Boishaaier 2018

YMCA (1912)

Student Council Association

The SCA started in 2018 with 121 men willing to serve as group leaders. Our theme for the year was friendship. We equipped the learners with knowledge of how to be a loyal friend and also looked at stories in the Bible that give us examples of young men staying true to their faith and friends. “What the ascension of Jesus means for us”, was the topic on Thursday 10 May and Bekker explained in the lesson that we need to celebrate Jesus. The third term was a short one for the SCA because of the Grade 12 September examination starting at the end of August. The start of the third term is always a special time of the year because of Interschools along with the festive atmosphere in the school. In the first two lessons we focused on how to approach the week and the importance of being competitive yet keeping your values intact. The rest of the term we continued with our lessons about friendship, which we regard of such great value at our school. Ons was bevoorreg om in 2018 na ’n verskeidenheid sprekers te kon luister. Die fakulteit Teologie van Stellenbosch Universiteit het ons in die eerste kwartaal besoek met hulle boodskap

van #bemorebechange. Die seuns het dit geniet en hulle kon ook ná die tyd navraag doen oor beskikbare rigtings. Ons was baie geseënd om besoek te word deur drie manne wat deur die Here van die dood bevry is en ’n tweede kans gegun is. Elkeen se storie was uniek. Denzil Moses was ’n bendeleier, Jarred Smith was op straat en aan dwelms verslaaf, terwyl die Maties-rugbyspeler Alwyn Uys in ’n motorongeluk verlam is. Drie uiteenlopende stories, maar een boodskap: Stel God eerste in alles wat jy doen. Vier van ons oudleerders, Henry le Roux, Grant Groenewald, Walter Travers en Ruan Lubbe, het ons besoek. Hulle het as eerstejaarstudente van Eendrag- manskoshuis in Stellenbosch met die graad 12’s gesels oor die naskoolse verwagting teenoor die realiteit. Dit was regtig baie spesiaal om vier oudleerders met sterk waardes met graad 12-seuns te sien gesels oor hulle ervaring as eerstejaars, asook oor God se rol wat hy in elkeen se lewe speel. Vanjaar het ons afgesluit met ’n geestelike week 15-18 Oktober. Dit was vir ons ’n heel nuwe aktiwiteit en die Here het ons regtig geseën met ’n ongelooflike week. Rodney Seale het die week vir

ons afgeskop met ’n koffiekroeg in die HJS-skoolsaal Maandagaand. Hy het die seuns uitgedaag om ten spyte van hulle ouderdom manne vir Christus te wees en op te staan vir dit wat reg is. Dinsdagmiddag het ’n groep seuns van HJS die Rusoord-tehuis besoek om die inwoners te bedien met geselskap en gebede. Ons het net weer besef dat die eenvoudigste idee, soos om tyd met mense deur te bring, die grootste verskil kan maak baie. Woensdagaand het die #imagineband saam met Denzil Moses en Jarryd Schmidt die eerste Worship in the Valley-aand by Brugstraat gelei. Baie jong mense van die omgewing het dit bygewoon en dit was ’n uiters suksesvolle geleentheid. Donderdagaand het ons die week afgesluit met ’n Pa-en-seun-aand in die skoolsaal met Francois van Niekerk as gasspreker. Dit was ’n voorreg om sy ongelooflike getuienis te hoor. Die aand was baie spesiaal met pa’s en seuns wat saam gekuier het en net lekker om tafels sit en gesels het. Ons is nederig dankbaar vir alles wat die Here vir ons in 2018 en in die 150 jaar van die skool se bestaan gedoen het. Mag HJS altyd op die grondslag van die Here se liefde en genade berus.

BOISHAAIER 2018 / Student Council Association

71

BOISHAAI 150 YEARS

Made with FlippingBook Online newsletter