La Rochelle Yearbook 2024
KOSHUIS-ONDERHOOFMEISIE
MARCÉL DIPPENAAR
O
O
D
B
S
E
K A
I
S
P
I
E
M
F
O
O
N
O
D
H
E
R
Huis LAR herinner my aan Spreuke 31:26-27. Dit lees as volg: Sy praat met wysheid, sy gee raad saam met liefde. Sy hou toesig oor alles wat in haar huis gebeur. Ons as prefekte het die jaar in 2023, by Bergrivier Draai, Te Waterkant, met ons koshuis prefektekamp reeds afgeskop. Tussendeur die swem, sonbaai en stokbrood maak, was ons spannetjie mooi saamgesnoer soos ‘n string blink pêrels om ‘n sukses van die komende jaar te maak. En was dit nie ‘n sukses nie. Januarie in die hittige Paarl het die tannie agter McDonalds se toonbank se ogies wyd gerek, toe ek die strokie vir 103 draairoomyse oorhandig. Sommer so twee koshuis-brakkies op ‘n slag het hulle ons by die agterdeur laat inglip om die roomyse te kry. Dankie tog die roomysmasjien was in werkende orde, maar ek is nie so seker of dit na die tyd nog was nie. By ons jaarlikse intergang swem, het ons eie lewensredder ironies genoeg, self ‘n beenkramp in die water gekry en die aand voor 4M was die matrasse uit die kamers gedra en in die gange neergelê vir ‘n allemuntige groot krismisbed. Cake & Body was ‘n hoogtepunt. Geelgang se 2-minute noodles koek het letterlik die koek gevat en die graad 8s, sowel as Eendracht, het vir ons dramas opgevoer. Blou se daisies het die beste herwonne rok gewen sowel as die aand se algehele wenner. Ek het nie gedink die meisies sal ooit harder kan gil as by
4M nie, maar duidelik is Cake & Body jou stem werd. Ons het ‘n nuwe eerste op ons koshuis-kalender gesit, ‘n huisdans, dankie Juffrou Bothma dat ons Juffrou se arm kon draai. Met die disco tema, was die aand alles behalwe eenvoudig en die Bolanders het ons snoepie behoorlik uitgeput. Die broodeet-kompetisie het ons koshuis-ysters ontbloot en Roos het weggestap met vanjaar se titel. Nader aan die einde van die jaar, moes ons net die nuwe TV in die studiesaal behoorlik inwy met ‘n fliekaand voor ons heel laaste item op die kalender: Oscars! Vanjaar se Oscars tema was die Olympiese Spele en aangesien die spele vanjaar in Parys was, het ons ‘n tradisionele franse gereg vir aandete geëet. Ons het die aand begin met ‘n Blooket ysbreker en daarna elkeen se sertifikaat en Olympiese suikerkoekies-medalje oorhandig volgens kategorie. Die aand was afgesluit met ons junior en senior best dressed . Oor die verloop van vyf jaar, was Huis LAR nie net ‘n bed en ‘n bord kos nie, maar ‘n familie. Dit huisves ‘n plek van soveel groei en herinneringe. ‘n Baie groot dankie aan ons prefekspan en Mia-Mickay. Dankie dat julle Spreuke-vrouens is. Sterkte aan die nuwe leiers vir 2025. Vat hom vas, want La Rochelle is nie ‘n plek
vir terugstaan nie. Marcél Dippenaar
KOSHUISPREFEKTE Voor: Nina Carstens, mev. Lida Hendrikse (Koshuisbestuurder), Mia-Mickay Steenkamp Hoofmeisie), mev. Sonnet Vorster (Superintendent), Marcél Dippenaar Onderhoofmeisie), mej. Adéle Bothma (Hoof Toesighouer), Nalene Visser Agter: Keira-Lee Koekemoer, Beate van Niekerk, Catherine Brandt, Aimee Farmer, Kyla Vienings, Kiera-Lee Abrahams, Emily Schoeman, Liza Jacobs
Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School | 43
Made with FlippingBook - Online catalogs