La Rochelle 2021

ON T L U I K E N D E S K R Y W E R S

M o o i M a r i a e n d i e h u i s i e b y d i e s e e Soos ’n diamant wat skyn in die lig, versigtig geplaas op ’n grasgroen heuweltjie teen die see, sit die huisie en wag. Dit lok jou nader deur die kleurvolle blomme in die vensters en die ligte sout briesie wat waai, roep jou nader. Sonstrale dans op die witgepleisterde mure en die varsgebakte broodreuk omhels jou met liefde. ’n Helder stem dryf sag soos n engel tussen die rotse langs die kus.In die verte sien jy haar lang, swart hare wat wapper in die lug, haar bene gekruis op n rots en skulpies wat glinster in haar hand. Net betyds sien jy haar beelskone gesig wat in jou rigting kyk, so jy waai na haar en draai terug na die huisie wat nou verlate staan. Die pleisterwerk val af en krake vertak oor die mure. Die houtdeur is verrot en hang skeef aan sy skaniere en slegs skerwe glas bly staan in die vensterbanke. Die lewe van die huisie is weg en elke sonstraal is nou vervang met n donker wolk en spinnerakke bot soos blomme teen die hekkie. Alles wat eens lig en vrolik gevoel het, trek jou af soos grendels om jou enkels en die swaarte hang soos n galgtou oor jou kop. Geruk uit jou dagdroom besef jy dat die donkerte nader kruip en die koue syfer deur jou klere. Soos klokslag val die reën om jou neer en sonder om te dink hardloop jy die huisie binne. Die storm raak net al sterker en dit neem jou gevange in die huisie. Al wat oorgebly het om jou te vergesel is die die vlam van ’n ou kers op ’n houttafeltjie in die hoek. Mooie Maria se trane val al harder op die dak en jy kan haar hoor huil deur die gapings van die deur, hartseer en verlate klanke vul die klein huisie en sy ruk en pluk aan die deure en vensters soos sy pleit om binne te kom, maar jy ignoreer haar sme­ kende stem en selfsugtig draai jy jou rug op haar wanneer jy gaan slaap. En al was jou rus ongemaklik en koud, loop jy die volgende dag weg om soos n bootjie op die see verder deur die lewe te dryf, terwyl mooie Maria se siel jaar na jaar deur die golwe teen die rotse vasgeslaan word. Charlie Engelbrecht

I n d i e o ë k y k

soos elke dag, die plaas se vlaktes in gedwaal het. Herman voel die Aarde se oppervlakte onder sy skoensole. Hy verstaan nie waar hy verkeerd gegaan het met die grootmaak van Lea nie, dat sy eie dogter hom nie eens in die oë kan kyk nie. Die dokter het laas aan hulle ver- duidelik sy is anders, maar wat was dit veronderstel om te beteken? Anders gaan haar nêrens in die lewe kry nie. Herman het laatmiddag terug geloop huis toe en sonder ommet enigiemand te praat het hy net weer daardie aand gaan slaap, die volgende oggend weer vroeg opgestaan en Lea by die tafel sien sit soos elke oggend. In die oë kyk. Hulle eet in stilte, toe hy skielik opstaan, sy geweer vat en buitentoe loop. Lea hoor die harde geweerskoot en begin haar been liggies vinniger teen die vloer tik. Sy gaan staan by die venster, sien die voëls wat bloederig op die grond lê. Net omdat hy kwaad was vir haar. Dit was alles haar skuld. Hy kyk terug oor sy skouer en sien haar in die venster staan. Bang. Sy stap bewerig uit en gaan sit langs die voëls se lyke. Sy staar na die bloed wat deel raak van die grond, die vere wat langs die klein liggaampies lê. Lea kyk haar pa in die oë. Waterpas in die oë. Haar hande bewe. “Ek verstaan alles wat Pa sê. Ek is outisties, Pa, nie ’n halwe mens nie.” Sy sien haar pa is die een wat oog­ kontak vermy. Hy lyk siek, soos daardie dag toe hy uitgevind het Lea is anders as ander kinders. Dat sy die wêreld anders sien. Dat sy nooit die dogter gaan wees wie hy gedink het sy gaan wees nie. Lea sit op die bus en staar by die venster uit. Daardie voël so alleen en op sy eie net uitgewis van die samele­ wing. Wie neem die besluite? Wie het besluit dat anders uitgewerp word uit die samelewing? Anders is tog iets wat gekoester moet word. Iemand wat anders is, neem die besluit om hulself te aanvaar, so waarom kan die wêreld nie. Lea dink terug na die dag wat sy haar ouers agtergelaat het op die plaas en alleen die wêreld aangedurf het. Sy het soos daardie voël gevoel wat langs die pad gelê het. Haar vere was beskadig, sy was anders en anders pas gereeld nie in die samelewing in nie. In die oë kyk. Maar sy het haar plek gevind. Haar nes verlaat en ’n nuwe een gevind – ’n nes waar sy aanvaar word en haarself kan wees. Bianca van der Walt

Die deure van die bus swaai oop. Lea voel haar dawerende hart agter haar ribbes. Sy oorweeg dit vir ’n oomblik om te wag vir die volgende bus om verby te kom, maar dan klim sy in. Lea vroetel met haar vingers en luister hoe die wiele van die bus stadig oor die swart rivier beweeg. Sy sit haar oorfone op om die geraas van al die mense rondom haar te verdoof, maar dan sien sy ’n dooie voëltjie langs die pad. Haar oog vang dit vinnig en sy kyk terug, maar vir haar is dit nie in daardie oomblik die gesegde “uit die oog uit die hart nie”. Dit is meer uit die oog en gegraveer in Lea se gedagtes vir die res van die dag. Haar pa het altyd die voëls op die plaas doodgemaak – net so – sonder om ’n oomblik te dink. Sy was altyd bang sy was volgende. Haar vlerke sukkel maar net so om te vlieg. Dit was ’n somersdag op die plaas gewees – warm, droog, stil. Lea het by die eetkamertafel gesit en ontbyt eet toe haar pa by haar kom sit. Hy het haar met teleurstelling dopgehou. Die dogter waarvoor hy so lank gewag het. Die kind wat hom so gefaal het. “Hou op daai met jou hande doen!” het hy gebulder. Lea het net af in haar bord gekyk. “En kyk vir my as ek met jou praat!” Lea het aanhou eet asof sy glad nie bewus is dat hy daar was nie. Sy kon haar hart voel klop. Seker ’n teken van vrees, maar sy was nie bewus daarvan nie. In die oë kyk. “Jy weet sy gaan nie vir jou kyk nie, Herman,” het haar ma se rustige stem die vertrek binnegekom. “Ek is moeg vir hierdie nonsens – die kind het geen respek nie, dit is tyd dat ons haar maniere leer.” “Herman, bedaar. Die kind verstaan jou nie.” Lea het daar gesit en die woorde wat haar ma gesê het, het lank in haar gedagtes Wat was dit veronderstel om te bete­ ken? Sy het elke woord verstaan. Sy het nog altyd, maar sukkel net om daarop te reageer. Net soos sy sukkel met interaksie met ander mense en om vir haar ouers te sê sy is lief vir hulle; dit maak nie vir haar sin nie. Wie het mense die reg gegee om daardie besluite te neem en te sê dít is hoe dit moet wees? Dit is wat sy nie verstaan nie. Haar pa het opgestaan en sy bord in die kombuis gaan sit voordat hy weer, rond gedwaal en haar gepla. Die kind verstaan jou nie.

81

Made with FlippingBook Digital Publishing Software