La Rochelle Yearbook 2023
Ontluikende Skrywers
sak. Sy trek ’n warmer hemp oor haar kop en voel-voel onder haar bed vir haar stewels. In die gangkas, vind sy die geweer en koeëls. Die geweer dra sy oor haar skouer; die koeëls prop sy in die voorkant van haar sak. Buite haar deur, staan sy eers vir ’n oomblik. Daar stap ’n paar kinders, tieners dalk, verby haar met plakkate. Hulle gesigte lyk donker en vreesloos. Hulle is op pad na Breiweg, waar al die kantore geleë is. Die plek wat sy vermy sedert daardie dag, die plek waarheen sy nou op pad is. Die plek wat haar onskuldige tienerjare van haar verneem het. Breiweg is ’n redelike ent. Op pad soontoe, kom meer mense by met hul plakkate. Ons stilte kan nie gekoop word nie! Die omgewing het ons nodig! Die Aarde se asem kan nie gekoop word nie! Julle geld beteken niks sonder ons Moeder Aarde nie! Die strate soontoe is rooi gevlek. Geboue is leeg. Ouers met babas op die sy kom by. Ou ooms met kieries kom stadig aangestap. Almal verenig teen die onreg van die samelewing. Breiweg kom in sig. Die hoë geboue omring deur tralies en wagte wat met gewere en honde wat dae laas gevoer is hul pad op en af patrolleer. Anne gaan staan stil. Breiweg beskerm die wat destyds op die kantlyn gestaan het, die met die mag. Van agter daardie hekke word die besluite geneem – wat staan in die koerante, wat word gesê, wie word na geluister. Daar is ’n skare voor die hekke vandag. Net soos daardie dag. Daardie koue middag in Augustus was ook gevul met proteste. Proteste oor alles waaroor hulle vandag nog protesteer. Niemand was ’n gevaar nie – tot daardie splitsekonde, die sekonde wat daardie sneller getrek was, daardie bekende skreeu deur die koue Augustus lug eggo en toe breek chaos uit. Mense het probeer wegkom. Ouers het hul kinders nader getrek. Kinders het gehuil. Plakkate was op die grond gegooi en voetspore oor gelaat. Anne het probeer sien. Probeer sien wie die slagoffer was, maar niks het haar voorberei vir wat sy voor haar sou sien lê nie. Anne druk vorentoe. Sy hoor die fluisterstemme. Dan hoor sy ’n jong meisie se stem, sy skree. Anne sien die geweer eerste, dan die een agter die geweer. Die meisie staan met haar bors uitgedruk en praat, asof sy haar hele lewe al voorberei het vir hierdie oomblik, asof sy weet dit is waar alles begin en waar alles sou eindig. Die meisie staan kaalvoet, haar plakkaat in haar linkerhand langs haar sy. “Wat van ons? Wat van ons jongmense? Julle neem besluite, maar wat van ons? Ons toekoms is nog voor ons, maar wanneer julle in julle graf lê, moet ons julle gemors skoonmaak!” skreeu die meisie. Anne sien iets bekends in haar. Die trane swel in Anne se oë, sy weet dit is vryheid van spraak, maar tog weet sy hoe hierdie gaan eindig. Sy kyk na die uniform van die persoon agter die sneller. Die naamlose, lewelose figuur. Die meisie hou aan praat. Anne sien hoe die figuur se vinger om die sneller krul. Anne spring voor die meisie in met haar gelaaide geweer gerig op die figuur. Die skare is in skok. Die meisie bly staan agter Anne. “Hardloop,” beveel Anne haar. “Sit neer jou geweer of...” skreeu die onbekende figuur. “Of wat? Gaan jy my skiet? Nes julle my suster geskiet het en al die ander na haar.” Anne se stem bewe. Daar is doodse stilte. “Meisie, ek weet nie wie jy is nie, maar jy trap op ’n lyn wat nie deur jou getrek is nie.” “Nee! Weet jý wat, júlle het my suster vermoor! En wat het in die koerant gestaan? ‘ Jong dame geskiet weens oortreding ’. Sy het absoluut niks verkeerd gedoen nie, net die feite gestel. Hoeveel ander, hoeveel meer gaan julle vermoor omdat hulle die waarheid, die feite van ons toekoms stel.” ’n Skoot klap. Eers voel Anne dit nie, maar dan sien sy die bloed. Baie bloed. Sy dink aan haar suster. Sy hoor nog haar suster se skreeu wat eggo deur die koue Augustus middag. Sy sien nog die plakkaat wat langs die liggaam lê. Sy onthou elke oomblik soos gister. Anne val grond toe. Die landkaart in haar sak was toe verniet. Sy sou dit nooit binne gemaak het nie. Sy sou nooit hulle kon oorwin nie. Alles het begin met ’n skoot en alles, soos Anne dit geken het, het geëindig met ’n skoot.
Haar woorde speel oor en oor in my kop. Ek probeer harder. Dag 6672 (18 jaar oud). Ek probeer nog steeds. Jare lank, vertolk ek die rol soos jy dit wou sien, speel ek met poppe wanneer ek net in die modder wou hardloop, dra ek rokke en grimering wat jy vir my uitgekies het. Ek kerf nog steeds weg aan die lelike, vrot stukkie hout wat voor jou wegsplinter. Ek kan nie dit meer doen nie. Ek is ’n mens, die babadogtertjie wat jy gemaak het. Ek is nie sterk soos hout of koud soos marmer nie. Ek huil. Ek bloei. Ek voel – ek voel hoe jy die splinters uithaal en hulle een vir een terug steek in my bors. Ek is ’n mens, jou mens, NIE jou kunswerk nie. Mia Blaauw Grade 12 Medisyne vir die siel Wye oop Karoovlaktes. Dit is waar ek wil wees. Dit is waar my siel behoort. Terwyl die son sak en die goue strale lewe bring aan die vaal-groen bossie-landskap van die dag, word my hart gevul met n gevoel van volmaaktheid. Binne my is daar n passie wat brand vir die plek, die klimaat, landskap en die mense, maar meeste van alles die manier van lewe. Lewe met dankbaarheid vir elke dag se genoeg en seëninge wat nie vanselfsprekend aanvaar word nie. Lewe uit genade, want so baie dinge is nie binne jou eie beheer nie. Elke dag is hard werk en jou brood verdien, maar aan die einde werk jy net om vir geliefdes te voorsien. Gemeenskap, is hier nie eenvoudig net n klomp mense wat op dieselfde plek bly nie. Hier is dit ’n ondersteuningsnetwerk wat sonder einde sal aanhou gee en help, al het hulle self nie genoeg nie. Elke glimlag is opreg, elke lang gesels op die Koöperasiestoep bou en ondersteun. Hier in die Karoo woon hartsmense. In die Karoo is die liefde ook anders. Daar is ’n gedeelde passie vir die plek, diere, mense en die atmosfeer. ’n Opofferende liefde wat uit sy pad gaan vir ander en nooit sal ophou hoop hê tot die stryd verby is nie. Deur droogtes bly dit, by jou, by my. In die groen jare word daar opgebou en gespaar, maar ook in oorvloed uitgedeel. ’n Passie vir die plek brand so helder binne my dat ek eenvoudig nie weet wat anders om met my lewe te doen nie. Eendag sal ek daar bly en elke dag die grond waarop my pa geboer het en sy pa voor hom, bewerk en beskerm. Leef vanuit die aarde en dit wat om jou beskikbaar is en elke laaste druppel of krummel gebruik, want mors is nie ’n opsie nie. Al word daar gesê daar is geen plek vir n vrou in ’n boerdery nie, sal ek plek maak. Ek sal myself bewys en die passie in my uitleef. Al is ek nie die slimste, sterkste of noodwendig die beste gepas nie, gebruik ek dit wat ek het. Hierdie plek met sy wye oop Karoovlaktes is medisyne vir my siel. Anerine van Wyk Grade 12 Tevergeefs Alles het begin met die proteste. Die oorverdowende geskreeu, kinders wat met plakkate in die strate rondgedwaal het en polisie wat met gewere die paaie patrolleer het. Dit het alles begin deur daardie een skoot wat afgegaan het, een kind se skreeu wat weergalm het in die strate – alles het daardie dag verander, ’n skeiding was tussen die mensdom en die wat op die kantlyn staan, getref. Anne sit op die vloer met ’n groot landkaart uitgesprei oor die vloer. Rondom die landkaart lê klomp papiere; inligting. Met haar regterhand trek sy ’n groot rooi kruis oor ’n bekende gesig, ’n vrou ongeveer dieselfde ouderdom as sy. Anne luister na die verbygaande ambulans en polisie sirenes wat eggo deur die nag. Haar hand begin bewe soos sy ’n kruis op die landkaart trek. Anne kyk na die foto’s op die muur, gevul met glimlagte. Sy gaan maak vir haarself koffie en lees deur hierdie week se koerant. Tien aktiviste geskiet weens oortreding. Anne lag saggies toe sy die berig lees. Dit is wat hulle doen – verf koerante vol leuens sodat mense met hoop gevul word. Hulle laat mens glo dinge word beter. Hulle laat mens glo daardie mense het dit verdien, maar vergeet hulle het families en geliefdes, vergeet hulle het elkeen ’n storie gehad; ’n rede hoekom hulle op die verkeerde plek die verkeerde tyd was. Anne skrik wakker toe sy die skote hoor. Haar beker koffie is yskoud. Vrees oorspoel haar liggaam. Een voet voor die ander vind sy haar pad na die venster – niks in die straat, maar dit het naby geklink. Haar hart bons soos ’n kind opsoek na lekkers in haar bors. Die lig bo haar kop flikker en skakel dan af. Anne stap na haar bed toe, gryp ’n paar kledingstukke, prop dit en die papiere in ’n sak. Sy stap na die yskas, vat ’n paar waterbottels en blikkies kos – prop dit ook in die
35 LAR
Bianca van der Walt
Grade 12
La Rochelle Hoër Meisieskool | Girls’ High School Paarl
Made with FlippingBook - Online magazine maker