Boishaaier 2024

Marketing

af te reis om sy eerste Jagpakketveiling met ons te kon meemaak. Ons dank ook aan Carl Malherbe, die afslaer, vir sy professionele en spitsvondige hantering van die veiling; so ook aan Safari Outdoor vir die borg van die drie pakkette en die puik goodie bags. Van Loveren was die borg van die wyne op die tafels en die Nomad-span het die kontantkroeg besonder professioneel gereël en beman. Dankie ook aan Toyota en Hyundai vir die uitstalling van hul voertuie. Laaste, maar nie die minste nie, bedank ons ook vir Richard Visagie en sy Boishaai-span wat gesorg het dat die 2024 HJS Jagpakketveiling seepglad verloop het en so ’n groot sukses was.

Jagpakketveiling Die 2024 HJS Jagpakketveiling wat op 7 Maart op die Brugstraatsportterrein gehou is, was weer eens ’n reusesukses. Daar was meer as 250 gaste teenwoordig en daarom wil ons graag al die tafelgashere van harte bedank vir hulle moeite en entoesiasme. Graag bedank ons ook al die skenkers van die verskillende jagpakkette vir hulle ruim bydraes om die Jagpakketveiling weer eens so gewild en suksesvol te maak. Dr Louis Greeff, die gasspreker, het ’n inspirerende boodskap gelewer en ons sê dankie vir sy moeite om al die pad van Thabazimbi

Lamveiling Die 2024 HJS Lamveiling, wat op 14 November op die veld voor die skool plaasgevind het, was vanjaar weer eens ’n reusesukses. Graag bedank ons die volgende mense sonder wie die Lamveiling nooit so ’n groot sukses sou kon wees nie: • Al die skenkers van lammers, skape en fondse vir die verdere aankoop van lammers. • Die gr 8-klasgroep vir hul bydraes met die Lamveiling kompetisie (ook bestem vir die aankoop van die lam mers). • Die uitstekende tafelgashere. • Ons bekwame span bestaande uit Uschi Ruthard, Ursula Windt, Jasmine Windvogel, Juandré Nortjé, PJ Vermeulen, Ian Uys, Frans Cloete, Pieter van Huyssteen, Dian Hanekom, Conrad Loubser en Corné van Aswegen. • Hennie Carstens en sy helpers vir hul puik reëlings met die op- en afslaan van die krale, die dek van tafels, die hulp met die indeling van die lammers en skape in die krale, en die opruim ná die tyd. • Al die kopers. • Die afslaer, Appie Maritz. • Ons BKB-manne Carl Malherbe, Albie Laubscher en Dewe Giliomee vir hulle wonderlike bydraes en borgskap om van hierdie Lamveiling so ’n groot sukses te maak. • Ons uitstallers, Hyundai en Toyota, vir hul jare lange ondersteuning. • Annelize van Wyk van Winelands Aesthetic vir die skenk van skoonheidsprodukte vir die dames wat die Lamveiling bygewoon het en Charlene Haarhoff vir die reël daarvan. • Jeandré Brink en Manie Wessels vir die gebruik van

Blaauwblommetjieskloof al die jare, die weeg en nom mering van die lammers. • Delico, met wie ons vir soveel jare die pad saamgeloop het, vir hul heerlike braaivleis en wors, en vir die slag en stiptelike aflewering van die lammers op die Maandag ná die veiling. • Albertus van Rensburg van Avondrood, Phillip Retief van Van Loveren, Robert Frater van Frater Family Wines, Charles Lang van Charles Lang & Sons en Kobus Burger van Rietvallei vir die borg van die heerlike wyn op die tafels.

186 BOISHAAI 156 YEARS

Made with FlippingBook flipbook maker