van Interact by my dra, en ek is opgewonde om te sien hoe die volgende leiers die klub na nuwe hoogtes sal neem. Dankie vir ‘n onvergeetlike jaar en laat ons aanhou om ‘n verskil te maak - een projek op ‘n slag. En Avant Riana Otto – Voorsitter Institute for the Blind Worcester Institute for the Deaf Worcester Monte Christo Miqlat SPCA Wellington

98 | Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School

Made with FlippingBook - Online catalogs