Boishaaier 2023
Headmaster’s Message
MESSAGE Mnr D Swart (Skoolhoof)
Die jaarlikse midlentereëns bring sedert die ontstaan van die mensdom die belofte van groei, vernuwing en sommer ’n algemene opspring-en handeklapgevoel van nog ’n kans, ’n opnuut aanpak van dinge, en die voorreg om met die genade van onse hemelse Vader en met groot entoesiasme ’n nuwe lewensfase te betree. Dan dink ons met dankbaarheid terug aan nog ’n jaar met besondere hoogtepunte. Lees gerus die res van die dokument noukeurig vir die volle prentjie. Op grond van ons seuns se prestasie, word HJS vir die eerste keer uitgenooi om ’n span na die nasionale kompetisie van Schools Cycling South Africa te stuur. ’n Hoogtepunt in HJS se skaakgeskiedenis is bereik toe ons vanjaar die intredende HJS Skaakfees aangebied het. Ons is goed ondersteun deur spanne van oor
die hele land heen, aangesien 40 spanne deelgeneem het. HJS wen die Elite-afdeling van die toernooi. Ons eerste span het ook skoonskip gemaak teen ons groot kompetisievennote, te wete Paarl Gim, Grey Kollege en Paul Roos, deur hulle almal 6-0 te klop. Our first hockey team took second place at the Cape Town International Hockey Tournament, while our U14 team ended 6th in the country. Dit was ook die eerste keer dat beide die eerste en die tweede HJS-gholfspanne kwalifiseer vir die SA kampioenskap. Op atletiekgebied het Andrew Lee Rothman (o. 17) tydens die ASA nasionale kampioenskap ’n eerste plek in paalspring behaal; Naeem Jack (o. 17) stel ’n nuwe SA-rekord in die 110 m-hekkies op met ’n tyd van 13,25 sekondes. Albei van hulle is ook genooi om Suid-Afrika in die junior Afrika-kampioenskap van die Konfederasie van Afrika-atletiek te verteenwoordig. Hierbenewens het verskeie van ons seuns ook in verskillende spansportsoorte en buitesporte nasionale en provinsiale kleure verwerf.
4 BOISHAAI 155 YEARS
Made with FlippingBook - Online Brochure Maker