Boishaaier 2024

Kreatiewe Skryfstukke

Duisternis

Broederlike liefde

Gysbert le Roux, graad 12

Philip van Zyl, graad 12

Ek stop my mond propvol Coco Pops. Ek vat nog ’n hap en nog ’n hap en nog ... “Seerowers!” skree ’n man; my lepel gly uit my hand uit en val in my bakkie. My hart klop in my keel. My hande raak klam. Die geskree van mense maal deur my kop. Geweerskote knal in my ore. Ek hou my ma se hand styf vas terwyl ons tussen al die vreesbevange mense terug kamer toe skarrel. My ma klap die deur toe, sluit die slot, skuif die balkondeur oop, gryp my hand en sê: “Spring!” Die seewind gly oor my lyf. My maag draai. Doef. Die water is yskoud. My tande knetter, my lippe bewe. My ma se gesig voor my word dof en die klanke van chaos verdwyn ... ... “Gysbert! Word wakker, Gysbert!” Dis ’n bekende stem, my ma s’n bevestig ek. Die son skyn skerp in my oë wat stadig oopgaan. Branders breek in my ore. My gesig is vol sand. My klam klere kleef aan my lyf. My kop pyn. Ons is op ’n eiland, weg van die gevaar ... weg van alles. My ma help my op en laat lê my onder ’n palmboom. “Alles gaan oukei wees, rus net le-...” Dis al wat ek van my ma se bewerige stem hoor voordat my oë weer toeval. Ek slaap ongemaklik en onrustig. My ma het langs my aan die slaap geraak. Nagmerries van geweerskote, kinders wat huil, ma’s wat mal rondhardloop op soek na hul kinders beset my drome totdat ’n gebulder alles stop. Ek skrik wakker. ’n Enjin! Ons kyk op ... ’n vliegtuig! Ons hardloop blitsig onder die palmboom uit strand toe. Ek skree so hard soos my stembande my toelaat. Ons arms swaai wild in desperaatheid. Stadig, maar seker, vervaag die gebrul van die enjin toe die horison die vliegtuig insluk. Ek kan sien hoe my ma trane wegsteek agter die front wat sy voorhou. ’n Front wat sy opplak vir my. Ek hou haar hand vas, sy druk dit styf. Ek bly net langs haar staan terwyl ons wanhopig in die verte staar. Die stilte raas. Donkerte in lig. Realiteit in hoop. “Duisternis,” fluister ek vir myself. Verlore en verlate op ’n eiland. Met bewende vingers skeur ek die koevert oop. My hart klop vinnig van opwinding en angs. Ek het die ongemerkte, eenvoudige koevert in my hande met die wete dat daar of ’n boodskap van groot betekenis binne-in wag of net nog ’n verjaarsdagbewys vir ’n gratis roomys by Spur. Min het ek geweet dat dit soveel meer werd sou wees. Die papier kraak toe ek dit oopvou en ek lees die woorde wat my lewe sou verander: ’n uitnodiging na ’n afgeleë plaashuis in Ceres, waar ek ’n langverlore erfenis sou ontdek. My grootouers se plaashuis, versteek tussen die koppies en vlaktes, wag vir my om die geskiedenis te ontrafel. Met die koevert in my hande en ’n kaart wat die roete aanwys, pak ek die reis aan. Ek verlaat die stad se gejaag en omhels die natuurskoon van Ceres. Ek onthou nog die pad omdat ek as kind baie soontoe gegaan het, maar die tyd loop vandag stadiger verby. Ek bereik die plaas in die skemer. Met bewende hande draai ek die sleutel in die deur. Die Koevert

Hulle sê daar is geen verhouding sterker as die een tussen broers nie, maar wat hulle vergeet om te noem is dat die krag van hierdie sterk verhoudings gevorm word deur jare se bakleiery en stryery teen mekaar en gesamentlik onder mekaar. Ek is die jongste van vier broers en die rofste bakleiery waarin ek al betrokke was, was teen my eie broer. Dit het alles begin met ’n klein verskilletjie van mening. Soos die windjie wat waai voordat ’n tornado uitbreek. Die hitte van die oomblik het die atmosfeer gevul en ’n bakleiery het tussen my en my broer uitgebreek. Die houe het geval soos donderslae. Ek was heelwat kleiner en swakker as my broer, maar het geweier om terug te staan vir hom. Ons was op die vloer, oor die beddens en uit by die deur, maar die bakleiery het nie einde gekry nie. Elkeen van ons te trots en kwaad om in te gee vir die ander een. Die bed se kopstuk het gebreek toe my broer my kop eerste daardeur gegooi het. My studeerstoel was in stukke toe ons daaroor geval het toe ons mekaar probeer uitwurg het en die deur was van sy skarniere af toe ek my broer daarmee gemoker het. Die bakleiery het uiteindelik einde gekry toe my pa ingekom en geskree het: “Wat de hel gaan hier aan?!” My neus was besig om te bloei en my broer se oogbank was oop. My pa het vir ons gesê om onsself skoon te kry en na sy kamer toe te gaan. Ons het in die kamer gaan sit en onsself voorberei om uitgeskel te word. Teen ons verwagtinge in het hy in ’n rustige stemtoon begin praat. Hy het ons verduidelik dat broers van tyd tot tyd gaan baklei en dat dit nie gaan verander nie. Hy het ons ook verduidelik dat, wanneer broers klaar baklei het en vrede gemaak het, hulle verhouding sterker is as ooit vantevore. My ma aan die ander kant was woedend oor die skade wat ons aan die huis gerig het. Ons moes alles skoon en reg maak, maar ons het dit met ’n glimlag op ons gesigte en vrede in ons harte gedoen. Uiteindelik is familie die mense wat daar gaan wees vir jou in moeilike tye. Hoe sterker die verhouding met jou familie, hoe meer gaan hulle jou bystaan. Die verhouding tussen broers word dalk op ’n harde manier gevorm, maar daar is geen verhouding sterker as broederlike liefde nie! Die huis is gevul met stof van die verlede en ek voel die teenwoordigheid van generasies voor my. Ek ontdek ou foto’s en briewe wat my familie se storie onthul. Ek onthou nog die stories wat my pa oor die huis vertel het by my oupa se begrafnis. Die aand val sag oor die plaas, en ek sit alleen op die stoep en kyk na die sterre. Die erfenis van my gootouers leef voort in hierdie afgeleë plek en ek besef die waarde van my bewende hande wat die koevert oopgemaak het. Dit was nie net ’n uitnodiging nie; dit was ’n sleutel tot my eie geskiedenis, ’n herinnering aan wie ons is en waar die Weges vandaan kom. Die plaashuis vertel sy eie storie deur die fluisteringe van die wind en die skemer van die maan. Ek besluit om langer te bly, om die erfenis te bewaar en te eer. Met bewende hande hou ek die koevert nader aan my hart, ’n simbool van die skatte van die verlede wat ek ontdek het en diep in my siel bewaar. Johan Wege, graad 12

98 BOISHAAI 156 YEARS

Made with FlippingBook flipbook maker