La Rochelle Yearbook 2023

Koshuis-onderhoofmeisie

Groengang was die wenners van die koek met hulle “ Shrek -”tema en Roosgang die konsert en algehele wenners. Derde Kwartaal: Die prettige Oscars is afgestof. Die koshuisleerders kon vir hulle maats in elke graad in verskillende kategorieë van “ Who is most likely to …” stem en die wenners het elkeen ’n sertifikaat en ’n prys ontvang. Die jaarlikse broodeetkompetisie is met groot gees voortgesit en Groengang het die titel met trots verwerf. Baie dankie aan juffrou Adéle Bothma

Anerine van Wyk

Dit voel onwerklik om te dink dat vyf-jaar van Larriewees verby is. Die

wat ons gelei het. Ek het so baie by Juffrou geleer oor hoe om na dinge te kyk, belangrike besluite te neem en ’n ware leier te wees. Dankie aan die prefekspan van 2023 vir julle entoesiasme, bereidwilligheid en wonderlike idees. Dit was ’n fees en ’n voorreg om saam met julle te werk. ’n Spesiale dankie aan Frankie. Ek sou saam met niemand anders hierdie pad van leierskap wou stap nie. Dankie dat ons mekaar kon aanvul en opbou. Jy het ’n hart van goud en het die koshuis se naam so hoog gehou. Baie sterkte aan Mia-Mickay en Marcél vir volgende jaar, ek weet julle gaan ’n uitstekende span maak en die koshuis met trots lei. Ons leuse vir die jaar was “ Different flowers, same garden ”, wat by 2022 se tema van “ Sisterhood ” aangesluit het. Elkeen van ons is verskillend, maar ons staan saam en ondersteun mekaar omdat ons almal uit dieselfde tuin kom. Mag elke voornemende koshuis-Larrie soveel passie en liefde vir die koshuis hê soos wat ek gehad het. En Avant!

koshuis en sy mense het so diep in my Karoo-hartjie ingekruip dat dit moeilik is om totsiens te sê. Om ’n koshuiskind te wees is spesiaal – nie almal sal saamstem nie en nie almal sal dit verstaan nie. ’n Koshuiskind sê altyd “asseblief” en “dankie”, sal nooit “nee” sê vir ’n tweede skeppie kos nie en weet beslis hoe om te bedel! Koshuislewe beskryf ’n eenheid, waar susters saam staan en ’n plek waar hartsvriendinne gemaak word. Dié plek was werklik my tweede huis die afgelope vyf jaar en sal altyd ’n plek in my hart hê. Aktiwiteite wat ons gedurende die jaar aangepak het, sluit die volgende in: Eerste kwartaal: “ Daisy- en Steggie oriënteringsmiddag”, waar die Larrie-daisies en Landbou-steggies mekaar leer ken het, vlugbal gespeel het en ’n worsrolletjie en ysies geniet het. Tweede kwartaal: Die jaarlikse “ Cake en Body ”, waar elke gang op ’n tema besluit, die matrieks daarvolgens ’n koek versier en die graad 8’s ’n konsert opvoer.

43 LAR

Anerine van Wyk

Onderhoofmeisie

Koshuisprefekte Voor: Kayleigh da Silva, Anerine van Wyk (Onderhoofmeisie), mej. Adéle Bothma (Hoof Toesighouer), mev. Sonnet Vorster (Superintendent), mev. Lida Hendrikse (Koshuisbestuurder), Frankie Montgomery (Hoofmeisie), Alix Hammond Agter: Janie Snyders, Jessica Eckhardt, Johré Blommetjies, Ine le Roux, Monja Strydom, Zenade October, Emma Koch, Emily Williams

La Rochelle Hoër Meisieskool | Girls’ High School Paarl

Made with FlippingBook - Online magazine maker