La Rochelle 2020

 AFSKEIDSBOODSKAP

SHANI BOTHA

Goeienaand aan ons uitsonderlike skoolhoof, juf- frou Amanda Lochner, al die liefdevolle ouers, hard­ werkende personeel, metgeselle en die beste vir laaste, die pragtige matrieks van 2020.  Matrieks: Vanaand is nie die aand wat ons lang trane wil huil en ons duur grimering wil besmeer nie, maar dit is die laaste keer wat jy as matriek langs jou sussie onder die En Avant se dak gaan sit, en dié keer in ’n rokkie nog mooier as ons blommetjie-trots. G A wise bear, Winnie the Pooh, once said, ‘If you have a friend you can’t complain.’ Dit voel soos gister wat ons in juffrou Neethling se klas gesit het en ’n opstel geskryf het oor ons eerste week as graad 8’s en kyk waar sit ons nou. Dit is ongelooflik om te dink dat 5 jaar so vinnig verby kan vlieg.  Dankie vir die giggels oor naweekstories, 4M-trane en lang drukkies wat ons kon deel, en al die spesiale oomblikke wat ons kon vasvang in die skoolbanke, op ’n netbalbaan, atletiek- of hokkieveld of die musiekblok. Julle het hierdie 5 jaar onvergeetlik gemaak en diep spore in my hart getrap. Ek het regtig lief geword vir julle en veral aan my naastes, julle weet wie julle is. Julle beteken meer as wat woorde ooit sal kan beskryf. Oor ’n paar jaar kan ons dalk vergeet hoe proteïen-sintese werk en hoe om ’n log- grafiek te teken of watter gedigte ons gelees het, maar die hartsvriendinne wat ons gemaak het sal bly tot ons eendag ’n kierie moet nader hark in Huis Herfsblaar .  Die vaste fondasies van hierdie opvoedingsinstelling is mense soos tannie Mieta, tannie Cathy, oom Peter, oom Jacques, oom Elias, oom John en oom Jonathan, wat alles op sy plek hou. Elke vertrek in die skool is altyd silwerskoon en as ek ooit my pousekos op die vloer laat val het, kon ek dit met ’n geruste

hart maar weer optel en eet! Dit was spesiaal om tussen klasse geselsies met tannie-hulle in die badkamers aan te knoop. Dankie vir die mans wat nooit geskroom het om hulp aan te bied nie. Dankie vir die waardes en gees wat julle tot die skool bydra.  Ek weet die pad wat ons in 2020

MATRIEKS: MOENIE TERUGHOU IN 2021 NIE.

gestap het het was ’n ‘ road less travelled ’, maar ek glo die Here het ’n ander plan met elkeen van ons. Hy gaan altyd daar wees en jou hand vashou, al laat gaan jy. As daar een ding is wat ek hierdie jaar geleer het, dan is dit dat jy die Here nodig het om vir jou daardie onbeskryflike liefde en vrede te gee. Voor ons die boek toemaak en ’n nuwe een begin, raai ek julle aan om Hom eerste te gaan soek.  Matrieks: Moenie terughou in 2021 nie. Gaan vorm kosbare verhoudings waar ookal jy gaan om op te maak vir die spesiale tye wat ons hierdie jaar ontneem is. I wish you farewell, but not goodbye. May you bloom and be blessed wherever you are planted. 

76 • 2020 | 160

Made with FlippingBook Online newsletter