La Rochelle Yearbook 2023

Societies

Wetenskapklub Die Wetenskapklub het Nviro Tech in Wellington besoek om te sien hoe voedseltoetse gedoen en voedselveiligheid verseker word. Die berekening van die voedingswaarde in veevoer is ook bespreek. ’n Werkswinkel van verskeie chemiese eksperimente is gereël, terwyl Fisiese Wetenskappe ekstra klasse vir die junior grade aangebied is. Die klasse, ter voorbereiding vir die eksamens en toetsreekse, is goed bygewoon. Die jaar is op ’n vrolike noot met ’n wetenskaplik-akkurate fliek afgesluit.

Wetenskapklub Voor: Caitlin Henderson, Rita Bergh, mev. Hannatjie Naudé (Koördineerder), Marcél Dippenaar (Voorsitter), Mena Louw Agter: Robyn Hinderberger, Marené Robertson, Suné Kruger

Marcél Dippenaar Voorsitter

Noodhulp Voor: Mia Rossouw,

Nalene Visser, Anerine van Wyk (Voorsitter), mev. Monika Burger (Koördineerder), Juané le Roux (Ondervoorsitter), Darion Kok, Elizabeth Reeder 2de ry: Mila Steyn, Lauren Handorf, Tinette le Roux, Karli-mari Roux, Nika de Wit, Kara Smith, Kayleigh Da Silva, Liza Jacobs Agter: Iris Saunders, Jana Kriel, Danielle Carr, Eva Smit, Jeanmari Basson, Mila Malharbe, Marli Liebenberg, Kyla Vienings, Rita Bergh, Rachel Jewell

110 LAR

Noodhulp Ons jaar het afgeskop met ’n opgewonde span van 25 Larries, onder leiding van mev. Monika Burger as koördineerder en oom Jacques Philander as haar regterhand. Die span is gelei deur Anerine van Wyk as voorsitter en Juané le Roux as ondervoorsitter. Ons doel vir die jaar was om die diensbeurte by tuiswedstryde gelyk onder die lede te versprei en nuwe hemde te ontwerp en te laat maak. Daar was ’n paar koue wintersdae langs die hokkievelde en netbalbane, maar ons span was paraat en altyd gereed om diens te doen.

This year our annual First Aid Levels 1 – 3 training took place on 19 – 21 July. It was most heartening to welcome all the newcomers who completed the courses. We also had four successful opportunities to donate blood at school. ’n Groot woord van dank aan die komitee wat gehelp het om, onder andere, plakkate te ontwerp en noodhulpsakke te pak. Ons waardeer elkeen se insette opreg. Laastens, baie dankie aan die span wat altyd bereid was om onbaatsugtige diens te lewer. Ek gaan beslis na hierdie Larrie-span verlang!

Anerine van Wyk

Voorsitter

La Rochelle Hoër Meisieskool | Girls’ High School

Made with FlippingBook - Online magazine maker