La Rochelle Yearbook 2022

Societies

K O O R Di e koor van 2022 he t weer eens , onder d i e l e i d i ng van mnr . Johanne s Sch i cker l i ng , ’ n hoogs suks e svo l l e j aar ag t er d i e rug . Ons was vierde in die land by die finale prestige rondte van die ATKV-Applouskompetisie , ons verwerf Cum Laude by die Paarl-Vallei Eisteddfod en wen ons afdeling, en sluit die jaar af met ’n uitmuntende konsert in die KWV Cathedral Cellar . Enige huidige of oud-koorlid sal verstaan dat die koor nie altyd maklik is nie – met lang ure se oefening op Maandae-middae, werkswinkelsessies wat dikwels agtien ure se oefening oor ’n naweek vereis, lang busritte wanneer almal se ooglede wil-wil toeval, en Meneer se skerp oog wat natuurlik sal agterkom wanneer jy

nie jou musiek oor die naweek geleer het – soos hy by herhaling gevra het – nie. Maar ons almal weet ook in die oomblikke net voor en na ons op die verhoog gaan, wanneer ons as ’n koor saam in die busse sing as ons eintlik ons stemme moet rus, en natuurlik wanneer ons baie komplimente ontvang, dat al ons harde werk die moeite werd was. Baie dankie aan mnr. Johannes Schickerling vir sy onskatbare invloed, en me. Madri Gerber vir haar pragtige begeleiding (en ‘ perfect pitch ’ wat ons almal in harmonie hou). Ek wens die koor van 2023 alle sterkte toe, en kan nie

wag om te sien hoe julle verder floreer nie! ‘Ninety and above, girls!’ ( mnr. Schickerling) I n g e v a n d e r We s t h u i z e n ( V o o r s i t t e r )

K O O R VOOR: Tamsyn-Leigh Matthews, Cassidy Swanepoel, Mégan Williams, Asenokhanyo Xegwana, Signe Pietersen (Ondervoorsitter), Jessica Eckhardt, mej. Madri Gerber (Koördineerder), Gabrielle Witbooi, Jorja Kock, Inge van der Westhuizen (Voorsitter), Grier Adams, Lisakhanya Nobula, Juleen Abrahams 2DE RY: Shan Daniels, Corin Joseph, Leisha Daniels, Hayden Arendse, Faith Samuels, Madison Harris, Mia du Preez, Garicha Gertse 3DE RY: Whitney Appolis, Kelsey van Sitters, Tarah Waries, Gabrielle Kriel, Nalene Visser, Athena Jantjies, Erin Meyer, Philippa Theron, Claire le Roux, Allison van Wyk, Damienne Greenhalgh, Inge Heynes, Lanah Fredericks 4DE RY: Kaitlyn Wolhuter, Chloé Williams, Lumari Ries, Amy Jacobs, Liyah Valentine, Keisha Davey, Micaela Mac Minn, Teagan Mourries, Kiera Batts, Lea Prinsloo, Nina Voigt, Megan Jansen AGTER: Leyla Wagner, Miclynn Africa, Armani Moerat, Jenna van Wyk, Chloe van Aardt, Danielle Carr, Eva Smit, Gadijah Abrahams, Safiyyah Moerat, Logan Roux, Emma Koch, Erynn Schroeder, Michelle Smith INLAS: Caitlin Cupido

98

Made with FlippingBook - Online Brochure Maker