La Rochelle 2021

H O S T E L

VOOR: Mej.Lindsey Whare (Feedem), mnr. Brittle Williams (Feedem), mej. Tiffany Schwegman, mevv. Lida Hendrikse (Koshuisbestuurder), Sonnet Vorster (Superintendent), mejj. Adéle Bothma (Hoof-Toesighouer), Lize-Marie Viljoen, mnr. Stephan-Wessel Swart, mev. Ria Westraad MIDDEL: Mej. Geraldine Claasen, mevv. Jessica Botha, Cathrine de Bruyn, mej. Schireline Lakey, mev. Marilyn Ricketts AGTER: Mevv. Carmen September, Christel Hall, Wyna Laubscher, Christa Brittz, Toekie van Vuuren, mnr. Averoll Adonis, mev. Anneline Sameuls Ons kon vanjaar weer die ‘Cake and Body’-geleentheid aanbied waartydens die seniors in elke gang ’n koek volgens ’n tema versier het en die juniors ’n kort programmetjie aangebied het. Die ‘Groen Gang’ was vanjaar die onbetwiste wenner. Die badkamers in Navarre en Een­ dracht is voor die aanvang van die skooljaar in Januarie voltooi wat dan die projek, wat in 2016 van stapel gestuur is, voltooi. Die Washuis, wat onder andere die Larrie Boutique huisves, het onlangs ’n nuwe dak gekry. Die wifi-stelsel wat die koshuis, Eendracht, klubhuis en Navarre be- dien, is reeds in 2014 aangebring. Die eerste fase van die opgradering is voltooi en die hele projek behoort in 2022 afgehandel te wees. Met die ‘vooruitsig’ van beurtkrag in die toekoms kan ons met dankbaarheid rapporteer dat die kragopwekker steeds, met groot sukses, die hoofgebou, En Avante sentrum, die Washuis, Eendracht en die twee toegangshekke bedien. Ons het onlangs ’n omsetter en batterystelsel by Navarre laat installer. Die hele koshuis-perseel kan dus normaal tydens beurtkrag funksioneer. Ons is ten slotte baie dankbaar vir die ondersteuning van die SBL, mnr. Whitmore en sy span sowel as die koshuis-personeel wat dit moontlik maak om ons koshuis te laat funksioneer. mej. Jennilee Adriaanse, mev. Bernadette Andrews,

Koshuispersoneel

S U P E R I N T E N D E N T B OO D S K A P

When I think of 2021, the word ‘DIT- TO’ comes to mind. According to the Oxford Dictionary, the word means ‘the same thing again’. So, as far as the COVID Pandemic goes: “Ditto!” On the other hand, something has also changed in this year. The Larrie spirit has prevailed. We are literally ‘picking up our heads’ and are facing the circumstances with true tenacity. Ons kyk met ’n dankbare gees terug op hierdie jaar en berig graag oor die volgende aspekte betreffende die La Leerdergetalle het tydens 2021 effens gedaal. Ons het 2021 met 203 leerders begin en staan tans op 181. Die hoofoorsaak van die verminde­ ring in getalle is maar as gevolg van Covid. In baie gevalle kan ouers die gelde nie bybring nie en kies dan om hul dogters uit die huis te laat skoolgaan. Dis tog interessant om daarop te let dat dit meestal gr. 8- en 9-leerders is wat die koshuis verlaat. Ons onder hoofmeisie vir 2021, Stel la-Maria Horvath, verdien spesiale vermelding. Haar ouers het aan die einde van 2019 na Duitsland emigreer en Stella het gekies om haar skoolloopbaan hier te voltooi. Dit het gemaak dat sy ’n heeltydse inwoner was. Ons het haar met gemak geakkommodeer deurdat die personeel, wat permanent op die perseel inwoon, na haar kon omsien. Sy het haar ook uitstekend van haar rol as die amptelike ‘oppasser’ van Rochelle Koshuis. 1. LEERDERS:

juffrou Bothma se kat, Poppie, gekwyt. Koshuisbeleid rakende COVID-19: Die Covid-regulasies is steeds getrou toegepas. Sodra simptome van infeksie by ’n leerder bespeur is, is die nodige maatreëls gevolg. Daar was,tydens die derde vlaag van die infeksies, ’n groot aantal afwesighede – veral onder die juniors. Die meeste hiervan was egter voorkomend van aard. Leerder gesindheid: Die positiewe wyse waarop die leerders die regu- lasies rondom die ‘nuwe’ leefwyse in die koshuis hanteer het, verdien spe- siale vermelding. Ouers was ook baie ondersteunend deur die Covid-pro- tokol te volg. 2. PERSONEEL: Mev. Christelle Hall het op 1 Mei vanjaar by ons aangesluit as die ‘Geel Gang’ se Tannie. Sy was voorheen vir 15 jaar aan die Herberg Kinderhuis op Robertson verbonde. Ons is dankbaar vir haar dienste. 3. ALGEMEEN: Die koshuiskomitee kon geen pro- jekte hierdie jaar loods nie. Vergade- rings is ook tot die minimum beperk en inligting is via e-posse gesirkuleer. Die jaarlikse afsluitingsdinee is, soos verlede jaar, weer in ’n kleiner formaat aangebied. Die matrieks, tannies en diensdoenende personeel was die gaste en die gr 9’s het as kelnerinne opgetree. Ons beplan om hierdie formaat te behou siende dat dit meer koste-effektief is en meer intiem.

Mev. Sonnet Vorster (Superintendent)

43

Made with FlippingBook Digital Publishing Software