Christa le Roux - 'n Lewe

Hoër Meisieskool / Girls’ High School

Christa le Roux 9 FEBRUARIE 1932 – 16 SEPTEMBER 2022 Geskryf en saamgestel deur Lizette Murray

9 FEBRUARIE 1932 – 16 SEPTEMBER 2022 ’N LEWE

Geskryf en saamgestel deur Lizette Murray

1 Christa le Roux – ’n Lewe

Christa le Roux – ’n Lewe Lizette Murray 2025 Uitgegee deur Hoër Meisieskool La Rochelle www.larries.co.za Alle regte voorbehou Kopiereg in teks 2025 Lizette Murray

Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die skrywer gereproduseer of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf- of bandopname, mikroverfilming of enige ander stelsel vir inligtingbewaring of -ontsluiting. Teksredigering deur Annette du Plessis Proeflees deur Lizette Rabe Omslag en uitleg: Avant Garde South Africa | 021 863 3165 Gedruk en gebind deur DJE Print Foto’s en dokumente: Argief, Hoër Meisieskool La Rochelle, Karin Leibbrandt, Hannie Hoffman

Christa le Roux – ’n Lewe 2

3 Christa le Roux – ’n Lewe

VOORAF There is a kindness that dwells deep down in things; it presides everywhere, often in the places we least expect. The world can be harsh and negative, but if we remain generous and patient, kindness inevitably reveals itself. Something deep in the human soul seems to depend on the presence of kindness; something instinctive in us expects it, and once we sense it we are able to trust and open ourselves. John O’Donohue M et my navorsing oor Christa le Roux se lewe en werk en die skryf van haar biografie het ek al hoe meer tot die besef gekom dat sy by uitstek die “kindness” waarvan John O’Donohue skryf, besit het. Die woord “kindness” word vertaal as genade met ander. Goedheid. Deernis. Welwillendheid. Sorgsaamheid. Christa le Roux se meelewing en belangstelling in almal wat haar pad kruis, is die goue draad wat deur hierdie boek loop. Sy het dit reggekry om van haarself te vergeet en heelhartig oor te leun na die persoon oorkant haar. Sy het gesoek na die mooi in ander en die beste uit hulle probeer bring. Sy het die Bybelse opdrag om God en haar naaste lief te hê, uitgeleef. Tydens haar gedenkdiens in die NG gemeente Strand-Suid op 14 Oktober 2022 probeer ek met ’n paar skraps woorde hulde bring aan ’n uitsonderlike mens: Vir my sal Christa le Roux altyd “Juffrou” bly. Tog was ek bevoorreg om haar deur die jare as mens te leer ken. Sy was nie meer die juffrou op ’n afstand nie. Uit haar vertellings oor haar lewe het ek die plaasdogtertjie ontmoet wat soggens saam met haar pa in die vragmotor skool toe gery het omdat haar ma nie wou hê sy moes met die onveilige skoolbus ry nie. Smiddae het haar pa haar weer kom haal. Dan het sy op sy skoot gesit en huis toe bestuur – in die veilige beskutting van sy arms. Haar laaste twee skooljare as Larrie (st. 9 en 10) was vir Christa besonder gelukkige jare. Hierdie verbintenis met La Rochelle het onwetend haar toekoms bepaal. Sy vertel dat sy as onderwyseres aan die Rocklands Meisieskool op Cradock deur onder andere ’n paar oud-La Rochelle-onderwyseresse oorreed is om vir die pos as hoof van La Rochelle aansoek te doen. Toe sy met die

Christa le Roux – ’n Lewe 4

aansoekbrief voor die posbus staan, het sy getwyfel of dit die regte ding is om te doen. Sy het skielik oorweldig en onbekwaam vir die taak gevoel. Maar toe kom die teksgedeelte uit die Bybel in haar gedagtes op: Wanneer jy jou hand aan die ploeg slaan, moet jy nie agtertoe kyk nie. En sy stoot sonder verdere huiwering die koevert deur die gleuf. Hierdie vasberadenheid en doelgerigtheid het ons as skoolkinders geïnspireer. En dikwels moedeloos gemaak. Want Juffrou Le Roux het nie sommer nee vir ’n antwoord aanvaar nie. Ons het gereeld gehoor: “Jy kan!”

La Rochelle was haar familie. Sy het persoonlik in elke leerling belang gestel en elkeen se naam onthou – selfs lank nadat sy uit die skool is. En tog het sy in haar latere lewensjare gewonder of sy enigsins ’n verskil in iemand se lewe gemaak het. In een van haar briewe aan my skryf sy: As ek soms terugdink aan my loopbaan, voel ek half onseker en selfs minderwaardig. As hoof en onderwyseres het sy nie

Hierdie vasberadenheid en doelgerigtheid het ons as skoolkinders geïnspireer. En dikwels moedeloos gemaak. Want Juffrou Le Roux het nie sommer nee vir ’n antwoord aanvaar nie. Ons het gereeld gehoor: “Jy kan!”

dikwels haar sagte binnekant vir ons gewys nie. Sy was jonk en moes ten alle tye in beheer bly. Ek onthou egter ’n keer in ons Afrikaans-klas toe sy vir ons uit ons Nederlandse voorgeskrewe boek, Bellen Blazen , voorgelees het. Sy het die verhaal van twee verliefde tieners gelees. Die meisietjie, Nan, het ernstig siek geword en was in die hospitaal ver van hul tuisdorp. Haar vriend, Koen, het haar met die trein gaan besoek en gewonder wat hy met haar sou gesels, hoe dit sal wees. Daarom het hy vir haar ’n goudvis saamgeneem om die ongemak tussen hulle minder te maak. Toe hy egter by haar hospitaalkamer instap, was alles tussen hulle net soos tevore. Die goudvis het vergete eenkant bly staan. Ek onthou dat Juffrou Le Roux se stem al hoe sagter geword het soos die verhaal gevorder het. En toe het sy stil gebly. Dit was ’n ewigheidsmoment. Ons was nie langer kinders teenoor ’n onderwyseres nie. Ons was mens teenoor mens. Toe die klok lui, het ons in ’n byna gewyde stilte uit die klas gestap.

5 Christa le Roux – ’n Lewe

Daar is ’n spreuk uit Afrika wat lui: Wanneer ’n ou man sterf, brand ’n biblioteek tot op die grond af. Dié spreuk eggo Christa le Roux se onvervangbare nalatenskap. Boeke was haar groot liefde. Selfs met ons laaste gesprek twee dae voor haar dood het sy haar swart notaboekie met die titels van boeke wat sy nog wou lees, uitgehaal. Ons het gesels oor Elsa Joubert se boek Spertyd . Oor haar eie oudword. En oor die dood. Sy het gewonder hoekom die Here haar nie die nag weggeneem het toe sy vroeër die jaar weens bloedklonte in haar been byna gesterf het nie. En sy het gevra: “Wat is my doel nog op aarde?” Ek wil vir haar sê: “Ek dink Juffrou se doel was om vir ons te wys hoe om voluit en dapper te leef. Om die hand aan die ploeg te slaan en nie agtertoe te kyk nie. Om tot aan die einde met deernis en liefde na mense rondom jou te kyk. En om vreugde te vind in die dinge wat jou na aan die hart lê.” In haar afskeidsboodskap aan die 1967-matrieks haal sy Henri F. Auriel aan: Life is short and we have not much time for gladdening the hearts of those who are travelling the dark way with us. O, be swift to love! Make haste to be kind! Ons groet u, liewe juffrou Daisy. Lizette Murray (née Vlotman, matriek 1970) 4 Junie 2025 Nota van biograaf: Ek gebruik so ver as moontlik bydraers se eie woorde in huldi gingsboodskappe, sowel as persoonlike herinneringe. Daar mag dus hier en daar duplisering of onkonvensionele taalgebruik wees. Meer as ’n streng, formele biografie is hierdie boek eerder ’n herinneringsboek aan ’n geliefde persoon – en moet as sulks gelees word. Wanneer oor Christa le Roux geskryf word, wissel die aanspreekvorme na gelang van wie aan die woord is. In dokumente en getuigskrifte word meestal na haar as mej. D. C. le Roux verwys. Vir sommige bydraers is sy meer formeel mej. Le Roux. Vir oud-leerlinge is sy Juffrou Le Roux. Vir ander net Juffrou. Of Juffrou Daisy. Of Daisy.

Christa le Roux – ’n Lewe 6

KAROOKIND

Van Willowmore tot die Paarl

My eerste winters was helder soos glas, elke asemteug op pad skool toe ʼn wattewasempie; die lug het jou ore geknyp en jou wange rooi geknuffel. Ek het verkaaps omdat die Boland die blouste berge en die langste winters het ... en die groenste tussenposes as die son die sagste en die stilste skyn. My hut sal ek kies in ʼn altydgroen, Bolandse bos ... maar ... die seperator sal ek hoor

En al die koesterklanke van my kindertyd. Lina Spies, “Vooruitsig”, uit Hiernamaals , 1992

7 Christa le Roux – ’n Lewe

Willowmore

In die Le Roux-familiebybel staan die volgende name netjies in swart ink geskryf: VADER: Pieter Frederik le Roux – 23.6.1895 – Willowmore. MOEDER: Anna Petronella Botha – Kruis Revier Oudtshoorn – 19 Mei 1897. GETROUD: 13 Feb 1928. KINDERS: Dewaltina Christina – 9 Febr 1932. C hrista le Roux word groot op die plaas De Hoop in die Willowmore-distrik, waar haar pa hoofsaaklik met skape boer. As enigste kind op ’n uitgestrekte Karooplaas, leer sy om haarself te vermaak. Sy het ’n besondere liefde vir troeteldiere, veral hulle skaaphonde en huiskatte. Sy bring ook baie ure op haar perd se rug in die veld deur. Sy en haar pa het ’n baie hegte verhouding. Toe Christa in sub. A op Willowmore begin skoolgaan, het haar pa haar soggens met die vragmotor ingeneem dorp toe en smiddae weer kom haal. Sy onthou: “Van my gelukkigste herinneringe as kind was smiddae se terugry plaas toe. Dan het ek op my pa se skoot gesit en die stuurwiel help vashou. Ek kon dus vroeg met selfvertroue motor bestuur.” Haar pa se pogings om haar te leer skiet was minder suksesvol. Elke keer wanneer sy die sneller moes trek, het sy haar oë toegeknyp, sodat Pa Piet eendag laggend sê: “Vir so ’n slim meisiekind is jy darem baie dom!” vertroude geselskap van ’n boek – in die son op die plaasstoep, of op ’n stoel in die hoek van die stil sitkamer. Christa kry haar weetgierigheid en liefde vir lees van haar ma, Annie. Laasgenoemde het as leerling aan die Oudtshoorn Girls’ High School verskeie boekpryse vir topprestasie ontvang. Dit blyk gou dat Christa besonder intelligent is en meer stimulasie nodig het as wat ’n plattelandse skool kan bied. Aan die einde van haar st. 8-jaar – waarin sy ’n algehele eerste plek in die Junior Sertifikaateksamen in Kaapland behaal – stuur haar ouers haar na La Rochelle. Christa kry haar weetgierigheid en liefde vir lees van haar ma, Annie. Dis ook hier op die plaas waar haar lewenslange liefde vir lees begin het. Sy vertel van die ure se terugtrek in die

Christa le Roux – ’n Lewe 8

Christa as baba saam met haar ouers.

9 Christa le Roux – ’n Lewe

Christa as volwassene saam met haar ouers

Willowmore-skooldae

Christa le Roux – ’n Lewe 10

La Rochelle: 1948-49

V an haar skooljare op La Rochelle skryf Christa in die 150 Jaar La Rochelle-gedenkboek : “Ek was ’n enigste kind wat die eerste keer ’n hele kwartaal van die huis af sou wees. Nogtans was die aanpassing by die groot skool en koshuis besonder maklik – moontlik omdat ons ’n hele

groepie nuwe st. neges was. Mej. Meyer het destyds pas afgetree as skoolhoof, maar was steeds hoof van die koshuis. Die dissipline in die koshuis was besonder streng, maar dit het my nie juis gepla nie. Die klem het op stiptheid, netheid, beleefdheid en gehoorsaamheid van reëls geval. Ons kon net twee maal ʼn kwartaal winkels toe gaan en het nog in ’n ‘rank’ gaan stap en kerk toe gegaan. “Donderdagaande het mej. Meyer self die godsdiens waargeneem en oor, onder andere, oortredings en goeie maniere gepraat. Dit het bekend gestaan as ‘General Exercises’. Ons was almal baie versigtig vir mej. Meyer en veral vir een van die ‘huisjuffrouens’, soos ons hulle genoem het – naamlik mev. Buckle. Ons het elkeen ’n ‘huistakie’ gehad, byvoorbeeld tafel dek. Een kwartaal moes ek bo-op die boekkassies in die studiesaal afstof – ’n taak waarvan ek niks gehou

11 Christa le Roux – ’n Lewe

Christa saam met haar 1949-matriekmaats

het nie, veral omdat mev. Buckle ’n mens gou teruggeroep het as jy nie netjies genoeg afgestof het nie! “In die skool was die skoolhoof, mej. Grundlingh, mej. Münchmeyer, Adjunkhoof, en mej. Nel, Senior Assistent, aan die roer van sake. Ek het gou reggekom met die skoolwerk, behalwe met die Engels Hoër, waarvoor ek nie kans gesien het nie. Gelukkig was mej. Grundlingh baie tegemoetkomend toe ek éérs na Engels Laer wou verander en toe weer na Engels Hoër. Nog iemand wat baie geduld met my gehad het, was mej. Nel, wat bereid was om die wiskunde probleme herhaaldelik te verduidelik.” Christa se volharding het vrugte afgewerp. Ook die feit dat sy gedissiplineerd en hardwerkend was – in so ’n mate dat mej. Meyer, die koshuishoof, een van die koshuisprefekte gevra het om te sorg dat sy elke dag tussen al haar studies sal rondstap: op die oop balkon in die binnehof van die koshuis!

Christa behaal die eerste plek op die merietelys van die Kaaplandse Senior Sertifikaat-eksamen, wat destyds Wes-, Oos, Suid- én Noord-Kaap ingesluit het. Daarby behaal sy eerste plekke in die Hoër Taalbond- en Geskiedenis Taalbond-eksamen.

Christa le Roux – ’n Lewe 12

DIE LEWE WINK

Vul vol deursigtigheid die beker van die Lewe. Ruim werk hy wag vir ons. Pablo Neruda, uit Ode aan die lewe

Stellenbosch Ná matriek studeer Christa aan die Universiteit Stellenbosch, waar sy haar B.A.-, Honneurs- en M.A-graad, asook haar Sekondêre Onderwysdiploma behaal. Haar M.A.-tesis, met die titel “’n Beskouing van enkele aspekte van ’n paar Afrikaanse romans – volkskundig, maatskaplik en individueel – in die lig van Europese romans met min of meer ooreenstemmende temas”, voltooi sy in 1954, met prof. dr. F.E.J. Malherbe (alombekend as Prof. Fransie) as haar promotor. Sy dra haar M.A.-tesis op aan haar ouers. Prof. Willem Kempen, Dekaan van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte, skryf in sy aanbevelingsbrief dat sy haar B.A.-graad, sowel as haar M.A.-graad cum laude sou geslaag het, as dit nie was dat sy haar studies as gevolg van siekte moes onderbreek nie. Gevolglik moes sy haar M.A.-graad binne ’n baie kort tyd voltooi en voorlê. In dieselfde jaar (1954) behaal sy die Sekondêre Onderwysdiploma met lof. In sy getuigskrif skryf prof. dr. W. J. du Preez Erlank onder andere: “Gedurende die vier jaar wat mej. D.C. le Roux my lesings in die Nederlandse letterkunde gevolg het aan die Universiteit van Stellenbosch, was sy altyd één van die beste, indien nie die beste student van haar jaargroep nie ... In die omgang is sy ’n

13 Christa le Roux – ’n Lewe

Stellenbosch

Letterkundevereniging Voorste ry, tweede van regs

Sangfees

Huis ten Bosch

Christa le Roux – ’n Lewe 14

Stellenbosch

beskeie, vriendelike en innemende persoonlikheid ... Sy is die soort vrou aan wie ek graag my eie kind sal toevertrou in die onderwys.” Foto’s uit Christa se studentejare vertel van ’n gelukkige, vrolike jong meisie tussen vriende en tydgenote. As ’n inwoner van Huis ten Bosch neem sy aktief aan die studentelewe deel en is lid van verskeie organisasies. Telkens

sien ons ’n onbesorgde, laggende Christa – saam met vriendinne op die grasperk voor die koshuis; op ’n brug tydens ’n studentetoer; voor ’n vlot tydens ’n jooloptog. Ons sien haar in tennisklere, raket in die hand; stralend in ’n aandrok tussen uitbundige mede studente in die stadsaal. Ook as lid van die Letterkunde-vereniging, saam met professore en tydgenote. Studentejare is egter nie nét onbesorg

In die omgang is sy ’n beskeie, vriendelike en

innemende persoonlikheid ... Sy is die soort vrou aan wie ek graag my eie kind sal toevertrou in die onderwys.

nie. Dit is dikwels ook die tyd waarin groot lewens- en beroepsbesluite gemaak word. Óf wanneer onverwagse teenslae jou soms in jou spore laat stuit. Die lewenskrisisse wat Christa as student en jong vrou beleef, lei tot ’n geloofsverdieping wat bepalend vir haar lewe vorentoe is. Tussen haar enkele persoonlike korrespondensie is daar uittreksels uit twee briewe.

15 Christa le Roux – ’n Lewe

Die een briefskrywer bemoedig die jong Christa met ’n aanhaling uit een van dr. Andrew Murray se oordenkings: There is immense power in stillness. All things come to him who knows how to trust and be silent. It is your business to learn to be peaceful and safe in God in every situation. When you feel loneliest and most forsaken, God is nigh. Be content to accept things that you cannot understand. Wait patiently. Presently He will reveal to you the treasures of darkness, the richess of the glory of the mystery. Mystery is only the veil of God’s face. Do not be afraid to enter the cloud that is settling down on your life. God is in it.

Die ander skrywer sluit haar brief so af: “Vir elke dag en vir elke ding wat oor jou kom, ontvang ’n mens genoeg genade.”

Met hierdie versekering kan Christa met nuwe moed die pad vorentoe aanpak. Sy besluit om onderwys as loopbaan te volg, eerder as die akademie. ’n Oud-leerder, Brenda Pagel, gee hierdie besondere getuigskrif van Christa met haar aftrede in 1991: “Christa le Roux is niks minder as ’n intellektuele reus nie. Sy kon enige beroep gekies het, maar het die onderwys gekies. En sy het een van die mees uitsonderlike onderwysers geword wat ek ooit geken het.”

Christa le Roux – ’n Lewe 16

Cradock

C hrista se eerste onderwyspos is by die destydse Hoër Meisieskool Rocklands op Cradock, waar sy in 1955 begin skoolhou, met Afrikaans as onderrigvak. Sy onthou haar onderwysjare op Cradock as gelukkige, vervullende jare. Die foto’s wat in hierdie tyd geneem is, onderstreep haar woorde. Daar is gesellige foto’s rondom ’n koshuis-eettafel; saam met leerlinge as CSV-leidster en sameroeper van die debats- en kultuurvereniging. Sy dien in verskeie ander komitees, byvoorbeeld die redaksie van die skooljaarblad en skoolbiblioteekkomitee, waarvan sy die hoof is. Daarby is sy verantwoordelik vir die opstel van eksamen- en toesigroosters. ’n Aangename verrassing is die foto’s van haar as aktrise in Die Arrestasie , ’n drama deur Uys Krige, wat deur die personeel opgevoer word en waarin sy een van die hoofrolle vertolk. Sy onthou haar beginjare aan die Hoër Meisieskool Rocklands as jare waarin sy baie skoolhou-ondervinding opgedoen het en baie by die skoolhoof, mej. C.E. Coetzee, geleer het – min wetende hoeveel hierdie mentorskap vir haar

in die nabye toekoms sou beteken. Ná sewe jaar word sy as Adjunkhoof by Rocklands aangestel – nog ’n onmisbare stuk voorbereiding vir haar pad vorentoe. Sy skryf in die 150 Jaar La Rochelle

Ek onthou nog met hoeveel huiwering ek die aansoek in die posbus laat gly het.

gedenkboek : “In daardie jaar (1962) het die betrekking as hoof van La Rochelle vakant geraak. Die pos is geadverteer, maar die Skoolkomitee – soos die Beheerraad destyds genoem is – was nie tevrede met die aansoek nie en het besluit om weer te adverteer. Nadat die voorsitter en van die personeellede wat destyds vir my onderwys gegee het, met my in aanraking gekom het, het ek besluit om aansoek te doen. Ek onthou nog met hoeveel huiwering ek die aansoek in die posbus laat gly het.” Een van die getuigskrifte wat haar aansoek vergesel, is die skoolhoof, mej. Coetzee, s’n wat Christa se twyfel oor haar eie bekwaamheid weerlê: “Die resultaat van haar deeglike onderwys word weerspieël in die prestasies van

17 Christa le Roux – ’n Lewe

Gelukkige Cradock-jare

haar leerlinge in die Departementele eindeksamens, en in die Tweetaligheid- en Taalbondeksamens. As gevolg van haar besielende ywer, het haar leerlinge in 1959 die F.S. Malan-beker in die Hoër Taalbond-eksamen verower. In 1961 het die Rocklands-kandidate in beide die Hoër- en Laer Taalbondeksamen die eerste plek verower. Die Adriaan Nel-beker is ook aan die skool toegeken aangesien die kandidate se algemene persentasie die hoogste van al die skole was.” Oor Christa as mens skryf sy: “Haar fynbeskaafde optrede en inherente bedagsaamheid lê ten grondslag van die agting waarmee al haar mede personeellede haar bejeën ... Mej. Le Roux is ’n welopgevoede, verfynde dame met ’n beskeie, vriendelike en innemende persoonlikheid. Sy handhaaf hoë lewensbeginsels. Haar netheid en gesteldheid op haar persoonlike voorkoms strek haar tot eer. Sy is ’n sieraad vir die onderwysprofessie.” Mej. Coetzee sluit haar getuigskrif só af: “Roepingsbewuste leerkragte van haar kaliber is min.”

Christa le Roux – ’n Lewe 18

Dokumente en aanstellingsbriewe La Rochelle

19 Christa le Roux – ’n Lewe

Formidabel

Met ligte tred

Christa le Roux – ’n Lewe 20

Ons Juffrou Daisy

21 Christa le Roux – ’n Lewe

TUISKOMS

Gee my net één dag soos toenterjare, ’n dag vol soetwyn uit Jerusalem, g’n drome droom – gesigte sien –

’n dag wat van wind en vlamme sing! Maak van my so’n nuwe Pinksterling dat ek die taal waarin ek gebore is, my eie klank, in elke geelvink en kanarie hoor; by tortels en by kokkewiet se kind die ABC van duisend warm woorde vind! Annette Snyman, “Gee my net één dag soos toenterjare”, uit Klein rondreis

La Rochelle

I n Januarie 1963 begin die 31-jarige Christa le Roux haar loopbaan as skoolhoof van die Hoër Meisieskool La Rochelle – ’n verbintenis wat 29 jaar (tot in 1991) sou duur. In hierdie tyd voltooi meer as 4 000 leerlinge matriek onder haar bekwame leiding. Trou aan haar aard was Christa reeds voor die begin van die skooljaar op haar pos in die kantoor om op die hoogte van sake te probeer kom. Sy vertel: “Terwyl ek vooraf gewonder het wat ek moes doen as ek daar kom, was ek gou genoeg besig om nuwe leerders in te skryf en met vakkeuses te help. Heelwat leerders is destyds ingeskryf kort voor, of selfs óp die eerste skooldag. My pa, wat nie wou hê ek moet alleen in die groot skoolgebou wees nie, het saam met my Paarl toe gekom. Bedags het hy in die skool en op die terrein rondgeloop. Mnr. Marnewicke, die toegewyde en trotse skoolopsigter, was baie ontstig en skepties oor die vreemde man in sy skool – sy heiligdom.” Van haar eerste skooldag as hoof van La Rochelle bly die herinnering aan die saalbyeenkoms en haar gewaarwording om op die verhoog van haar alma mater te staan vanwaar sy die personeel en leerders moes toespreek, glashelder.

Christa le Roux – ’n Lewe 22

“Die voorsitter van die skoolkomitee het later gesê dat hy eers gerus gevoel het oor my aanstelling nadat hy my sien optree het,” vertel Christa. Met haar kenmerkende flink stappie en selfversekerde, fier houding het sy gesag ingeboesem. Haar vasberadenheid en vermoë om nie weg te skram van uitdagings nie, het vertroue by haar personeel en leerlinge ingeboesem. Sy het gou by die leerlinge aanklank gevind en hul name in ’n japtrap leer ken – wat natuurlik in haar guns getel het, beide vir die respek wat sy daardeur afgedwing het en vir die handhaaf van goeie dissipline. Hoewel sy in daardie eerste jare getwyfel het of sy die mas gaan opkom, het sy nie laat blyk dat sy dikwels oorweldig en ontoereikend gevoel het nie. In die 150 Jaar La Rochelle-gedenkboek skryf sy: “Die verantwoordelikheid van die hele skool het swaar op my gerus. Daarby was ek ook nog by die koshuis betrokke. Ek onthou dat ek gedurende die eerste kwartaal dikwels aan myself gesê het dat ek net twee jaar moes uithou. Daarna sou ek kon weggaan sonder om te voel dat ek weghardloop. Min het ek geweet dat die twee jaar 29 jaar sou word. Toe die eerste vakansie aanbreek, was ek baie verlig dat ek dit oorleef het.” Die ABC van duisend warm woorde N adat sy aanvanklik voorligting en godsdiensonderrig vir groot klasgroepe moes aanbied, het sy ná die eerste jaar daarop aangedring om Afrikaans aan een van die st. 9-seksieklasse te gee. Later het sy ook vir enkele dogters letterkunde as vak aangebied. Een van hierdie leerders, Deodi Yiannou (née van Zyl), skryf: “Juffrou Le Roux het my laat voel sy gee regtig om. Toe ek nie met wiskunde wou voortgaan nie en heel paniekerig die opposisie (Girls’ High) oorweeg het oor die vakkeuse, het sy die Departement genader en toestemming gekry om vir my letterkunde as vak aan te bied.” Hierdie interaksie met leerders, terwyl sy as bonus Afrikaans – haar groot liefde – aan hulle oopbreek, was vir haar, sowel as vir die leerlinge, ’n verrykende ervaring.

23 Christa le Roux – ’n Lewe

’n Paar leerlinge uit haar 1970-Afrikaans-klas skryf oor die impak van haar onderrig: “Vir Juffrou Le Roux het ek groot bewondering en respek gehad.

Daarom was daar nooit by my enige twyfel dat ek ’n onderwyseres wou word nie. Ek onthou nog helder hoe sy sekere dinge by ons ingeprent het. So sal ek byvoorbeeld nooit vervelig en verveeld verwar nadat ek eenkeer in die Afrikaansklas vir Juffrou Le Roux gesê het ek is vervelig nie. Sy het geantwoord dat ’n mens nét verveeld kan wees. Werk is vervelig.” Roma Ungerer (née Prentice)

Vir Juffrou Le Roux het ek groot bewondering en respek gehad. Daarom was daar nooit by my enige twyfel dat ek ’n onderwyseres wou word nie.

Annette du Plessis (n ée Geldenhuys) herroep: “Ons was ’n kleinerige klasgroep wat albei tale op hoër vlak geneem het. Toe ons in standerd nege kom, word ons beloon met die skoolhoof wat vir ons Afrikaans gee. Nou kyk, van standerd ses af is ons al beïndruk deur ons mooi en jong skoolhoof, maar sy was so ver bo ons verhewe, dat ons haar maar van ver af bewonder het. Skielik was sy hier by ons in die kleinerige klaskamer bokant die kantoor. Skielik besef ons sy ken ons wel deeglik en sy verwag ook net die beste van elkeen van ons. Sy was immers self ’n Kaaplandse nommer een-leerling op haar dag. Suiwer Afrikaans, die korrekte woord, die interessante woord, die mooi woord – dié het ons by haar geleer. Tot vandag toe nog praat ons onder mekaar oor ons aandrang op korrekte spelling en afkeer van Anglisismes, om van ‘gemixte’ taal nie eens te praat nie! Ook die grondslag van ’n waardering vir die letterkunde, Afrikaans en Nederlands, het ons by haar gekry. Olé , André Brink se reisverhaal oor Spanje, het ek al vir baie vriendinne wat in Spanje wou gaan reis, uitgeleen omdat dit so baie inligting oor die land op so ’n oorspronklike en humoristiese wyse gee. Daar was ook die weemoed van ’n Winternag van Eugène Marais en die heerlike eerste-liefde-stories in ons Nederlandse kortverhaalbundel. ’n Ander soort opgewondenheid was om haar kriptiese kommentaar in ons opstelboeke te lees. ‘Interessant’ (Is dit al?). ‘Goed’ (Net dit?). ‘Uitstekend’ (Hoera!). Kwistig met die punte was sy beslis nie, maar miskien het dit ons juis aangespoor om ons allerbeste vir haar uit te haal.”

Christa le Roux – ’n Lewe 24

Wysheid en Visie M ej. Le Roux slaag daarin om die skool met kalmte en wysheid deur die Suid-Afrikaanse politieke vaarwaters van die laat-sewentigs – met die Soweto-slagting en skole-opstande en -protesoptogte in Langa, Nyanga en Guguletu – te navigeer. In ’n snelveranderende wêreld verseker sy dat leerlinge op die hoogte van wêreldgebeure bly. In 1969 word ’n saalbyeenkoms byvoorbeeld afgestaan om leerlinge in te lig oor die eerste suksesvolle maanlanding. In haar tyd as skoolhoof is dit ook die gebruik dat prefekte weekliks wêreldnuus en brokkies interessante inligting op elke registerklas se bord skryf. Elke maand is daar dan ’n algemene kennis-toets hieroor geskryf en die punte by ander prestasies gevoeg om te bepaal wie die spanskild aan die einde van die jaar verower.

Aan die tuisfront is daar ook tydens mej. Le Roux se termyn vele uitdagings. In 1965 word Gimnasium Seunskool ’n ko-edskool en La Rochelle verloor hul broerskool én graad 7-dogters wat verkies om na die nuwe ko-ed-skool te gaan. Mej. Le Roux onthou ook die spanning toe die Onderwysdepartement en Skoolraad met die aanbreek van die 1975-skooljaar bekend maak dat hulle die moontlikheid van amalgamasie van La Rochelle met die Hoër Jongenskool en Hoër Meisieskool oorweeg. Sy herroep dié onseker tyd

in die 150 Jaar La Rochelle-gedenkboek : “Die skoolkomitee het dit eenparig afgekeur, maar die onsekerheid het ’n ruk voortgeduur. Nadat die Departement besluit het om aan die Hoër Jongenskool groot uitbreidings en opknappings toe te staan, het hierdie amalgamasieplan deur die mat geval. Die onsekerheid het egter voortgeduur en daar was toe weer sprake daarvan dat La Rochelle en die Hoër Meisieskool sou amalgameer. Eindelik het die Departement – tot ons verligting – aangekondig dat La Rochelle die status van dubbelmedium meisieskool sou behou.”

25 Christa le Roux – ’n Lewe

My Larries A s skoolhoof én mens het Christa le Roux ’n lewendige belangstelling in sport

en kultuur. Sy word dikwels langs die sportveld gewaar. Op ’n foto wat tydens ’n interhuis-swemgala geneem is, staan sy in ’n ontspanne luim – haar snyerspakkie verruil vir ’n informele geblomde romp – met ’n groot Cillié-roset op haar wit bloes vasgespeld. Sy woon gereeld die skoolkoor se uitvoerings in die Kaapstadse stadsaal by en vergesel groepe leerlinge na die destydse H.B. Thomteater of na Maynardville vir Shakespeare-opvoerings. As Afrikaans-onderwyser lê debatvoering en redenaarskompetisies haar na aan die hart. Haar teenwoordigheid by sulke geleenthede is vir die leerlinge vanselfsprekend. Per geleentheid vergesel sy selfs leerlinge wat opstelwedstryde gewen het Kaapstad toe vir die oorhandiging van hul pryse. Musiekleerlinge het gereeld tydens saalperiodes opgetree. Sy sien ook toe dat betrokke leerlinge ná leierskonferensies of landsdiens- en CSV-saamtrekke in die saal aan die ander leerlinge verslag kom doen. In die dae voor Larrie-nuus en prestasies op sosiale media gedeel kon word, het sy gesorg dat foto’s en nuusbrokkies van presteerders in Die Burger of Paarl Post verskyn. Elke jaar se prysuitdeling is ook volledig in die plaaslike koerant geplaas – die spreker se toespraak inkluis. Op haar boekrakke tuis het die jaarblaaie van haar jare as hoof van La Rochelle – in vyf netjiese bundels ingebind – gestaan. Daarnaas talle albums met fotoknipsels en koerantberiggies van leerders se sport- en ander prestasies. As kind was ’n mens nie daarvan bewus hoe intens sy met elke Larrie – op watter terrein ook al presteer is – meegeleef het nie. Vandag is die skoolalbums ter insae in die argief, saam met haar persoonlike foto-albums, graadsertifikate en prestasietoekennings wat sy verwerf het. Christa le Roux het stil-stil ’n groot impak op verskeie terreine gemaak.

Christa le Roux – ’n Lewe 26

Toekennings U it koerantberigte en foto’s blyk dit dat Christa in 1990 ’n langdienssertifikaat ontvang “ter erkenning en as blyk van waardering vir 30 jaar ononderbroke volgehoue bevredigende en toegewyde diens in die Staatsdiens van die Republiek van Suid-Afrika”. Hierdie sertifikaat, met die landswapen, is geteken deur minister Piet Clase, die destydse minister van onderwys. Met haar aftrede in 1991 ontvang sy ’n toekenning van die Parow Onderwyssentrum. Die meegaande sertifikaat lui: “Hiermee word verklaar dat mej. D. le Roux nie net ’n Vriendin van die Sentrum was nie, maar ook haar volle steun aan die Sentrum in sy strewe tot die professionele en persoonlike ontwikkeling van leerkragte, verleen het.” (sic) Christa is ten nouste by die jaarlikse Burger Strandhuis Jeugleierskonferensie betrokke en tree gereeld as raadgewer en groepleier op om die kursusgangers se kritiese denke te help vorm en die leerlinge in kleingroepverband te help met voorbereiding vir hul individuele optredes voor die hele groep jeugleiers.

27 Christa le Roux – ’n Lewe

Die Suid-Afrikaanse Taalbond is in 1890 in Stellenbosch gestig om te waak oor die belange van die Afrikaanse taal (destyds “volkstaal” genoem) en het hom sedert die vyftigerjare veral beywer vir die bevordering van Afrikaans-Engels tweetaligheid deur middel van sy Junior- en Senior Tweetaligheidseksamen. In 1994 vereer die Taalbond Christa le Roux vir haar bydrae van 30 jaar, saam met ander lede, soos prof. Theo Pauw, destydse hoof van die Skool vir Blindes op Worcester. Sy ontvang by hierdie geleentheid ’n toekenning vir haar lang dienstydperk. In die Stellenbosse koerant, Eikestadnuus , van Vrydag 29 April 1994 word ook melding gemaak van haar prestasies – in die geskiedenis van die SA Taalbond waarskynlik enig in sy soort – deur eerste plekke op die merietelyste van onderskeidelik die Hoër Taaleksamen van die Taalbond, die Hoër Geskiedeniseksamen van die Taalbond en die Senior Sertifikaateksamen van die Kaaplandse onderwysdepartement te behaal. Die ontvangs van die Taalbondtoekenning – ’n volkleur afbeelding van die Taalbond-embleem op hout gemonteer, met ’n toepaslike inskripsie op ’n metaalplaatjie – is ’n uitsonderlike prestasie en eer. Elke toekenning ontvang Christa met grasie en beskeidenheid, sonder enige fanfare – met dankbare erkentlikheid aan God. Ons onthou Juffrou Daisy C hrista le Roux is deur haar leerlinge meestal as streng en soms selfs as onverbiddelik gesien – veral deur dié wat die reëls ’n bietjie wou buig of doelbewus oortree het. Voor een galabyeenkoms het sy die Pride-dirigente summier huis toe gestuur om ander klere te gaan aantrek nadat hulle hul blommetjie-skoolrokke versnipper het om blou dirigente-uitrustings saam te flans. Tog was sy regverdig en ook bereid om verskoning te vra indien sy verkeerd was of iemand te na gekom het. ’n Leerling uit die sestigerjare vertel: “Juffrou Le Roux het my eendag kantoor toe laat kom en aangespreek oor wenkbroue wat sy gedink het ek inkleur. Sy wou my nie glo nie ... Selfs haar sakdoekie gaan natmaak om seker te maak. Ewe mooi om verskoning gevra toe sy besef my wenkbroue is van nature so swart.”

Christa le Roux – ’n Lewe 28

Nog ’n oud-leerder uit daardie tyd, toe opgestapelde hare (“beehives”) hoogmode was, onthou: “Sy het gereeld my hare uitgekam by die badkamers naby Reptiel (die fisiologie-onderwyseres) se klaskamer. My ‘beehive’ was te hoog volgens haar standaarde. Maar die uitkammery het nie veel gehelp nie.” Soms het sy skalks laat blyk dat die leerders se ondernemingsgees en ondeundheid haar amuseer. Een van die 1964-matrieks vertel: “Net voor bloktyd in matriek het ek en ’n paar ander deur ’n gat in die heining agter die koshuis geglip en kortpad na die Gim koshuise gevat. Ons het hulle beddens gaan dop, want ons was glad nie gelukkig dat hulle die volgende jaar meisies gaan inneem nie. Ons het vol bravade teruggekom, min wetende dat ons verklik is. Daisy het vir ons by ’n gat in die heining ingewag en opgekommandeer kantoor toe. Na ’n goeie skrobbering en dreigement om ons getuigskrifte te kanselleer, is ons terug klaskamer toe. Wat ek egter van daardie insident onthou, is die lag in haar oë. Daar het geen haan daarna gekraai nie.” Nog ’n oud-leerling dink met nostalgie terug: “Ek het my verkyk aan haar hoëhakskoene as sy op die verhoog gestaan het. Die vorige hoof het sulke dik hakke gedra. Ek het my ook verkyk aan haar mooi bene. Daisy was ’n mooi vrou.” In die 2010-feesboek deel mev. Christi Els (née Du Plessis), ’n oud-Larrie, sowel as oud-onderwyseres, haar herinneringe aan Christa le Roux: “’n Perfeksionis wat dogters en personeel met ’n ysterhand in ’n fluweelhandskoen gelei het. Ek onthou hoe sy ’n mini-revolusie van ’n paar personeellede, wat op ’n dag in Februarie besluit het om in die somerhitte sonder sykouse skool toe te kom, ferm in die kiem gesmoor het. Sy het ons vriendelik attent gemaak op die kleredrag-kode vir die personeel en toegekyk hoe ons maar ewe verleë die volgende snikhete dag weer in sykouse verskyn het.” Omdat Christa le Roux meestal binne bestaande norme en regulasies opgetree het, is haar versiendheid en waagmoed nie altyd raakgesien of dalk genoeg waardeer nie. Sy kon “uit die boks dink”, sonder om ooit haar beginsels te versaak. Sy kon ook onder druk koelkop bly, goeie oordeelsvermoë behou en getrou bly aan haarself. Soms het sy besef die saak is groter as haar persoonlike mening en het dan toegegee.

29 Christa le Roux – ’n Lewe

In opdrag van mej. Meyer was dans in die J.J. Meyersaal verbode. Johanna Longland vertel dat sy in 1978 by mej. Le Roux gepleit het dat die matrieks met hul matriekafskeid wel in die saal mag dans. Johanna het aangevoer dat sy andersins ’n groot opstand (“paleisrevolusie!”) te wagte kon wees, omdat die gevoelens oor dié kwessie besig was om oor te loop. Ná aanhoor

van die pleidooi het mej. Le Roux omgedraai en uitgestap. Sy het sonder enige verdere kommentaar oor hierdie kwessie by die st. 9-reëlingskomitee-vergadering ingestap en gesê: “Julle kan dans” – en uitgestap. In die 150 Jaar La Rochelle-gedenkboek skryf mev. Els onder andere: “Mej. Le Roux het ook die versiendheid gehad om een jaar, tydens die Desembervakansie, saam met mev. Elize Malan,

’n bestuurslid, haastig te organiseer, en toe die skole die Januarie heropen, kon ons Frans as vak aanbied, een van die min plattelandse skole wat dit kan doen. Van ’n begingroepie van 12 leerlinge destyds, het Frans as vak vandag ’n groot aantal leerlinge en dit staan sterk en trots in La Rochelle. Danksy mej. Le Roux se visie en vasberadenheid.” Op ligte noot vertel Amanda Lochner, ’n vorige hoof, van mej. Le Roux se laaste besoek aan die skool op 7 Februarie 2020, net voor die Covid-pandemie uitgebreek het: “Ons het van hierdie geleentheid gebruik gemaak om Christa se verjaarsdag op 9 Februarie te vier en ook die nuwe Larrie-somerrok en hoed bekend te stel. Sy het opgedaag – netjies en stylvol aangetrek soos almal haar ken. Aan haar voete was egter ’n paar wit tekkies – totaal uit pas met haar uitrusting. Sy het haar nie gesteur aan wat ander moontlik kon dink nie. Haar eie gemak was belangriker. Sy was immers 88.” Juffrou Le Roux se verjaarsdag op 9 Februarie is elke jaar op luisterryke wyse deur die La Rochelle-personeel en -leerlinge gevier. Gewoonlik het die leerlingraad haar voor skool verras met ’n groot bos blomme, ’n verjaarsdaglied en kaartjies met gelukwense. En natuurlik ’n toesprakie van die hoofdogter. Tydens die saalperiode is hierdie ritueel herhaal – in oortreffende trap – soos net meisies dit kan doen. En dan was daar later die dag ’n ongekende lang pouse,

Christa le Roux – ’n Lewe 30

met koek-en-tee in die personeelkamer en ’n roomys vir elke Larrie.

Op ’n foto van haar 90ste verjaarsdag op 9 Februarie 2022, staan Christa voor haar woonsteldeur by Huis Altena in die Strand. Saam met haar op die foto verskyn onder andere die pas-aangestelde nuwe skoolhoof, Elsabé Conradie. In Christa se hande is ʼn klein bossie rose. Sy vertel later: “Vir my was dit ’n besondere, intieme ervaring, die hoogtepunt van my dag. Ek het besef La Rochelle het my nie vergeet nie. Die opregte gebaar het vir my meer as groot loftuitings beteken. En daarby verkies ek mos klein bossies blomme eerder as groot ruikers!” Klein gebare – groot impak E en van Christa se kenmerkende eienskappe is juis haar aandag aan detail wat vir ander onbenullig mag wees. Oud-skoliere en kollegas onthou haar klein gebare van omgee: ’n Kaartjie met opregte Kersfees- of verjaarsdagwense. ’n Geskenkie wanneer sy kom tee drink. ’n Briefie of oproep om medelye of gelukwense oor te dra. ’n Telefoonoproep ná ’n besoek. As skoolhoof het sy dieselfde erkentlikheid van haar leerlinge verwag. Ná ’n prysuitdeling moes elke leerling wat ’n prys van ’n persoon buite die skool ontvang het, ’n bedankingsbriefie skryf. Soms moes die briefie oorgeskryf word nadat sy die spelling en taalgebruik gekontroleer het. Eers wanneer sy tevrede was, is die brief gepos. Goeie maniere was vir Christa le Roux ononderhandelbaar. Net soos netheid, stiptelikheid, bedagsaamheid en medemenslikheid. In 1970 besoek sy Israel tydens haar langverlof. Met haar terugkeer roep sy die hoofmeisie en onderhoofmeisie kantoor toe en gee vir elkeen ’n borsspeld wat in die vorm van ’n klein rosie uit ivoor gesny is. Met daardie opregte gebaar wou sy sê: “Ek het aan julle gedink toe ek dit uitgesoek het.” En op hul beurt het elke ontvanger gedink: “Daar ver in die wêreld, weg van La Rochelle, het Juffrou Le Roux spesiaal aan my gedink.”

31 Christa le Roux – ’n Lewe

Ek sien jóú raak T ussen al die veeleisende aansprake op haar as skoolhoof was sy deurentyd op die hoogte van individuele leerders se behoeftes. Niks het haar moederlike oog ontglip nie. Sy het gereeld leerders ingeroep om met hulle oor punte, persoonlike omstandighede of beroepskeuses te gesels. Hierdie gebare van opregte belangstelling en warm menslikheid word steeds onthou. Marianna Brink (née Mostert) skryf in ’n huldeblyk: “Eendag, ons was in matriek, het sy my na haar kantoor geroep. Dit was na ’n eksamen en ek het dadelik geweet waaroor dit gaan. Ek was nooit iemand vir tale nie en my Afrikaanse en Engelse punte het my gemiddelde punt baie beïnvloed. Ten spyte van my bewerasie en droë mond, het sy my gemaklik laat voel. Haar woorde ‘ek weet jy kanʼ het ek met my saamgeneem en was my inspirasie ná skool en in my loopbaan. Ek was positief en selfversekerd. My suksesstorie het by Juffrou Le Roux begin.” Nog ’n leerder uit die sewentigerjare, Magda Gadd-Claxton (née De Vries), skryf ná mej. Le Roux se dood: “Ek sal Juffrou Le Roux altyd onthou as die juffrou wat my die eerste dag by die skool soveel moed ingepraat het dat ek kans gesien het vir alles. Sy was ’n dierbare mens. Ek was maar baie bang om van ’n klein skool in die platteland na die groot skool toe te kom. La Rochelle – en Juffrou Le Roux – het my gehelp om positief te wees en nie moed op te gee nie.” Wanneer iemand aan mej. Le Roux se kantoordeur geklop het, het sy haar werk onderbreek om te luister. Annette Klem (née Roux), hoofdogter in 1964, skryf: “Juffrou Le Roux se kantoor was altyd vir ons as leerlingraad oop. Sy het goeie raad gegee en ook ’n lekker sin vir humor gehad. Ek het baie mooi herinneringe van haar.” Een van die 1964-matrieks onthou met deernis: “Ek het in st. 9 my voet in die liggaamsopvoedingklas seergemaak. Dit was seker so teen elfuur se kant. Juffrou Le Roux wou my nie huis toe laat gaan nie, want dan sou my skool-teenwoordigheidsprys in gedrang kom. Ek moes in mej. Du Toit, die sekretaresse, se kantoor sit tot aan die einde van die skooldag. Juffrou Le Roux het my toe self met haar motor huis toe geneem, saam met my geloop tot by die voordeur en my oorgegee aan my ma. Ek was haar ewig dankbaar, want met die prysuitdeling daardie jaar het ek my boekprys vir 9 jaar teenwoordig,

Christa le Roux – ’n Lewe 32

ontvang. Ek was baie lief vir Daisy. Daarom het ek haar diens bygewoon. Ek onthou haar altyd op haar verjaarsdag, 9 Februarie.” Mej. Le Roux het haar intens ingeleef in haar leerders se prestasies. Soms was daar egter niemand met wie sy haar vreugde kon deel nie. In die 150 Jaar La Rochelle-gedenkboek herroep sy hierdie ervaring: “Aan die einde van 1970 het twee van ons leerders hulle op ’n besondere wyse in die Senior Sertifikaat eksamen van die Kaapprovinsie onderskei ... Ons was trots en verheug toe Marinda de Waal eerste op die lys gekom het en Annette Geldenhuys sewende. Ek was in die trein op pad terug Paarl toe, toe ek die nuus verneem het. Ek was in trane toe ek besef het dat ek op daardie tydstip die blye nuus met niemand kon deel nie.” Dit wat saak maak C hrista le Roux was ’n Karookind, wat in afhanklikheid van die natuur geleef het en geleer het om waarlik dankbaar te wees vir elke gawe wat na haar kant toe kom. Dieselfde dankbaarheid kom na vore in haar volwasse lewe en ook in die manier waarop sy die skool bestuur.

In die 150 Jaar La Rochelle-gedenk boek skryf sy: “Daar was ... tye van vreugde en opregte dankbaarheid. Die skool kon slegs ’n klein bedraggie as ‘skoolfonds’ van elke leerder se ouers invorder. Die skool het dus oor baie beperkte fondse beskik en

elke aankoop uit fondse was iets om oor dankbaar te wees. So was daar blydskap oor die aankoop van een skoolbussie en later ’n tweede. ’n Ander bron van vreugde was die inwyding van ons eie swembad in 1976. Vroeër kon die leerders net gedurende sekere lesure swemlesse in die munisipale swembad ontvang, maar nou kon hulle tydens en ook na skoolure in hulle eie swembad baljaar. Hoewel die Departement ’n bydrae gelewer het, was die skool hoofsaaklik verantwoordelik vir die koste van die swembad.” 1980

33 Christa le Roux – ’n Lewe

Kinders kyk dikwels van buite af en sien slegs die ooglopende raak. Hul aannames is dikwels gegrond op persepsies en nie op feite nie. Die roomkleurige Mercedes Benz-motor waarmee Christa in die sewentigerjare gery het, is deur baie as ’n statussimbool gesien. In ’n gesprek jare later blyk dit dat haar pa daarop aangedring het dat sy veiligheidshalwe die heel beste motor sal aanskaf wat haar nie in die steek sal laat wanneer sy vrou-alleen op pad is nie. Met die opruim van haar woonstel het die keurigheid en geselligheid opgeval. Alles het van fyn smaak getuig. Daar was egter geen sprake van uitspattigheid of oordadigheid nie. Ná haar dood was die enigste juwele in ’n blou-en-wit Japannese porseleinhouertjie met blaartakkies en poeierblou voëls op die deksel, ’n paar stringe pêrels, pêreloorkrabbetjies en antieke borsspelde, onder andere ’n silwer borsspeld met die La Rochelle-skoolwapen daarop – ’n verjaarsdaggeskenk van die skool. Haar boekrakke was egter vol boeke – en die jongste Die Burger het nog op die koffietafeltjie gelê.

Christa le Roux – ’n Lewe 34

Vriende en familie vir latenstyd

35 Christa le Roux – ’n Lewe

Samesyn

Laaste samesyn 14 September 2022

Christa le Roux – ’n Lewe 36

VER KYK

Ek het vir die Here gesê: “Ek behoort aan U, daar is vir my niks goeds nie, behalwe by U. Here, u is my lewe, u sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. ’n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi. U leer my hoe om te lewe.

By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is. Psalm 16, verse 2, 5, 6 en 11, La Rochelle Skoolpsalm

Die La Rochelle-roos

37 Christa le Roux – ’n Lewe

Strand A an die einde van 1991 – met haar aftrede ná 36 jaar in die onderwys – verhuis Christa op 59-jarige ouderdom na die Strand. Haar woonstel is teen die see – hoog bo die besige Kusweg se rustelose kom en gaan van motors en mense. Soos op haar geboorteplaas, span die horison hier wyd en sy kan ver kyk. Dit is ’n tyd vol nuwe ervarings. Nuwe geleenthede. Nuwe drome. In die volgende klompie jare verken Christa nuwe landskappe – nie net rondom haar nie, maar ook in haar gees. Dit word ’n tyd waarin sy ou vriendskappe – soos dié van haar vriendin Lenore le Roux uit haar Cradockjare – koester en nuwe vriendskappe smee. Christa kan nou ook baie tyd saam met haar bejaarde ouers, wat ook in die Strand woon, deurbring. Ma Annie, ’n verpleegster van beroep, was jare lank die een wat sorgsaam oor Christa gewaak het. Nou het die rolle omgeruil. ’n Oud-leerling, Jeanne Cillié, vertel dat sy Christa dikwels langs die strand raakgeloop het waar sy haar verswakte ma in ’n rolstoel stoot. Met die rustiger lewenstempo aan haar kant, kom haar ingebore sorgsaamheid en meelewendheid tot hul reg – ook in haar breër vriendskapskring. Van haar nuutgevonde vriendinne vertel hoe sy met ’n eetdingetjie in die hand kom inloer het wanneer hulle siek was, of hulle dokter toe geneem het, of sommer net kom verneem het hoe dit gaan. Tussen haar briewe kry ek ’n nota: “Aan my goeie verpleegstertjie: baie dankie vir al jou sorgsaamheid en geduld met verskeie soorte kwale! Ek hoop daar sal nou nie weer verpleging nodig wees nie.” Christa kon ook nou meer tyd saam met haar niggie, Hannie Hoffman, vir wie sy baie lief was, deurbring. Tot aan die einde was Hannie haar vertroueling wat haar met inkopies en doktersafsprake gehelp het. Hannie vertel dat Christa haar soms benoud gebel het om te vra of sy nie vir haar eetgoedjies kan bring nie, want sy kry onverwags mense. Dan het Hannie haar sommer gehelp om ’n mooi teetafel vir die geleentheid te dek. Die dag voor Christa se dood het Hannie haar dorp toe geneem. Christa was besonder vrolik en het vir Hannie gesê dat sy vir ’n slag ook naelpolitoer en lipstiffie wil koop.

Christa le Roux – ’n Lewe 38

Een van die hartsvriendinne wat Christa ná haar aftrede ontmoet het, was Mimie van Rensburg, voormalige skoolhoof van die eertydse Laer Meisieskool Robertson. Toe Christa as nuwe inwoner by haar bure in die Welgelegen woonstelblok inloer om kennis te maak, het sy ook by Mimie se woonsteldeur aangeklop. Mimie was besig om televisie te kyk. Sy het Christa vriendelik

ingenooi, maar dit duidelik gestel: “As jy hierdie tyd van die dag kom kuier, moet jy saam met my sepies kyk.” Dit was die begin van ’n hegte vriendskap. Christa en Mimie het uiteindelik saam besluit om na Huis Altena te trek en

As jy hierdie tyd van die dag kom kuier, moet jy saam met my sepies kyk.

hul onderskeie Welgelegen-woonstelle te behou. Hierdie besondere vriendskap duur voort: dwarsdeur die Covid-pandemie en Mimie se latere opname in die versorgingseenheid – waar Christa haar elke dag besoek – tot met Christa se dood. Die totale inperking tydens Covid is vir Christa ’n ontstellende ervaring. Die feit dat sy in haar woonstel vasgekluister is en geen fisiese kontak met enige iemand mag hê nie, is vir haar traumaties. Dit ontstel haar ook dat sy nie vir haar gereelde ooginspuitings, wat die agteruitgang van haar oë help vertraag, mag gaan nie. Haar sig verswak drasties en sy sukkel al hoe meer om te lees. Sy mag ook nie vir opvolg-gehoortoetse gaan nie en haar gehoor gaan agteruit. In dié tyd luister sy baie musiek, maar speel dit so hard dat sy nie haar foon hoor lui nie. Die gebrek aan kontak met die buitewêreld laat haar nog meer vereensaam. Tog bly sy moedig en glo vas dat die inperking gou opgehef sal word. Tydens die pandemie skryf sy dié bekende woorde uit ’n Engelse gesang in haar notaboekie: Because He lives, I can face tomorrow. I don’t know what the future holds, but thank God! I know who holds the future. And life is worth the living just because He lives. Met die opheffing van die Covid-regulasies bel sy een oggend. Sy is uit haar vel: “Vandag het ek vier keer om die gebou gestap en die son op my vel gevoel. Ek kon ook weer die see ruik. Ek is dankbaar. Die Here is goed.”

39 Christa le Roux – ’n Lewe

Reis

The road is always better than the inn. Cervantes [soos in Engels vertaal]

D ie jare ná haar aftrede word vir Christa ’n ryk vervullende lewenseisoen. Sy pak opwindende toere dwarsoor die wêreld, asook in Suid-Afrika, aan. Sy geniet die saamreis, sonder die verantwoordelikheid van besluitneming. Sy kan haarself spontaan oorgee aan elke ervaring. Christa reis egter nie bloot om ’n bestemming in haar dagboek te kan aftik nie. Elke reis loop saam met ’n diep honger na meer kennis en insig oor ’n land, sy kultuur, sy mense. Dit bied ook vir haar ’n geleentheid om met meer insig na haarself en haar plek en doel in die wêreld te kyk. Die nuutgevonde vriende en geesgenote wat sy tydens hierdie toere ontmoet, bly tot aan die einde van haar lewe ’n kosbare kleinood. Tydens ’n toer na die Britse Eilande besoek Christa onder andere die Skotse hooglande met sy kastele, asook die Skotse hoofstad Edinburgh, en Ierland. Sy woon tipiese Ierse musiekaande, kabaretvertonings en verskeie teaterproduksies in Londen by. Daar gaan nuwe wêrelde vir haar oop. Nuwe maniere van doen en dink en leef. Die besoek aan Shakespeare se geboortehuis in Stratford-Upon-Avon inspireer haar om die bekende woorde uit As You Like It in haar notaboekie te skribbel: The fool thinks himself to be wise, but the wise man knows himself to be a fool.

Van Thailand tot Genève

Christa le Roux – ’n Lewe 40

Made with FlippingBook Digital Publishing Software