La Rochelle 2021

ON T L U I K E N D E S K R Y W E R S

G e l u k

D i e l e w e i s ’ n a s e m l a n k

Partykeer soek ons hoog en laag, ver en wyd na geluk. Ons maak onsself moeg, want nes jy dink jy het dit, verdwyn dit weer. Dis maklik om geluk te verwar met geld, populariteit, prestasie, ’n groot huis of ’n nommer ses lyfie. Dis juis hierdie dinge wat dit so ver en ombekombaar kan laat voel. Ons kyk na ander om dit op te spoor of om ’n leidraad te probeer kry na die pot van geluk. Die antwoord is eintlik reg voor jou. Geluk loop hand aan hand met liefde. Wees lief genoeg vir jouself en die mense om jou en dan sal jy geluk binne jouself vind. Geluk is lag tot jou maag pyn, sing al is dit vals en dans asof niemand kyk nie. Dit is die vroegoggend – sonopkoms en laataand koffie en beskuit. Dit is midder - nag-geselsies, onbeplande avonture en kussinggevegte. Geluk is mense, jóú mense. Geluk word vasgevang in doodgewone dade – stories om die kampvuur, stap op die strand en sterrekyk. Geluk is versteek in ’n drukkie en die warmte van ’n bekende glimlag. Geluk is woorde met waarde en aksies wat saak maak. Dit is die eenvoud van wilde veldblommetjies en die opregtheid van handgeskrewe gedigte. Dit is die tradisies wat van geslag tot geslag oorgedra en gekoester word. Geluk is troos, ’n koppie tee en iemand wat luister. Dit is die gevoel van behoort. Dit is vrede met die gebeure van gister en opgewondenheid vir dit wat kom. Geluk is klein dingetjies en doodgewone oomblikke. Dit is volop en dit is daar vir almal. Moenie bang wees nie, maak net oop jou hart. Geluk is groot drome, dankbaarheid,genade, vaste geloof en die wete dat God getrou is. Geluk is reeds binne jou. Waarvoor wag jy… Méla Botha Is daar ’n moontlikheid van ’n sinvolle toekoms as ons na die misdaadsy- fers kyk, die groeiende, werkloosheid, beurtkrag en ’n waterprobleem wat aan ons voordeur klop. Die Covid-19 pandemie het uit nêrens net verskyn. Baie mense het hulle werk verloor en dit het geboorte gegee aan ’n groeiende misdaadsyfer. Wanneer ’n mens in ’n stresvolle situasie beland, sien jy watter soort mens daardie persoon eintlik is. Die mense in Suid-Afrika is bang en wanneer jy bang is, kan jy enigiets doen. Mense wat nie voor die pandemie misdaad gepleeg het nie is nou besig om dinge te doen net om aan die lewe te bly. Mense wat nie meer ’n werk het nie is besig om in winkels te gaan, alles te steel en dan brand hulle die gebou af. Die mense voel te na gekom, sommige van hulle voel dat alles moet net vir hulle gegee word en dan is daar ander mense wat nie op hulle hande sit en niks doen nie, maar hulle probeer hard om vir hulle familie te sorg. Werkloosheid was nog altyd ’n deel van die lewe, maar werkloosheid beteken nie dat die persoon net kan terugsit en vat wat hulle wil hê nie. Gedurende die grendeltydperk het baie mense by die huis gebly en dit het groot druk op Eskom geplaas. Ons het weer begin om beurtkrag te hê en mense oor die algemeen hou nie baie van die donkerte nie. Dit het bygedra tot ons angs. Die ou verhaal van ’n waterprobleem kom al vir jare aan. Dit is nie iets nuuts nie. Een dag het ons water die volgende dag het ons skielik nie water nie. Die misdaadsyfer, die groeiende werkloosheid, beurtkrag en die waterprobleem is nie net bangmaakstories nie. Dit gebeur elke dag orals rondom ons. Dit beteken nie dat ons dit moet aanvaar nie. As ons as Suid- Afrikaners saam kom en mekaar begin help dan sal werkloosheid afneem en daarmee saam gaan die misdaadsyfer al hoe kleiner raak. As ons in Suid-Afrika saam kom, kan ons enigiets doen en dan is daar niks om voor bang te wees nie. Zandrija Heyns V r e e s ó f S a a m s t a a n

“mag di e bome groen bl y en di e s ter re wi t en mag daar a l tyd mense wees wat mekaar sonder skaamte i n di e oë kan kyk want di e l ewe i s ’n asem l ank” – Breyten Breytenbach Plat op my rug, staar ek na bo. Die sterre knipoog na onder. Die naglugskildery dans rond om vir my vreugde te bring. Vir ewig wou ek daar bly, nét daar, verlore in ’n droomwêreld van suiwer skoonheid. Ek wonder soms steeds wat sou gebeur het as ek net my oë toegemaak het, en aan die slaap geraak het onder die immergroen boom. Daardie boom wakker soveel goeie herinneringe aan. Sou ek gered word van die pyn en geraas? Sou ek rustig kon sweef na die spierwit sterre? Daardie aand het my lewe verander, oftewel, tot ’n einde gekom. Ongelukkig is die natuurlike nagliggies vervang met die flikkerende rooi ligte van die ambulans wat aangejaag kom. Wie sou kon raai dat daardie boomwat ek so liefgehad het, sou ingee en op my bors val? Hoe gereeld het Pappa my nie gewaarsku dat die ou boom op sy laaste is nie? Ek is nie spyt nie, nee. Dit kon ’nmotorongeluk of ’nmoordenaar gewees het. Eintlik was ek nogal in baie pyn. Daardie ure in die hospitaal en al die noodope­ rasies het op die ou einde net vals hoop gegee. Ek was klaar dood, en niemand kon my red nie. Dit het ek reeds gevoel toe die sterre vroeër, een na die ander, voor my verskiet het. Hulle het vir my gesê dat my tyd naby is. Ek voel eintlik verraai. Al die aande het ek dit so geniet om net die lug te bewonder. As dit maar net die laaste beeld kon wees wat ek gesien het. Ek onthou Mamma se bekommerde oë wat na my staar toe ek vir die laaste keer vlugtig my oë oopmaak. Dit spook nog by my. Maar dit is eintlik ook ’n mooi beeld. Mamma is ’n mooi vrou, en sterk wanneer sy moet wees. Sy moet nou sterk wees vir my onthalwe. Ek het nogal ’n goeie lewe gehad, gevul met groen bome, wit sterre en mense wat my sonder skaamte in die oë kon kyk. “Mamma, alles kan verdwyn in die oogwink van ’n ster,” het ek haar vertel. “Die lewe is ’n asem lank.” Elsje-mari Louw

80

Made with FlippingBook Digital Publishing Software