Boishaaier 2024
Message from the Headboy 2024
’n Oomblik wat my altyd sal bybly, is daar waar jou stem wegraak tussen 900 ander broers waar ons ons liedere deur die strate van die Paarl laat weergalm. Dit is hierdie tye waarna elke seun terug verlang en vir ewig sal koester. As ons net toe kon besef hoe bevooreg ons was en hoe baie dit vir ’n Boishaaier beteken. En toe breek Covid uit. Skole word skielik gesluit. Gou moes ons aanpassings maak en het ons geleer hoe vinnig iets van jou af weggevat kan word. Covid het baie by ons kom steel, soos dat ons nooit in graad 8 in daardie blou-wit en-blou trui op Brugstraat kon uitdraf nie. Ons moes twee jaar wag voordat ons vir die eerste keer op die pawiljoen van Faurestraat saam met ons 900 broers ons stemme hees kon sing vir die vyftien soldate wat alles opoffer vir 156 jaar se trots en tradisie. Nog nooit was ons so trots om daai blou baadjie te dra nie. En toe ons ons oë uitvee staan ons op Faurestraat vir die laaste keer en ons besef dat ons tyd in die blou baadjie tot einde gekom het. En nou staan ons hier vandag, tyd om oor te gee, en ’n nuwe hoofstuk te begin skryf in ons lewens. Aan Brent en die klas van 2025, ek wil vir julle voorspoed toewens met die ongelooflike voorreg wat julle het om die vaandel van hierdie uitnemende skool waarvoor ons so lief is, voort te dra! Baie mense gaan dalk in julle twyfel en min gaan dalk in julle glo, weet net altyd dat ons julle ondersteun en ons weet julle sal julle alles gee om Boishaai na nuwe hoogtes toe te lei. Geniet elke oomblik en maak herinneringe wat vir ewig sal hou. To the class of 2024: may we never forget where we come from and may we always remember the traditions and the values Boishaai taught us. May we never forget our first sing songs with 900 brothers and never forget what it means to wear the blazer with pride and passion. May we never stop representing this institution that changed our lives forever and showed us how to live. May you never forget the face of a brother who carried you through the hard times and celebrated with you through victory the past five years. May we never stop believing and may we always strive to be the best, because Boys’ High hasn’t taught us to be ordinary. Soos die jare verbygevlieg het, het ’n paar van ons broers ons verlaat en êrens langs die pad het ons ’n paar broers bygekry. Sommiges van ons het ’n ouer verloor, ’n broer of ’n suster. Bietjie meer as ’n jaar terug het ons amper vir
Chris verloor, Handré het amper sy arms verloor, Daniel se hart het gaan staan op die hokkieveld, maar deur al hierdie moeilike tye het die Here ons gespaar. Ons was nog altyd daar vir mekaar en ons het skouer teen skouer saam berge versit en reuse verslaan. Om 30-8 te verloor is niks teenoor alles wat Boishaai vir ons gebied het nie. Op die ou einde gaan dit oor meer as net ’n interskole telling wat ’n jaar se sukses bepaal; dit gaan oor die broers langs jou, saam met wie jy jou tyd in die blou baadjie spandeer het. Dit gaan oor wat jy vir ander mense beteken het en hoe jy iemand in ’n beter posisie plaas al moet jy self val. Dit gaan oor hoe jy ’n broer op jou skouers dra as hy deur ’n moeilike tyd gaan. Dankie, Boishaai, vir die beste vyf jaar van my lewe. Ek het by daai swart hek ingeloop met twee broers, en ek loop vandag daar uit met 200. Ek het na ’n plek toe gekom vir akademiese en sport redes, maar ek het nog ’n huis gekry. Manne, dit was ’n absolute eer om saam met julle te kon groei. Ek sou dit saam met niemand anders wou doen nie. We leave today as brothers. As a calm, safe and tranquil forest of mighty oaks. We became one. We now stand tall. Our strength is in our unity! This will forever be my home. I leave today to serve the world. For what are we if we live only for ourselves? Although there will always be a longing back to our home, there will always be this call to sail beyond the sunset with heroic hearts to conquer the unknown. Today we leave our Boys’ High base, our firm foundation, a welcoming home. We leave today, but we will always remember our roots as we spread our wings to fly with heads in the clouds but our feet firmly on the ground! I leave you with the following words by Wiz Khalifa: First, we both went out of our way and the vibe was feeling strong, and what’s small turned to a friendship, a friendship turned to a bond, and that bond will never be broken, the love will never be lost, and when brotherhood comes first, then the line will never be crossed. We established it on our own when that line had to be drawn, and that line is what we reached, so Boishaai, remember us when we are gone. How can we not talk about Boishaai, when Boishaai is all that we got. The twig became a tree. Tandem Fit Arbor Surculus
BOISHAAI 156 YEARS 21
Made with FlippingBook flipbook maker