Boishaaier 2023

Landloop

Landloop

Hoër Jongenskool Paarl, Hugenote Hoërskool, Boland Landbou, Hoërskool Paarl Gimnasium, Hoërskool Labori, Paul Roos Gimnasium, Hoër Meisieskool La Rochelle, Hoër Meisieskool Paarl, Hoër Meisieskool Bloemhof, Hoërskool Parel Vallei, Hoërskool Drostdy en Bridge House neem Woensdae aan vriendskaplike landloopbyeenkomste deel. Die atlete hardloop ongeveer 4 km en neem in ’n senior en junior afdeling deel. Elke skool kry ’n beurt om ’n byeenkoms aan te bied. Baie van die seuns is ook by ander sportsoorte betrokke en kan dus nie aan elke wedloop deelneem nie. Dankie aan elke atleet wat gereeld oefen en met entoesiasme tyd vir landloop inruim. Daar was vyf byeenkomste op Woensdae – vier in kwartaal 2 en een byeenkoms in kwartaal 3. Ons verwelkom ook me Renate Röhrs, HJS Wiskundeonderwyseres wat hierdie jaar by ons aangesluit het, en waardeer die hulp en flinke verwerking van die resultate. Ons verwelkom ook mnr Francois van Rensburg, landloop- en middelafstandafrigter. Ons atlete se fiksheid, uithouvermoë en prestasies spreek van sy toewyding. Op Vrydag 12 Mei het 20 HJS-landloopatlete aan ’n wedloop in die Paarl Arboretum teen Grey Kollege deelgeneem. HJS het die junior wedloop 2-13 verloor,

maar ons het die senior wedloop met 14-1 gewen. Baie geluk aan al die atlete – dit was ’n spanpoging. Ons is trots op elke atleet se positiewe bydrae en mooi gesindheid. Op Maandag 31 Julie het 15 HJS-atlete aan die nie amptelike Interskole-wedloop in die Arboretum teen Paarl Gimnasium deelgeneem. Daar was slegs een wedloop – junior en senior atlete het saam meegeding. Ongelukkig het die eerste 12 atlete ’n korter roete gevolg en slegs 2 km van die wedloop voltooi. Daar was dus geen uitslag nie. Op 13 September het 150 HJS-atlete aan die Interhuis byeenkoms in die Arboretum deelgeneem. Uitslae:

Posisie Huis 1

Imhoff 2 Bellevue 3 Monte Bello 4 Berlyn 5 Villieria 6 Zeederberg

Baie dankie aan die atlete wat vanjaar deelgeneem het. Ons sien uit na ’n besige 2024-seisoen.

Annette Fourie

Landloop Agter : Anothando Mpungutye, Christoff Prins, Andro Louw, Ryan Swanepoel, Luan Stander, Rocco Hill, Joshua Petersen, Christie Engelbrecht, Derick Botha, Janro Oeschger, Stephan Badenhorst, Nicholas Swanepoel, Ronan Macey, Henry Chamberlain Voor: Mnr D Swart (skoolhoof), Alec Visser, Lood Goosen, Joshua van Niekerk, me A Fourie, Leonardo van der Werf, me R Röhrs, Wim Treurnicht, Zian Naudé

130 BOISHAAI 155 YEARS

Made with FlippingBook - Online Brochure Maker