Boishaaier 2018

Eerste “weg”-wedstryd te Malmesbury (1925)

1906

1914

Rugby: HJS se Springbokke

1906 Boy de Villiers 1910 Cocky Hahn 1912 Louis Louw 1921 Theuns Kruger 1924 Champion Myburgh

1928 Boy Louw 1931 Fanie Louw / Manie Geere

1956 Piet du Toit 1960 Mannetjies Roux 1963 Haas Schoeman 1981 Carel du Plessis 1997 Wium Basson

1999 Corné Krige 2004 Guthro Steenkamp 2013 Frans Malherbe 2014 Marcelle van der Merwe 2018 Thomas du Toit

1937 Johnny Bester 1949 Ryk van Schoor 1955 Theuns Briers

BOISHAAIER 2018 / Rugby

Ons missie is om ’nHoër Jongenskool Paarl-rug- byomgewing te skep waarin elke seun die beste geleentheid sal kry om sy eie rugbydrome te kan verwesenlik. Ons wil HJS as rugbykrag verder uitbou en die Hoër Jongenskool Paarl Rug- by-handelsmerk in Suid-Afrika vestig deur die HJS-seuns die geleentheid te gee om teen die beste spanne te kompeteer. Ons wil toonaange- wend wees ten opsigte van die totale benadering

tot rugby, wat die volgende insluit: afrigting, afrigtingsontwikkeling, kondisionering, siel- kundige voorbereiding en mediese versorging. Wen is belangrik, maar dit moet geensins die primêre doelwit wees nie. ’n Sportman mag nooit misbruik word om die span se sukses te verseker nie. Die primêre doelwit by HJS moet wees dat beide speler en afrigter genot uit die spel put. Alhoewel ons saamstemmet die legen-

dariese Vince Lombardi se woorde: “Winning isn’t everything; it’s the only thing”, beskou ons ’n oorwinning meer as bloot punte op die tel- bord. Oorwinning hou verband met waardes, toewyding en die strewe om ’n mens se talente ten beste te ontwikkel.

143

BOISHAAI 150 YEARS

Made with FlippingBook Online newsletter