La Rochelle Yearbook 2022

Jaarverslag

kreatiewe strategiese beplanning het reeds gedurende Junie plaasgevind. Dankie aan mev. Leslee Durr vir haar leiding as voorsitter, mnr. Stiaan van der Westhuizen (tesourier), mnr. Adriano Bertoncello (fasiliteite en onderhoud), mnr. Riel Malan (IT), mnr. Ewan Abrahams (sport), me. Nadene van Aswegen (akademie en welstand), mev. Lizanne Pelham (kultuur), mev. Karin Leibbrandt (bemarking), mev. Sonnet Vorster (koshuis) en mnr. Francois Pieters wat by verskeie projekte betrokke was. Ons wil van hierdie geleentheid gebruik maak om vir mev. Michelle Horn, wat aan die einde van die jaar uittree, te bedank vir haar waardevolle bydraes tot die Skoolbeheerliggaam. • Dankie aan die koshuispersoneel wat vir ons leerders ’n huis, weg van die huis, skep: Mevv. Sonnet Vorster (superindendent), Lida Hendrikse (bestuurder) en me. Adéle Bothma en die hele span, wat almal regte staatmakers is. Dankie aan Feedem wat ons elke dag met heerlike etes bederf. • Members of the La Rochelle Trust , En Avant Trust and Mrs Carol Cloete who runs the Boutique@Larries . • Die Oudleerderbond, wat onder die voorsitterskap van mev. Karelien Venter, alle reüniegroepe se insentiewe bestuur en koördineer en seker maak dat daar gereelde kommunikasie met oudleerders plaasvind. • Dankie aan oud-skool fhoofde mev. Johanna Heydenrych en me. Amanda Lochner. Ek weet hulle is altyd net ’n oproep ver, wanneer ek raad benodig. • Mev. Bonita Koch, voorsitter van die OOV, wat saammet haar span vir ons keurige funksies met styl koördineer. • Mr Peter Whitmore and his team. No job is ever too big or too small for them. Thank you for all the extra effort and the extra hours spent serving La Rochelle. A special thanks to the administrative ladies, Mmes Elizabeth Ulyate in the Financial Office, Nita Volschenk and Marian Neethling at Reception. These ladies are indispensable to the smooth-running of the school. Tree vir tree stap ek deur die geboue van HMS La Rochelle en verkyk my aan die tradisie-ryke geskiedenis van die skool. Die trappe in die voorportaal is verwelkomend en asemrowend mooi. Om van ’n gevestigde lewe in Gauteng na ’n vreemde, maar prentjiemooi Kaap te trek, was ’n reuse aanpassing vir my en my gesin. Die personeel van HMS La Rochelle het ons dadelik laat tuis voel en ons Ruthven-gesin kon sommer vinnig ons voetspoortjies in die ‘La Rochelle-tuin’ trap. Dit was heerlik om saam met die jong dames van La Rochelle ’n 2022-pad te stap. Die voetstappe en giggel in die gange, die geselsies in die klas, die lag, trane en feesvieringe op die netbalbane, die dans en vreugde op die verhoog, sal my altyd bybly. Dankie vir elke personeellid en dogter wat my kort, maar waardevolle reis by HMS La Rochelle laat blom het. ’n Spesiale dankie aan die terreinpersoneel wat ongelooflike werk vir die skool doen. Julle is ’n span duisend! Dankie aan die sekretaresses wat die masjien van die skool laat draai, julle het regtig ’n spesiale plek in my hart. Mevrou Conradie, baie dankie vir die geleentheid by HMS La Rochelle. Alhoewel my voetspoortjies nog klein is, is ek seker ek gaan nog groot voetspore hier trap, danksy die geleentheid om nog netbal en revue af te rig. Ek is dankbaar vir die geleenthede wat HMS La Rochelle vir my gebied het. Me v . J . Ru t h v e n

• ’n Besondere woord van dank aan die skoolbestuurspan. Hulle is ’n groep mense waarmee ek oorlog toe sal gaan. Ek is hulle dank verskuldig omdat hulle altyd die skool se beste belange op die hart dra. ’n Spesiale woord van dank aan me. Nadene van Aswegen, adjunkhoof, vir haar ondersteuning en bystand gedurende die jaar. At the beginning of the year, during the first Assembly, I encouraged the learners to be mindful of how they speak of themselves, to others, and to support and encourage one another. That is exactly what I saw on the schoolgrounds this year. The learners and staff embody the values of L OVE, A CCEPTANCE and R ESPECT every day. What a special and nurturing environment in which to develop as a young girl and to work as a member of staff. I wish to conclude with the words of King Solomon: “ Above all else, guard your heart, for it is the wellspring of life. ” (Proverbs 4:23) May we always keep this piece of wisdom in mind when we build relationships with those around us, always seeing the best in one another. Mr s E l s a b é C o n r a d i e Ek het Januarie 2007 teruggekom van ’n vakansie by my kinders in Gauteng. Ek het gehoor van ’n pos by La Rochelle-koshuis en nog met my koffer klere in my motor op pad van die lughawe af op pad na Worcester besluit om eers te kom verneem of die pos nog beskikbaar is en wat dit behels. Mev. Visser en mnr. Ratz het met my ’n onderhoud gevoer. Die pos is onmiddellik aan my toegestaan. So het my tyd saam met die Larrie-familie begin. Groen- en Blougang was my verantwoordelikheid, ek het hulp verleen in die adminkantoor, naaldwerk doen vir die koshuis en meer pligte is deur die jare bygevoeg. Aan die einde van 2013, na 7 jaar se diens, moes ek die Larries groet toe ek die ouderdom 65 jaar bereik en gaan bly toe in my kinders se tuinwoonstel in die Kaap. Steeds het ek nog nie die bande met die Larries finaal gebreek nie. Ek was nog steeds juf. Lochner se naaldwerkster en maak die nuwe rokke vir die koor. In 2016 het ek au pair-werk vir een van die matriekdogters van La Rochelle gedoen en het by my Larrie familie ingeloer in die tye wat ek haar moes kom oppas. Op 21 Oktober 2016 skakel juffrou Lochner my en bied my die pos by Navarre-koshuis aan. Ek teken ’n drie jaar kontrak en keer terug na die Larrie-familie in Januarie 2017. Na drie jaar word my kontrak met nog drie jaar verleng. Ek word weer die naaldwerkster vir die Boutique wat mammas na my toe stuur, nuwe tafeldoeke word gemaak en uitrustings vir die koor se Afrika-tema. Die musiekblok by die skool kry nuwe gordyne en kleiner naaldwerkprojekte vir die skool en koshuis word aan my toevertrou. In Junie 2022 is daar besluit dat my dienskontrak aan die einde van 2022 verstryk. Ek begin Julie met die maak van alle gordyne in al drie koshuise en twee sitkamers en einde Oktober, na 152 gevoeringde gordyne, pak ek my naaimasjien weg. My tyd saam my Larrie-familie kom na nog ses jaar tot ’n einde en ek moet oppak; meubels en motor en dit wat ek nie in ’n tas saam met my kan vat nie is reeds verkoop, aangesien ek na Gauteng verhuis. Maar ek gaan eers vir drie maande of meer by my kinders in Nieu-Seeland kuier wat ek vyf jaar gelede laas gesien het. Ek het my eerste aand by die Larries op n koshuisbedjie geslaap en ironies genoeg my laaste aand in Navarre slaap ek weer op ’n koshuisbedjie. Ek gaan die Larries mis. G r o e t n i s Ri a

13

Made with FlippingBook - Online Brochure Maker