La Rochelle Yearbook 2023
Annual Report
Robotics Team in the Western Cape. Explorer Prime Category : Isla Williams, Michaela du Preez and Kendall Fortuin achieved a bronze certificate and ended 40th in the country. Robo Mission – Senior Category: Jana Kriel and Suné Krüger received a bronze certificate, placing them 27th in the country. La Rochelle ranks as the third best high school in Robotics in the Western Cape. The Larries were afforded the opportunity to enrol for the First Aid Levels 1 to 3 Courses and during the year, several blood drives took place for the learners and their parents, thereby making a positive impact on the community. Wellness, Camps, Seminars and Training Sessions
Mev. Heydenrych, me. Amanda Lochner & mev. Elsabé Conradie
Matriekafskeid – Ashanti
Klubs en Verenigings The Outdoor Club explored nature with Ms Annadene Malan. They had a camp on 10 February and then went on hikes to explore the mountains around Paarl and Stellenbosch, while they also hiked up Table Mountain. The Eco-Club went on an outing to an aquaponics farm in Stellenbosch and attended several workshops. In April, in collaboration with the JTC, they undertook a clean-up operation in the Arboretum. Die Filmklub besoek Galileo Nederburg in Maart vir die vertoning van “ Mamma Mia ”. Die Fotografieklub reël verskeie werkswinkels. Die lede sit hand by om al die aktiwiteite by die skool op kamera vas te vang. Dankie aan oudleerder, Gerda Barnard, vir haar bydraes gedurende die jaar. Wetenskapklub : Een van die hoogtepunte is die besoek aan NviroTech in Wellington. Leerders word deur die laboratorium geneem en die prosedures van voedseltoetsing om voedselveiligheid te verseker, is bespreek. Die samestelling van veevoere word ook hier getoets en die Larries word aan al die chemiese stappe bekendgestel. Verskeie werkswinkels waartydens chemiese eksperimente uitgevoer is, is gedoen. Die klublede span saam om vir die juniorgrade ekstraklasse aan te bied, waartydens vraestelle uitgewerk word ter voorbereiding van die toetsreekse en eksamens. Die jaar word afgesluit met ’n genotvolle aand waartydens ’n wetenskaplikakkurate film, “ The Martian ” vertoon is. Interact , soos in die verlede, reik uit na die gemeenskap: Hulle neem, onder andere, paaseiers na Rusoord Ouetehuis se inwoners en personeel; brood vir Monte Christo Miqlat ; klere vir Hospice (Paarl) en toiletware vir Huis Andrew Murray in Wellington. Die geld wat ingesamel is tydens civviesdae word aan verskeie organisasies geskenk. Robotics Club : It was the first year in which the PetalTech Robotics Club participated in Robotics competitions. We entered the First Lego League , where we competed in the robotics challenges, as well as developed an innovation project. For the latter, learners designed a hologram which can be used to host art exhibitions in under-resourced communities. We also entered three teams in the World Robotics Olympiad , where we obtained the following results: Explorer Prime Category : Isra Moerat, Hanaan Gaffoor and Farynn Cupido received a silver certificate and were placed 25th in the country. They were the number one High School
Die jaar skop af met die gr. 8’s se Daisy-kamp. Al die gr. 8’s slaap in die koshuis oor, waar hulle mekaar beter leer ken. Hulle woon lesings by, dans, beoefen atletiek en swem en vorm sommer ’n hegte band. Die kamp word afgesluit met die Daisy-en-Milady-piekniek saam met die nuwe gr. 8-ouers. The Ignite learners enjoyed their annual seminar at Karmel, Franschhoek from 20 – 22 January. Thank you to Mrs Shanje Maree and Sarah and Dewaldt Scholtz for their leadership and inspiration. Die tema van die gr. 11’s se kamp in Kleinmond is “ Survivor ”. Die doel van die spanbou-sessies oor die twee dae is om die Larries vir hul matriekjaar in 2024 voor te berei, asook om ’n groepsgevoel te vestig. The Grade 9 Camp was held in the beautiful mountains at the Mispah Campsite near Grabouw. Activities included team building, getting to know one another better and going on a hike. Spesiale tradisies Die baadjie- en pêrelseremonie vind op 31 Januarie plaas. Die Daisies ontvang hul baadjies van hulle Miladies en die matrieks ontvang ’n stelletjie pêreloorbelle vanaf die skool. Dit is slegs die matrieks se voorreg om pêreloorbelle saam met hulle skoolklere te mag dra. The Daisy and Milady Fruit Festival was once again a day filled with fun and laughter and the Grade 8s did not disappoint with their creative costumes. Die Opedag vind op 15 Februarie plaas en ons het weer eens besef dat ons trotse leerders ons beste bemarkers is. Dankie aan almal wat as toergidse opgetree het. We commemorated Founders’ Day on 10 August 2023 and celebrated 163 years of excellence. Glansgeleenthede Beide die gr. 11-winterbal en die gr. 10-dans vind in die skoolsaal plaas. Die Pa- en dogteraand is baie prettig en die pa’s stel weer eens nie teleur met hulle prettige uitrustings vir die tema “ A Blast from the Past ” nie! Die Matriekafskeid vind by Ashanti plaas en die matriekleerders lyk pragtig en stylvol. Dankie aan mevv. Tanya Bertoncello en Anneke Scheepers, asook mnr. Stephan Swart vir hulle waardevolle insette.
10 LAR
La Rochelle Hoër Meisieskool | Girls’ High School
Made with FlippingBook - Online magazine maker