La Rochelle Yearbook 2024

JAARVERSLAG

Beste ouers, La Rochelle-leerders en vriende van die skool. Die jaar 2024 was ’n besondere besige jaar vir die leerders en opvoeders van die Hoër Meisieskool La Rochelle, en terselfdertyd ook ’n baie geseënde jaar. Een van die probleme waarmee die skool elke jaar ge konfronteer word, is ’n tekort aan koshuisverblyf vir leerders. Te danke aan die bemaking van me. Christa le Roux (oud skoolhoof) aan die La Rochelle Trust, kon die trust gedurende 2024 die Toringkerk se pastorie koop. Die naam van hierdie nuwe koshuis sal Huis DC le Roux wees en dit sal verblyf verskaf aan ’n opvoeder-egpaar (PC en Lynique Beneke), sowel as 12 leerders. Die koste van die verbouings sal ook deur die La Rochelle Trust gedra word en dit is dus die eiendom van die La Rochelle Trust en nie die WKOD nie. Duisende dankies aan almal wat kragte saamgespan het om te help organiseer aan die 4M-atletiekbyeenkoms van 2024. La Rochelle was vanjaar die gasheerskool en ons het ons gaste met styl en finesse ontvang. Die dag het regtig by ons karnaval tema gepas. Ons banier, kreet en dansers was die vertoonvenster van La Rochelle se kreatiwiteit en uitnemendheid. Ons atlete het op die baan geblom en gewys hoeveel deursettingsvermoë ons het. Dankie ook aan ons hoofborge, Paarl Valleij Lifestyle Estate and Farm en Vital. Dit is vir ons ‘n voorreg om met hierdie uitstaande instansies geassosieer te word. Dankie ook aan ons ander borge: Pam Golding, ISDIN, Rain, NWU, RK, Fuel en Sticitt. Gaan lees gerus die pragtige berig wat Erin Meyer vir die Avanti-skoolkoerant oor hierdie geleentheid geskryf het. During the weekend of 15-18 March 2024, La Rochelle GHS and Boland Agricultural School started a new tradition of participating in hockey, netball and rugby against Outeniqua High School in George. On Friday, 15 March around 300 very excited learners and teachers climbed on buses for Hartenbos, where the Larries stayed for the weekend. The netball teams played against Langenhoven HS in Riversdal en-route, and hockey teams played against York and Glenwood, before having a social event with Boland Landbou on Friday evening. All netball and hockey teams played against Outeniqua on Saturday. This event was specifically organised so that all students, not just the A-teams, could experience the enjoyment of a tour. STAFF As always, the strength of La Rochelle Girls’ High School lies in the dedication and expertise of her staff. This year, we welcomed several new members to our team who have made a positive impact: On the academic side, we are pleased to have Mrs. Ella Fick joining our Afrikaans department, Mrs. Lynique Beneke bringing her energy to Life Orientation, Technology, and Athletics, Ms. Jonicia Blommetjies contributing to our English department, and Mrs. Hannelien Groenewald taking over Engineering Graphics and Design (EGD). Our Wellness team has expanded with the addition of Mrs. Jané du Toit and Mrs. Elmarie Swanepoel, whose care and compassion are invaluable to our learners’ well-being. We further strengthened our Sport Office with the appoint ment of Mr. PC Beneke as Head of Sport, and we are proud to welcome back old-girl Melissa Swanepoel, who will support our athletics program and oversee the use of facilities.

BABAS

Ava-Mari Meades

Mnr. & mev. Burger & Leah

Mnr. en mev. Neethling & Jozua

Mev. Elsabé Conradie, me. Amanda Lochner, mevv. Sonnet Vorster & Johanna Heydenrych by mev. Vorster se afskeid.

STAFF

Mev. Ella Fick

Mev. Hannelien Groenewald

Mev. Lynique Beneke

Me. Jonicia Blommetjies

Mnr. PC Beneke

Me. Kirsty Nel

Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School | 3

Made with FlippingBook - Online catalogs