Christa le Roux - 'n Lewe

My laaste assosiasie met my grootwordhuis is dat dit ’n huis van geloof en bid en droom was. Deur die jare is hier baie jongmeisiedrome gedroom. Baie gewonder oor die toekoms. Baie gehoop en baie gebid. Ook ervaar hoe God sorg. Uit Juffrou Le Roux se stiltetyd-aantekeninge kom haar afhanklikheid en geloof in God telkens na vore. Sy verwys dikwels na haar Christenskap as ’n reis en noem ’n paar keer dat Christus te voet deur die lewe gereis het. Dit was nie ’n holderstebolder, oorhaastige reis nie. Hy het gereeld gaan stilstaan en nagedink en tot rus gekom. My gebed is dat Huis D.C. le Roux so ’n stilhouplek en skuilplek en plek van seën langs die pad sal wees vir elke dogter wat hier sal vertoef – ook in tye van onrus en onsekerheid.

Die digter Carina Stander skryf: Want somskere, soms kom ’n seën half uit die bloute nes die reën. Dan word die aarde oornag sag, die berge bont, die stingels sterk, die rankers ’n groen hekelwerk. Op súlke dae: droom flink, droom heel, bind verse aan jou polse vas. Oes solank proteasaad in die strate waar jy speel.

Mag Huis D.C. le Roux vir elkeen wat hier woon tot seën wees. ’n Plek waar sy kan droom en speel en dink en doen en glo. Háár “Vier mure teen die suidewind”. Lizette Murray (née Vlotman)

63 Christa le Roux – ’n Lewe

Made with FlippingBook Digital Publishing Software