La Rochelle Yearbook 2024

HOSTEL HEADGIRL

So is nog ’n jaar van koshuisbrakkie wees verby, en met n seer hart is dit vir my en 38 ander matrieks ook weer tyd om te groet. Hoe sê ’n mens dankie vir ’n plek wat jou die geleentheid gee om jou vyf jaar in die blommetjiesrokkie soveel anders en spesiaal te maak as enige ander meisie se hoërskool ervaring?

So is nog ’n jaar van koshuisbrakkie wees verby, en met n seer hart is dit vir my en 38 ander matrieks ook weer tyd om te groet. Hoe sê ’n mens dankie vir ’n plek wat jou die geleentheid gee om jou vyf jaar in die blommetjiesrokkie soveel anders en spesiaal te maak as enige ander meisie se hoërskool ervaring? As jy vir my op 14 Januarie 2020 gesê het dat ek my volgende vyf jaar in ’n hittige Paarl-koshuis, saam met ’n groep onbekend meisies sal koester, sou ek so bietjie twyfel. Vandag kan ek sê dat daardie hartroerende gevoel - nie net van die hitte nie - maar die gevoel van behoort en deel wees van iets, is een wat jy met geen ander kan vergelyk nie. Om te kan sê jy het 206 ander sussies, waarmee jy lekker kan lag, baie trane kan deel en vir ure mee kan gesels, is ’n besondere voorreg. “Everything, everyone, all at once”, dit is wat ons vir La Rochelle-koshuis hierdie jaar en in die toekoms wil hê. Ons koshuis-slagspreuk was presies wat ek vir elke meisie en toekomstige koshuisgangers wens. Om altyd saam te staan as een, saam deel te neem, saam te lag en saam hierdie gebou werlik soos koshuis te laat voel. Te danke aan elke kwartaal se opwindende aktiwiteite wat ons almal saam kon geniet was daar geen oomblik wat vergete kon bly nie. Dit sluit alles in: vanaf Intergangswem, Cake & Body, broodeet-kompetisie, hierdie jaar se Olympiese tema Oscars en ons eie nuwe huisdans. Aan die koshuisbrakkies van 2020, ons wat almal opgekyk het na Milady Janke en versekerlik te bang was vir Milady Nikki, dankie vir julle entoesiasme en bydrae tot Huis LAR. Dit was ’n plek waar ons altyd liefde, aanvaarding en respek vir mekaar en ander kon toon. Dankie dat julle koshuislewe onvergeetlik gemaak het. Ons was werklik geseënd met ’n groep Daisies wat vinnig in elke Milady se hart geklim het. Dankie aan groengang

se Daisies wat my verseker te veel laat lag het en soms ’n paar debiete laat uitskryf het. Aan my twee rooikoppe, Kitshoff en Harry, baie dankie vir elke liefdevolle drukkie en kuiertjie. Ek glo elke Milady gaan julle oulike groep Daisies baie mis. Hierdie mooi ou gebou en sy goeie fasilteite sal nie sonder die dryfkrag van juffrou Adéle Bothma en juffrou Sonnet Vorster kon staan nie. Baie dankie vir julle ondersteuning, leiding en wyse woorde aan my - veral wanneer ek dit die meeste nodig gehad het. Dankie aan tannie Toekie, tannie Wyna, tannie Christel en tannie Christa vir julle harde werk en omgee-harte vir elke meisie. Onder die leiding van tannie Lida het julle julle uitstekend van julle taak gekyt. Hoe kan ek vergeet van oom Brittle, tannie Lindsay en hulle span vriendelike kostannies wat altyd enige iemand se dag kan op kikker met ’n heerlike bord kos, ’n bakkie poeding of ’n: “Hallo my sweetheart”? My laaste paar dankies gaan verskerlik aan my fantasiese prefekte-groep en Marcél Dippenaar. Julle het elke taak voluit aangepak en is ’n groep besonderse dames waarvoor ek baie waardering het. Sterkte aan die koshuis-hoofmeisie van 2025 en haar span. Onthou Liewe Jesus is aan julle kant en om mekaar ten alle tye te ondersteun. Ek wens julle alle sterkte toe vir die groot taak wat op julle wag. Dankie aan Hoër Meisieskool La Rochelle vir die beste vyf jaar waarvoor ek kon vra! Dit was vir my ’n groot voorreg om vanjaar die koshuis en sy hartsmense te kon lei. Al die uitdagings, groot verantwoodelikhede, baie pret en ure lange lekker gesels sal ek

vir niks anders verruil nie. Mia-Mickay Steenkamp

42 | Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School

Made with FlippingBook - Online catalogs