Boishaaier 2024

Gemeenskap

Back-a-Boishaaier (B-a-B)

DBV-projek HJS se junior leerders het soos in die verlede ’n prysens waardige poging aangewend om dierekos in te samel vir die Desembervakansie. Dankie aan die ouerhuise wat hulle harte oopgemaak het en skenkings gegee het. Hierdie poging wys dat ons seuns hulle beste vriende in gedagte hou tydens die lang, warm Desembervakansie. Volgende jaar wil ons die projek uitbrei en oor twee kwartale doen. Hierdie seuns maak die Paarl trots. Willie Nel In 2021 het ons met ’n kosblikprojek begin waarvoor ouers soggens ’n kospakkie stuur wat ons dan aan van ons seuns uitdeel wat soms nie ontbyt het nie. Ons het verlede jaar ook skryfbehoeftes van ’n paar ouers ontvang wat ons aan hierdie seuns kon uitdeel. Nadat Covid-19 ons land gedurende Maart 2020 getref het, was ons bevoorreg om ’n ondersteuningstelsel vir ons eie seuns te kon begin. Ons het destyds ouers wat hulle werk verloor het of wie se seuns nie toegang tot rekenaars of data gehad het nie, met skoolwerk en kruideniersware gehelp. Ons is geseën met die bydraes van personeel, ouers, leerders, oudstudente en weldoeners; daarom kan ons die kruidenierswaregedeelte steeds volhou.

Die eerste van ons twee gewilde geleenthede wat vanjaar plaasgevind het, was die Ma-en-seun-aande by Brugstraat (17–18 Maart). By hierdie funksies skep ons geleentheid om gehaltetyd met mekaar deur te bring terwyl ons ook luister na Dawie Theron wat oor verhoudings gesels. Die tweede fondsinsamelingsgeleentheid was ons Ma-en vriendinne-ontbyt wat weer by die Mont Martre Chalets & Venue in Franschhoek aangebied is. Twintig dames het as gasvroue opgetree. Al die fondse van hierdie geleenthede gaan vir ons B-a-B seuns. Dalk wil jy betrokke raak of het jy self hulp nodig. E-pos ons by info@paarlboyshigh.org.za. Mari Nel

Groenheuwel uitreik

Hoër Jongenskool Paarl het vanjaar deelgeneem aan die Hill top Legacy uitreikprogram by Groenheuwel Laerskool. Daar ondersteun Boishaaiers die laerskoolleerders met huiswerk en ander akademiese en sosiale aktiwiteite. Lize Visser

Erik de Waal, Liam la Cock, Aidan Louw en Roux Jordaan by die Hilltop Legacy uitreikprogram by Laerskool Groenheuwel.

184 BOISHAAI 156 YEARS

Made with FlippingBook flipbook maker