Boishaaier 2023

Kultuur / Culture

VCSV

In die Hoër Jongenskool Paarl is ons bevoorreg om elke Donderdagoggend ’n geleentheid te hê om vir 20 minute in kringe bymekaar te kom. Dit gee die seuns die geleentheid om te gesels oor ons geloof en die lewensvaardighede wat ons nodig het om suksesvol te wees. Frans Daniel van der Merwe en Francois Rademeyer is as ons hoofleiers vir 2023 aangewys en gee leiding aan 51 kringleiers en groepe. Die seuns het aan die begin van die jaar opleiding in die aanbieding van die lesse van Vicus Kruger ontvang en ook leiding oor hoe om hulself te ontwikkel in so ’n spesifieke leiersposisie. We use a Grow Youth app on the group leaders’ phones with lessons, scripture, questions and challenges uploaded weekly. This way all the group leaders have instant access to weekly notes directly from their phones. Op 4 April was dit vir ons almal in HJS ’n moeilike dag met die besering van Chris Jordaan. Die VCSV het in gebed bankvas agter hom gestaan; dit is regtig ’n voorreg om te kon sien hoe die seuns selfs hierdeur gegroei het. Ds Bekker het Donderdag 18 Mei die oggend in die saal saam met ons en die seuns Hemelvaart gevier deur ’n kragtige boodskap te lewer. Om soveel mentors

en geestelike leiers by ons skool betrokke te hê is ’n besonderse voorreg. We also welcomed Messrs Robert Schultheiss and Erik Marais from Gideons International on Friday 25 August. They talked to the Grade 8 boys about Gideons International and the quantity of Bibles they distribute around the world every year. We greatly appreciate their time and effort, and believe that the Gideons will continue this beautiful tradition with Paarl Boys’ High School for many years to come. Maandag 16 Oktober het ons met Grant Lottering as gasspreker Worship in the Valley in die skoolsaal aangebied. Ons was bevoorreg om ’n groep professionele musikante hier te hê wat ons in aanbidding gelei het – en sing het ons gesing! Die aand was gevul met baie jongmense wat die Here geloof en geprys het. Daar was ook ’n ongelooflike getuienis van Grant Lottering oor hoe God hom van die dood gered het en nou elke dag gebruik om Jesus se storie op sy nuwe skoon bladsy te skryf. Vir jonk en oud was dit opnuut ’n tyd van refleksie en groei wat deur die Heilige Gees moontlik gemaak is. Die vraag dus dan: Wat doen jy met vandag se skoon bladsy? Arno Blom

CSV-kringleiers Agter: Anothando Mpunguthye, Luke van Breda, Henré du Plessis, Reuben Oosthuizen, John van Niekerk, Dieter du Toit, Zander Basson, Ntsikayethu Duka 3e ry: Andreas Steyn, Daniël Groenewald, Wim Treurnicht, Nathan Müller, Christiaan Thirion, Arno la Cock, Philip van Zyl, Van Heerden Pretorius, Adriaan de Villiers, Cornel Scholtz, Steph Venter 2e ry: Roux Meyer, Hein Wilken, Wium van Tonder, Frederik Mentz, Kyle de Villiers, Gideon du Toit, Reagan de Kock, Zandré Grobler, Jakes Rheeder, Bernhard du Toit, Luan Stander 1e ry: Marno van der Merwe, Pauniel Ogadi, Daniël Oosthuizen, Cleto van Rooi, Bernard Leicher, Viaan Mentoor, Daniel Scholtz, Jamie Kruis, Francois van der Merwe, Jean-Claude Mars, Christiaan Hattingh Voor: Joshua van Niekerk, James Roberts, Gerhardus Dixon, mnr V Kruger, Frans Daniel van der Merwe, mnr A Blom, Francois Rademeyer, Heinrich Andrag, Nicolas Oudtshoorn, mnr D Swart, James Jacobs

BOISHAAI 155 YEARS 67

Made with FlippingBook - Online Brochure Maker