La Rochelle Yearbook 2023
Ontluikende Skrywers
Anders Met ’n wit rok deur die lang gras, dans sy asof niemand kyk nie met sy oë op haar. Deur die reën dans sy asof niemand kyk nie, in die arms van iemand... onbekend vir die blote oog. Oor ’n plas weerklink hulle voetspore... op pad weg, weg van alles, weg van die samelewing wat neerkyk op hulle liefde.
Lloyd steek sy hand uit om haar te groet. Dan sien hy haar handskoene. “Sy is binne, sy slaap. Jy kan nie lank bly nie,” sê Yolandi se ma. Lloyd stap huiwerig in die huis in. Toe hy omdraai om te vra waar Yolandi se kamer is, is die vrou skoonveld. Toe hy opkyk by die trappe, sien hy ’n deur wat op die skrefie oopstaan. Reenboog liggies spoel deur die opening. Hy stap versigtig by die trappe op en staan voor die deur, die deur kreun liggies toe hy dit oopstoot – regte antieke huis. Yolandi ruk skielik regop vir die klank. Sy skrik toe sy vir Lloyd sien – die laaste persoon wie sy sou verwag om nou in haar kamer te staan. Yolandi spring uit die bed en hardloop na haar lessenaar toe, waar sy ’n paar boeke bo-op mekaar stapel. Lloyd stap in haar rigting en vat aan haar arm. Hy het haar nog nooit so verwilderd gesien nie. Sy lyk asof sy weke laas gestort het, met haar skoolklere aan lyk sy vaal; asof sy enige oomblik gaan breek of in ’n hopie stof gaan verander. Toe sy na hom kyk, sien hy die trane opgeswel in haar oë. “Ek is jammer,” sê sy met ’n bewerige stem. “Vir?” “Dit is net – jy ken my nie so nie. Ek wou nog nooit gehad het mense moet my so sien nie, so gebreek.” “Hey, kyk vir my,” hy neem haar hande, “Jy is nie gebreek nie.” “Jy ken my nie, Lloyd. Jy weet nie hoe donker dit raak nie. Jy weet nie hoe ek elke dag na skool in my bed val en net begin huil nie. Jy weet nie dat as ek koffie of warm sjokolade drink, dat dit is wanneer ek op my gelukkigste is nie. Jy ken my nie vir die gemors wat ek is nie.” Lloyd hou nog haar hande vas. “Jy weet nie wat ek vir jou wegsteek nie...” Yolandi se stem sluk al die lug rondom hulle in. “Yolandi, ek ken jou. Jy is die brawe meisie wat my gevra het oor my naam. Jy hou van 2 suikers in jou koffie, maar geen in jou warm sjokolade nie.” Yolandi se hande raak skielik yskoud, dan begin har vingers swart verkleur. Lloyd laat val haar hande. “Jy ken my nie, Lloyd. Ek was nie gemaak om hier te wees nie.” Yolandi was nooit reg gewees vir hierdie dag om aan te breek nie – die dag wat die heelal haar terug sou eis. Toe sy Lloyd ontmoet het, het hy alles verander – haar rede gegee om te wou bly, maar nou is dit haar tyd om terug te keer... na waar sy hoort – tussen die sterre. Bianca van der Walt Grade 12 Jou Kunswerk Ek kan marmer wees. Ek kan hout wees. Ek kan sterk wees, soos jy stukkie vir stukkie aan my vorm gee. Ek kan hard wees en moeilik wees om mee te werk, soos ’n bal uitgedroogte klei, sonder ’n druppel water. Jy kan die dele waarvan jy nie hou nie wegkap of kerf en my splinters uit jou vingerpunte trek, als om jou perfekte beeld te skep. Jy is die kunstenaar. Dag 1: Dokter Slabbert gee vir jou ’n piepklein poppie aan, gekokon in komberse en doeke. In jou arms, vasgedruk teen jou warm bors, lê die perfekte beeld. So perfek, so rustig, so netjies – die hoekies is alklaar afgeskuur, sag en rond. Kon dit nie vir ewig so bly nie? Dag 1461 (vier jaar oud). Elke dag leer ek nuwe dinge. Ek leer hoe om te praat en hoe om te luister. Ek leer van vader Kersfees en die tandemuis. Elke dag vorm jy verder aan my en vertel my stories oor jou lewe, maar hoe meer ek van jou leer, hoe meer kap jy weg aan my. “Moenie so hang aan hulle nie! As jy vriende wil maak, moet jy normaal wees,” sê jy vir my, so ek gee minder drukkies. “Is jy regtig honger, of is jy net lus?” sê jy vir my. So, ek skep nie meer as ’n tweede bakkie pap nie. Ek vertel vir myself dat ek dankbaar moet wees, dat ek leer uit jou foute. Dis ’n goeie ding – ek kan perfek wees. Ek kan meer soos jy wees, so ek kan self begin kerf. Ek kan op my tong byt eerder as om terug te praat. Ek kan ophou drukkies gee as jy wil hê ek moet vriende maak. Ek kan die dele van jou beeld wat uitgekap moet word uitmerk oor my liggaam. Die dele wat terugpraat en skree, die dele wat te veel en te ekspressief is, die dele wat te veel of te min soos jy lyk. Ek sal die kunstenaar wees, wat die messie vat en wegsny aan die beeld. Is dit al genoeg? Jou kritiese gluur sê vir my ek is nog nie reg nie, nog nie perfek nie. So jy kerf self verder. “Hoekom is jy so ondankbaar?”
Met ’n wit rok en bruin vlekke dans sy met hom
asof niemand kyk nie, met sy groen oë op haar haar oë op hom en die heelal tussen hulle. Bianca van der Walt
Grade 12
Die heelal se stem Sy was nooit reg vir die dag om aan te breek nie. Toe daardie skoolklok lui en mense se skouers teen hare gedruk het, was sy nie reg nie. Toe die druppels op haar wange val en die reuk van petrol haar neusgate vul, was sy nog nie reg nie. Toe sy by die huis kom en onder haar komberse inkruip, was sy nog nie reg nie. Die wêreld sou heeltemal anders wees as sy haar oë oopmaak... sy was nie reg nie. Yolandi luister na die koffiemasjien se skril stem wat deur die koffiewinkel weerklink. Sy kyk na die kelner wat van agter, die toonbank skoonvee. Hy kyk kort-kort in haar rigting. Lloyd, lees sy naamkaart. Sy is onseker oor hoe om dit uit te spreek, of jy beide of slegs een van die l’e uitspreek. Haar arms word omvou met hoendervleis, of hoendervel, hoor sy haar Afrikaanse juffrou se stem in haar oor. Dit is ’n koue dag, die wolke hang dig oor die dorp. Vanoggend was dit nog sonnig, so sy het nie ’n baadjie byderhand nie. Weke het so verby gegaan, bekers koffie het haar wakker gehou. Tot eendag... Lloyd skuif in op die stoel oorkant Yolandi. Hulle begin praat. Nie lank nie, toe begin leer ken hulle mekaar, maar daar was altyd iets wat Yolandi nie vir Lloyd kon sê nie en soos die tyd aan gestap het, hoe moeiliker het dit geword om vir hom te sê, hom te vertel dat sy nie lank in sy lewe gaan wees nie. Lloyd het geweet Yolandi steek iets weg, dat haar lewe verberg meer as wat sy voorgee. Hy het agtergekom hoe sy haar moue vashou wanneer hulle praat. Hoe sy na elke paar sekondes verwilderd by die venster uit gestaar het, asof sy weg hardloop van iets... of iemand. Hy het gekies om dit te ignoreer, vir haar daagliks koffie gebring en gesels oor oppervlakkige kwessies, soos die weer en die abstraktheid van Wiskunde. Winter het gekom en hy het haar al minder begin sien en as sy daar was, het sy ’n boek onder die arm, besig om te leer terwyl sy koffie vervang met warm sjokolade. Hy het begin bekommerd raak, toe sy weke laas die koffiewinkel besoek het. Lloyd het na Oom Leon se winkel oorkant die straat gestap. Hy het altyd alles geweet wat in die dorp aangaan. Die klokkie lui toe Lloyd die deur oopmaak en ’n plank kraak onder sy voet. “Wat soek jy?” vra oom Leon humeurig, tot hy opkyk en vir Lloyd sien. “Oom... ek is opsoek na iemand.” “Laat ek raai, die Van Wyk dogtertjie? Ek het haar self lanklaas gesien, maar Boet, jy moet passop, daardie gesin is te geheimsinnig.” “Wat bedoel Oom?” “Lloyd, ek het nog nooit haar ouers gesien nie, maar die meisie...” “Weet oom dalk waar hulle bly?” “Daar in die woud, weg van die geraas en skinder.” Lloyd en Oom Leon praat nog ’n tydjie en dan groet Lloyd. By die voordeur van Yolandi se huis, staan Lloyd huiwerig. Die huis is groter as wat hy verwag het – groter as die huise in die dorp. Die deur gaan oop, voor hom staan ’n middeljarige vrou, seker Yolandi se ma. Sy lyk verras toe sy vir Lloyd sien, sy kyk hom op en af en dan fokus sy op Lloyd se gesig.
34 LAR
La Rochelle Hoër Meisieskool | Girls’ High School
Made with FlippingBook - Online magazine maker