La Rochelle Yearbook 2022

Oronjerivier

AV O N T U U R L U S T I G E E R VA R I N G O P D I E O R A N J E R I V I E R 2 0 2 2

32 avon t uur l us t i ge Lar r i e s he t t ydens d i e Sep t embervakans i e op d i e Oran j er i v i er naby Ons eepkans , op d i e grens van Su i d-Af r i ka en Nami b i ë , gaan roe i . Aangekom op Onseepkans, het die Larries begin voorberei vir hulle eerste aand onder die maanlig. Die groep het elke aand onder die sterre geslaap. Sommige leerders het in tente geslaap terwyl ander bo-op hul opblaasbootjies geslaap het. Die eerste dag op die water het vroegoggend afgeskop. Na ontbyt, het elke leerder veiligheidstoerusting ontvang en vol opwinding die water aangedurf. Soos almal op die rivier geroei het, het hulle verkillende voëlspesies en voëlneste op die oewer gesien en gehoor. Die rivieroewers het krioel van die voël- en dierelewe. Die bobbejaangesinne het vir sommige, veral Juffrou Marais, skrik op die lyf gejaag. Die natuurtonele, sonsopkomste en -ondergange was onwerklik – amper soos iets op National Geographic. Talle leerders het probeer visvang. Slegs die gelukkige Jana Burger het

daarin geslaag om ’n vis uit die water te trek terwyl die res, deur mede-Larries, in die water getrek is. Ons was voortdurend op die uitkyk vir die “vriendelike” likkewaan, maar tot Sara Hudson se spyt, het hy nie sy verskyning gemaak nie. Die roei ervaring, gepaard met die hitte, was uitdagend en die dames het daagliks meer as tien kilometer geroei. Struikelblokke veroorsaak deur mede-Larries, soos die steel van spane, nat klere en ’n stuk alg teen jou bors, het ook kop uitgesteek. Asof dit nie uitdagend genoeg was nie, moes die Larries om die beurt saam met iemand anders roei en saamwerk om kop bo water te hou tydens die versnellings. Die toer het met ’n paar stampe en stote begin, maar met oefening, het die avontuur seepglad verloop. Die onvergeetlike ervaring was ’n kombinasie van vir-altyd onthou herinnering, uitdagings, pret, opwinding en spanbou. Larries, begin solank jou sente vir volgende jaar in jou spaarvarkie gooi , want hierdie is ’n avontuur wat jy nie wil mis nie. L i a n a Hu m a n

135

Made with FlippingBook - Online Brochure Maker