Boishaaier 2024
Uittreeboodskap – Hoofseun 2024
Roux Meyer
UITTREEBOODSKAP HOOFSEUN 2024
Roux Meyer
Geagte mnr Swart, mnr die Seremoniemeester, Eregaste, Personeel, Ouers en my Broers in Blou
Vyf jaar terug het daar ’n groep onseker en angstige graad aggies vir die eerste keer deur daardie swart hek gestap. Vir die eerste keer het ons voete die skoolgrond betree, ’n skool waarvan elke laerskoolseun droom; ’n skool wat bekend is vir sy akademiese-, sport- en kultuurprestasies. Ons was ’n groep seuns wat nog slegs ’n vae idee gehad het van wat die Hoër Jongenskool regtig is. Vinnig, vinnig het ons besef dat ons nie meer laerskool seuntjies is nie en die prefekte het ons laat besef dat ons deel moet raak van ’n instansie, ’n broederskap wat oor baie meer as net goeie prestasies gaan. Saam het ons die “ladies” teen die berg op gedra, en vinnig het ons agtergekom dat jy nooit alleen is wanneer jy daai embleem op jou bors dra nie en dat daar altyd ’n broer langs jou is wat jou dra as jy nie meer krag het nie. Deur ’n slapelose nag van oom olifant en hardloop, en meneer Visagie se legendariese gesegte van: ”If it moves, you greet it”, het ons besef dat ons deel vorm van iets baie groter as onsself.
Ons eerste paar weke in die blou baadjie het dalk ons broeke so bietjie laat bewe en ons gemaksones getoets. Ons het nie verstaan hoekom ons so baie klein goedjies moes reg doen nie, maar êrens in ons binneste het iets begin groei. Iets wat ons tóé nog nie verstaan het nie. Dit is hierdie moeilike tye wat ons gevorm het en wat ons nou nog bymekaar hou. In daardie eerste paar weke is broers in Auretstraat gebore: broers wat geen perke ken nie en bande wat nooit gebreek sal kan word nie. Hier het ons twygies begin groei, onder die matrieks se hoë bome wat vir ons skadu en skuiling gebied het. Vinnig het ons ’n ouer broer gehad waarna ons kon opkyk en wat vir ons uitgekyk het. Ons besef toe vinnig dat al die parades in ons blazers ’n klein deposito is om te betaal vir die euforie van ons eerste sing songs , eerste atletiekbyeenkoms op Brugstraat, eerste Prestige- byeenkoms en om die eersterugbyspan vir die eerste keer te sien uitdraf op Nuweland.
20 BOISHAAI 156 YEARS
Made with FlippingBook flipbook maker