La Rochelle Yearbook 2024
TENNIS
TENNIS Na die Desember-vakansie het die tennisspan die jaar 2024 in die gesig gestaar. Die spelers het huiwerig hulle alarms vir 05:15 gestel – skrikkerig vir Coach Duané se berugte oggendsessies. “Kan ek nog ooit ’n bal oor die net slaan?” was wat die meeste van ons stilletjies gewonder het op pad na die eerste oefening. Skaam-skaam het ons ons eerste liga-wedstryde aangepak. Ons eerstespan het ontwikkel van skugter, vriendelike dogtertjies wat nie mekaar geken het nie tot susters wat saam presteer en nuwe hoogtes bereik. Die eerstespan het deur die loop van die jaar aan drie tennistoernooie deelgeneem. In Februarie het ons op ons vliegtuig geklim en vol opwinding gaan deelneem aan Hoërskool Nelspruit se jaarlikse Groot Vyf-tennistoernooi waar ons ’n vierde plek behaal het. Die lugdruk het maar ’n gereelde faktor in ons toernooie geword. Ons het toe weer in Mei saam met die res van die Larries op ’n bus na Potchefstroom geklim waar die “All Girls’ Festival” vir talle meisieskole regoor Suid-Afrika hierdie jaar gehou is. Hier het ons bietjie meer bekende gesigte raakgeloop van ander meisieskole soos Paarl Girls’ High en Bloemhof. Hier het ons
ook die geleentheid gehad om ons Larrie-maats, wat nie tennis speel nie, te ondersteun tussen ons wedstryde en het ons selfs ’n draai by die Noord-Wes Universiteit gemaak om hulle opedag te geniet. Daarna was dit eers weer eksamentyd, maar oefen het ons geoefen – dwarsdeur die winter. Soos die deelname toegeneem het, het die kwaliteit van elkeen se spel verbeter. Ons moes immers onsself voorberei vir die jaarlikse hoogtepunt – die Marilie Moolman-toernooi in Cradock. Daar het ons weer skooltyd opgegee vir tennistyd en ons harte uitgespeel – in 4°C of 30°C. Ons het met ou vriende gesels en saam met ons skoolhoof haar tuisdorp platgery. La Rochelle se vlak van tennis het deur die loop van hierdie jaar ongetwyfeld gestyg en die deelname het met soveel gretige nuwe spelers toegeneem. Die opwinding, uithouvermoë en dissipline wat die meisies by elke oefening ten toon gestel het, maak dit oor en oor die moeite werd. Trots mag die skool maar wees – ek is beslis. En Avant. Mari Joubert – Voorsitter
TENNIS 19A+B Voor: Skyler Riddles, Mari Joubert (Kaptein), mnr. Duane Armstrong (Afrigter), Mia Pieters, Christine Kingsley Agter: Isobel Kröhn, Tineke Louw, Amelie Pelham
TENNIS 15 Front: Christine Kingsley (Captain), Mr Duane Armstrong (Coach), Zikho Hanase Back: Sienna Schabbort, Johani Steyn
TENNIS
Hoër Meisieskool La Rochelle | Girls’ High School | 137
Made with FlippingBook - Online catalogs