Boishaaier 2023

Bemarking

2023 HJS Lamveiling

Die 2023 HJS Lamveiling wat op 16 November op die veld voor die skool plaasgevind het, was vanjaar weereens ’n reusesukses. Graag bedank ons die volgende mense sonder wie die Lamveiling nooit so ’n groot sukses sou kon gewees het nie: al die skenkers vir lammers en vir fondse vir die verdere aankoop van lammers; die gr 8-klasgroep vir hul bydraes met die lamveilingkompetisie (ook bestem vir die aankoop van die lammers); die tafelgashere; ons wonderlike span bestaande uit Uschi Ruthard, Ursula Windt, Jasmine Windvogel, Juandré Nortjé, PJ Vermeulen, Ian Uys, Pieter van Zyl, Arian Bester, DC Giliomee en Corné van Aswegen; Hennie Carstens en sy helpers vir hul puik reëlings met die op- en afslaan van die krale, dek van tafels en opruim ná die tyd; al die kopers; die

afslaer, Appie Maritz; ons BKB-manne Carl Malherbe, Hannes van der Merwe, Dewe Giliomee vir hulle wonderlike bydraes en borgskap om hierdie Lamveiling so ’n groot sukses te maak; ons uitstallers, Westvaal, Toyota en Bushlapa, vir hulle jarelange ondersteuning; Jeandre Brink en Manie Wessels vir die gebruik van Blaauwblommetjieskloof al die jare, die weeg en nommer van die lammers, en die indeling in die krale; Delico, met wie ons vir soveel jare die pad saamgeloop het, vir hulle heerlike braaivleis en wors asook vir die slag en stiptelike aflewering van die lammers op die Maandag ná die veiling. Laaste maar nie die minste nie, Albertus en Minett van Rensburg van Avondrood vir hulle jarelange borg van die wyn op die tafel. Richard Visagie

Grade 8D-learners won a day of lazer tag for raising the most funds for the lamb auction.

BOISHAAI 155 YEARS 165

Made with FlippingBook - Online Brochure Maker