La Rochelle Yearbook 2024

JAARVERSLAG

Die gees, en veral die krete van die verskillende spanne was ’n hoogtepunt. Cillié het weereens hierdie jaar die spanbeker verower, maar Murray het hulle laat sweet vir hierdie oorwinning. Cillié het ook die spangeesbeker verower. Ons neem verder deel aan die volgende byeenkomste: Stellenberg-atletiekbyeekoms: Hierdie jaar het ons ’n rekord van 55 atlete vir die Stellenbergbyeenkoms ingeskryf. Ons atlete het besonders goed gevaar en verskeie rekords gebreek. Curro Podium-atletiekbyeekoms by Pilditch stadion in Pretoria: Ons span het as dogterspan vierde in die land geëindig en is sesde geplaas onder al die dogter- en seunsspanne in die land. Met hierdie prestasie was ons die beste span in die Wes Kaap onder seuns en dogters. 4M-atletiek: Hierdie jaar het ons 90 atlete in die span gehad - die grootste nog in die bestaan van La Rochelle 4M. Ons is stadig maar seker besig om weer die diepte by ons atletiek te bou en elke jaar krimp die verskil tussen ons en die wenspan. Veels geluk aan die volgende twee atlete wat spesiale toekennings op die dag ontvang het: Mia Wilson – beste o/17-baanatleet; Cornelia Destroo – beste o/17-veldatleet. Die volgende rekords is gebreek: Enya Binneman o/15 400m (57.07); 4x 100m o/15 aflosspan (49.19); Kylie Basson o/17 200m (25.11); Cornelia Destroo o/17 diskus (41.16). Boland Sentraal en Boland Kampioenskappe: Weereens herskryf La Rochelle die rekordboeke met 33 atlete wat gekies is vir die Boland Sentraal-atletiekspan en 20 atlete wat gekies is vir die Boland-atletiekspan. Ons atlete verower 28 medaljes; 9 goud, 10 silwer, 9 brons by die Boland Kampioenskappe. By die Curro Podium Suid-byeenkoms in Oktober eindig die Larries derde in die dogtersafdeling en Enya Binneman ontvang die trofee vir die beste junior baanatleet en Kylie Basson die trofee vir die beste senior baanatleet. Swimming: Lane Leaders Swim School joined La Rochelle GHS last year to bolster the coaching of swimming at la Rochelle GHS. Their continued coaching year attracted positive responses from the swimmers, and improvement. The Interhouse Gala took place on Tuesday, January 30th, with significant participation and great spirit among the learners. The following swimmers excelled in the pool: Londyn Samuels, Adelmari Barnard, Jeanette Müggenburg, and Sienna Ellis. La Rochelle swimmers then participated in the Boland B league and fared very well. Londyn Samuels and Adelmari Barnard participated at the Level 3 regional championship, where Adelmari received a silver and bronze medal. Adelmari also participated at the Freda Barnard gala in Oudtshoorn where she obtained 2 silver and 3 bronze medals. Biathlon: Anmi Slabbert and Mia van Zyl participated in the Boland Championships held at Hoërskool Hugenote on February 24. Mia was selected to represent the u17 team at the SA Championships in Bloemfontein on March 30. Netbal: Ons het die grootste aantal spanne per ouderdomsgroep in ’n baie lang tyd en ons leerders maak ons trots. Spesiale melding moet gemaak word van ons o/18A netbalspan wat geskiedenis gemaak het deur op 24 Mei 2024 vir Paarl Gimnasium 32-25 te klop en net ’n week later vir HMS Paarl met 36-26 te wen. Hierdie span speel daarna by die Topskole toernooi en wen in die uitspeelwedstryde vir Stellenberg, Paarl Gimnasium en HMS Paarl, om dus as die nommer een span in die Wes-Kaap te eindig. By die DSTV Topskole-toernooi in Florida eindig ons o/18A-span sewende in Suid-Afrika. Hierdie span word ook weer na die Wildeklawer-toernooi in Kimberley genooi, waar hulle 12de eindig. Verskeie spelers word gekies vir streeks-

en provinsiale spanne. Kyk gerus na die volledige netbalverslag in hierdie jaarblad vir meer inligting. Jade Atkins, gr. 12, is na verskeie oefenkampe as lid van die Protea o/21-netbalspan gekies. Die Baba Proteas, wat uit 12 spelers bestaan, speel op 17-23 Maart 2024 in die African World Cup Qualifying-toernooi in Pretoria. Jade is die jongste speler in hierdie oefengroep. Sy is in 2023 aangewys as die Telkom Netbalkampioenskappe se speler van die toernooi en by die ABSA Wildeklawer word sy ook as die speler van die toernooi aangewys. Net so ’n merkwaardige prestasie is Zahrah Noah wat ’n lid van die o/18 Wes-Kaapspan was en opgeneem is in die o/21 SA-groep. La Rochelle GHS hosted the second Fair Cape Netball Tournament from 27-30 March 2024. Some of the best U.18 netball teams from across South Africa participated at this tournament and were exposed to some unique Larrie hospitality. Dankie aan ons borge Fair Cape Dairies en Six Gun Grill. Hockey We are delighted to report a significant increase in the number of learners participating in hockey. Our hockey teams have shown remarkable improvement compared to previous years. Their hard work and determination are starting to pay off, and while we are not yet where we want to be, we are on a promising path. This year, special mention must be made of our U14 teams, who have demonstrated exceptional talent and sportsmanship. The U14A hockey team has been particularly outstanding, earning an invitation to participate in the inaugural “Rising Cup U14 Tournament” in Bloemfontein from 7 – 10 August 2024. This prestigious event is open to all U14 hockey teams ranked 13th and 30th on the SA School Sports Rankings. The team performed admirably and finished 4th in the tournament. La Rochelle GHS hosted the Challengers Cup for u.18 teams for the second time in 2024, with some tough competitors taking part from around the country. Muurbal: Die muurbalspan neem deel aan die All Girls’ Festival. Marli Liebenberg was deel van die Junior Boland-muurbalspan. Equestrian: Lara Myburgh, Summer Jardine, Juliette Stock and Rebecca McCarthy represented the Western Cape Team. On the Dressage South Africa Graded Show ranking, Rebecca is placed 3rd provincially and 4th nationally on Capitol Rouge, and on Evergreen’s Foxtrot, she is 1st provincially and nationally. Elena Kritzinger participates in the SA National Equestrian Championships and achieves 3rd, 5th, and 6th places. Chess: Leigh Adams and Inke Botma were invited to represent the Cape Winelands Development team at the Brian Raubenheimer Development Tournament. Cross Country: Since March 2024, Johan Fourie, one of South Africa’s best 1500m athletes in the 1980s, has been coaching our cross-country athletes. Ms Michelle Dykman, a top athlete, was appointed for an internship at La Rochelle, and thanks to her enthusiasm, the numbers for cross country grew exponentially. Tennis: Mnr. Duane Armstrong van die Pro Kennex-akademie behartig La Rochelle se tennisafrigting. Ons neem vir die eerste keer deel aan die Nelspruit Groot Vyf-toer en eindig vierde. Die eerste tennisspan eindig sewende uit 14 spanne by die All Girls’ Festival in Potchefstroom. Ander toernooie waaraan ons tennisspanne deelgeneem het, was die Marilie Moolman toernooi in Cradock en die o/15-gemengde-dubbels-toernooi saam met Boland Landbou in Stellenbosch.

Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School | 7

Made with FlippingBook - Online catalogs