La Rochelle 2021

AT L E T I E K

AT L E T I E K

O o r d i e j a r e h e t L a R o c h e l l e h a a r s e l f a s ’ n u i t m u n t e n d e a k a d e m i e s e e n s p o r t g e d r e w e i n s t e l l i n g g e v e s t i g e n k o m p e t e e r s t e e d s i n d i e t o p k l a s v a n s k o l e - a t l e t i e k . D i e t y d , h a r d e w e r k e n g e d u l d v a n m e v . S c h o e m a n e n d i e a f r i g t e r s w o r d o p r e g w a a r d e e r , a s o o k d i e o n d e r s t e u n i n g v a n m e j j . L o c h n e r , V a n A s w e g e n , o u e r s e n m e d e - l e e r d e r s .

Dit was vir my ’n groot eer om die kaptein van La Rochelle se atletiekspan te wees en dit was vir my ’n baie groot voorreg om my laaste skooljaar in die geel frokkie met die Larrieblom te kon deelneem. 2021: ’n jaar wat afskop met talle uitdagings en wat ’n paar versteekte geleenthede vir die Larrie-familie ingehou het. As ons moes terugdink aan hoe ons lewens en sportgeleenthede vóór die Covid-19-pandemie was, voel dit redelik lank terug. Dit laat ’n mens net weer besef hoe vinnig omstandighede kan verander. Ons was baie bevoorreg om dié atletiekseisoen aan talle byeenkomste deel te neem en sodoende kon ons, in die onsekere tydperk, steeds ’n redelike normale atletiek- seisoen ervaar. Interhuis, een van die kompeterendste gebeurtenisse tussen die vier huise, is gewoonlik ’n dag vol pret en prestasies. Ongelukkig was daar geen inter­ huis in 2021 nie, alhoewel elke huis steeds geesweek gevier het om die positiewe sportgemoed hoog te hou. On the first weekend of the re-opening of the school on 20 February, we had our first meeting at the Parow track, competing with a small number of athletes. However, missing out on one of the most exciting Athletic highlights, the 4M, was a real low point for the Larries. Hopefully we will secure the 4M Trophy once again in 2022. Boland Athletics spent a great deal of time and effort into hosting competitions for schools’ athletes to qualify for the ASA Championships. At an ASA Boland Athletics Meeting held at the beginning of March, twenty-eight Larries participated of whom eight achieved a new personal best in their various events. Die naweek van 18–20 Maart, voeg La Rochelle nog ’n hoogtepunt by hul atletiekseisoen. Tien atlete, naamlik, Dané Kenny, Brenda du Toit (dogters o/20), Monique Engelbrecht, Adrienne Gallop (dogters o/18), Kiera-Lee Abrahams, Nina Scheepers, Mia Wilson en Cara Wilson, Cornelia Destroo, Larushkah du Plooy (dogters o/15),

asook oud-Larrie, Elke van der Westhuizen (dogters o/20), vlieg saam met een van die afrigters, mnr. André van den Burgh, en spanbestuurder, mev. Marianna Schoeman, na Potchefstroom as lede van die Paarl Atletiekklub om aan die ANCW -ligabyeenkoms deel te neem. Met uitsonderlike prestasies en baie herinneringe op die atletiekbaan en -veld, keer hulle terug met agt nuwe persoonlike beste-prestasies. Na ’n totaal van agt Boland ligabyeenkomste waar Larries keer op keer talent en harde werk op die atletiekbaan en –veld weerspieёl het, word nege atlete in die Bolandspan ingesluit. Hierdie atlete kwalifiseer vir deelname aan die ASA se Jeug- en Juniorkampioenskappe: Cornelia Destroo, Ané Viljoen, Kiera-Lee Abrahams en Zenade October (Dogters o/16); Adrienne Gallop en Monique Engelbrecht (Dogters o/18); Brenda du Toit (Dogters o/20). Uit die nege atlete verower hulle agt medaljes en eindig die Bolandspan algeheel derde op die medaljetafel. Brenda du Toit word ook in die Boland ASA -seniorspan ingesluit. Sy neem deel aan die Senior Kampioenskappe en verower ’n brons medalje as deel van die 4 x 400m-aflosspan. We are grateful for the opportunities to participate and even to experience how the Pandemic has caused certain aspects of competing to change. Every champion was once a contender who refused to surrender. Athletics is still athletics and teaches us development, patience, respect and accountability. The La Rochelle Athletics Team abounds in these traits, along with talent and hard work. Behou die nederige en respekvolle omgewing en straal die waardes van La Rochelle uit: Liefde. Aanvaarding. Respek. Dit was ’n voorreg. En Avant!

Brenda du Toit (Atletiekkaptein)

86

Made with FlippingBook Digital Publishing Software