La Rochelle Yearbook 2022

Koshuis-onderhoofmeisie

K O S H U I S - O N D E R H O O F M E I S I E

‘ Ko s h u i s j a r e i s d i e j a r e wa t j y v i r a l t y d s a l on t hou ’ h e t my ou e r s a l t yd v i r my v e r t e l . Ek kon d i e dag wa t ek i n La Roche l l e s e ko shu i s inges t ap he t , my ui t e inde l i k me t hi erd i e woorde v e r e e n s e lwi g . Di t v o e l v i r my b a i e onwe r k l i k om t e d i n k d a t e k my d a a g l i k s e r o e t i n e v a n ops t aank l okke , middag- en aands tudi e , s t i l t e t yd e n l i g t e - u i t n o u mo e t a g t e r l a a t . Om j a r e s e v r i endskappe , he r i nne r i nge en v r eugde wa t ek i n La Roche l l e s e koshu i s gemaak he t , ag t e r t e l aa t , i s n i e ’ n mak l i ke ve r soek n i e . Ons as Miladies is baie dankbaar dat ons ’n verskriklike oulike groep koshuis-Daisies gehad het. Ons splinternuwe graad 8’s het sonder enige skaamte vir ons tydens ‘ Daisies Got Talent ’ gewys hoe kreatief, lewendig en vermakerig hulle kán wees. Hierdie nuwe geleentheid was soveel pret en ek hoop dat dit ’n jaarlikse instelling sal word. Baie dankie, Daisies, dat julle die Miladies van 2022 se jaar só spesiaal gemaak het – ons gaan baie na julle verlang. Die koshuismatrieks van 2022 was werklik ’n eenderse en spesiale groep dames. Nadat ons vir twee jaar as gevolg van die Covid 19-pandemie na so baie van ons koshuistradisies verlang het, het hierdie groep matrieks die jonger grade probeer herinner wat koshuisliefde, -tradisies, -familie en -pret werklik is. La Rochelle het beslis nog nooit van tevore ’n ‘ 40 Days ’ soos 2022 s’n beleef nie! Die goue trappe is met toiletpapier versier, die karre is in gladwrap toegedraai en die vuvuzela’s is vroegoggend kliphard geblaas! Ons matrieks se entoesiasme by al die aktiwiteite was definitief aansteeklik en het die res van die koshuis met vreugde vervul. Baie dankie, matrieks, dat julle die hart en siel van die koshuis was en hierdie jaar onvergeetlik gemaak het.

Ons sê graag dankie aan: Ons kombuispersoneel en elke skoonmaaktannie wat met die grootste glimglaggies en beste danspassies ’n slegte dag beter laat voel het. Baie dankie, Oom Brittle, Tannie Lindsay en Tannie Suzaan wat sorg dat ons dogters nooit honger ly nie en altyd kan uistien na ‘ Bowl-food-Woensdag’ . Om omtrent 200 dogters te lei en in toom te hou, is beslis nie maklik nie, maar Tannie Wyna, Tannie Toekie, Tannie Christa en Tannie Christel het, onder die leiding van Tannie Lida, uitstekende werk gedoen. Baie dankie aan me Adéle Bothma en mev. Sonnet Vorster wat ons gelei en gehelp het deur die loop van die jaar en altyd bereid was om na ons groot planne en voorstelle te luister. Dankie vir al Juffrou-hulle se liefde en ondersteuning en die mentors wat julle vir ons was. Nadat ek en Cara verlede jaar as koshuishoofleiers verkies is, was ons dadelik opgewonde oor die ongelooflike span meisies saam met wie ons sou werk – ’n sterk groep leiers met liefde en omgee vir die koshuisbrakkies. Die koshuisprefekte van 2022 was absolute staatmakers – vir ’n beter span kon ek en Cara nie vra nie. Ek sal elke lag-aanval in ons ‘formele’ vergaderings, laat-aand toebroodjieverkope en kompeterende paintball saam met die prefekte altyd in my hart koester. Ek voel so trots en geëerd om te kan sê dat ek deel van hierdie ongelooflike span was. Alhoewel ek eers in graad 9 koshuis toe gekom het, het ons koshuis vir my al van die eerste dag af met ope arms verwelkom. My ervaring in La Rochelle sou nie dieselfde gewees het sonder my ongelooflike ervaring in die koshuis nie. Be r y l Br i e r s -L o u w ( O n d e r h o o f m e i s i e )

K O S H U I S P R E F E K T E VOOR: Caroline Noyce, mej. Adéle Bothma (Hoof-Toesighouer), Cara Pieters, mev. Sonnet Vorster (Superintendent), Beryl Briers Louw, mev. Lida Hendrikse (Koshuisbestuurder), Milan Horn MIDDEL: Jeanne du Toit, Amy Jacobs AGTER: Julia Freeman, Chloé Farmer, Thabisa Yekani, Amor Nell, Emma Bell, Tatum Bouwer

43

Made with FlippingBook - Online Brochure Maker